FOKUS
Bemesting
Spesiale
Julie 2015
24
Die gebruik van
“GESONDE VERSTAND”-BEGINSELS
vir die bestuur van grondsuurheid
D
aar bestaan enkele aspekte rondom grondsuurheid en
bekalking wat tot verwarring en konflik kan lei. Landbou-
kundiges in die Hoëveld se droëlandgraanproduksiege-
biede gebruik merendeels pH(KCl) om kalkbehoefte te
bepaal. In KwaZulu-Natal word gebruik gemaak van persentasie
suurversadiging.
Daar word beweer dat gronde onnodig bekalk sou word indien
pH-waardes as basis vir die bepaling van kalkbehoefte gebruik
word. Ondergrondsuurheid word in KwaZulu-Natal met gipstoedie-
nings bestuur.
Sommige landboukundiges beveel dit ook aan op die Hoëveld.
Daar word verder beweer dat sogenaamde “vloeibare” kalk groot
finansiële besparings asook minder moeite vir produsente kan te-
weegbring. Spesifieke verhoudings van Ca, Mg, K en Na in die
grond word aanbeveel om verhoogde opbrengs te bereik, terwyl
baie voel dat dit nie nodig is nie solank daar “genoegsame” vlakke
van dié katione in die grond is. Sommige kalkprodusente beweer
dat slegs buitelandse laboratoriums die landboukalk wat hulle ver-
skaf “korrek” kan ontleed.
Vervolgens sal bogenoemde stellings behandel word en wenke
aan produsente voorgestel word om die situasie te hanteer.
Persentasie suurversadiging teenoor
pH(KCl) en gipstoediening vir
ondergrondsuurheid
Situasie
Die bestuur van grondsuurheid volgens die persentasie suurver-
sadiging vind byval op hoogs gebufferde gronde wat van nature
uiters suur is. Hierdie gronde kom meestal voor in KwaZulu-Natal
en sekere dele van Mpumalanga.
Hierdie gronde het gewoonlik ook van nature uiters suur onder-
gronde. Navorsing het bewys dat dit nie net nie lonend is om
sulke gronde tot byvoorbeeld pH(KCl) waardes van 5,0 en hoër te
bekalk nie, maar bykans onmoontlik is, aangesien toedienings van
tot 60 ton/ha daarvoor benodig word.
Soms is bekalking tot pH(KCl) vlakke van 5,0 en hoër nadelig as
gevolg van, onder meer, ernstige P-vaslegging. Die uitweg is om ‘n
praktyk te volg waar die persentasie suurversadiging rondom nul
bestuur word.
Navorsing het hierdie praktyk bevestig asook die noodsaaklikheid
van veral die verhoging in P-bemesting nadat bekalking gedoen is.
Ondergrondsuurheid in hierdie gebiede word dikwels met relatiewe
hoë toedienings gips reggestel.
Gelukkig het hierdie ondergronde hoë vlakke van aluminium, yster
en mangaan oksiedes (die sogenaamde seskwioksiedes) wat saam
met gips, wat meer oplosbaar is as kalk, tot “selfbekalking” in die
ondergrond lei. ‘n Oormaat bekalking van die bogrond om onder-
grondsuurheid te bekamp, is weens die hoë bufferkapasiteit heelte-
mal te duur en nadelig, soos bespreek.
Op die Hoëveld word mielies meestal op redelike swak gebufferde,
sanderige gronde verbou wat van nature pH(KCl) waardes van 5,0
en hoër het. Die ondergronde is ook relatief swak gebuffer met
pH(KCl) waardes wat van nature hoër as 5,5 is.
Hierdie gronde het met bewerking en bemesting met ammonium-
bevattende N-kunsmis oor die jare aansienlik versuur, nie slegs in
die bogrond nie, maar in uiterste gevalle ook in die ondergronde.
Dit is betreklik maklik om die pH(KCl) vlakke in die bogrond reg te
stel met landboukalk vanweë dié gronde se relatiewe swak
buffervermoë.
Navorsing en veral presisieboerderypraktyke het bewys dat be-
kalking tot minstens pH(KCl) 5,0 groot ekonomies geregverdigde
opbrengsverhogings in die lang termyn tot gevolg het, mits bemes-
tingspeile van veral P opwaarts aangepas word.
Ondergrondsuurheid veroorsaak egter ‘n groot probleem. Omdat
hierdie ondergronde swak gebuffer is met baie lae tot geen ses-
kwioksiede nie, kan die toediening van gips nie ondergrondsuur-
heid in hierdie gevalle ophef nie. Laasgenoemde kan slegs tot hoër
katioonvlakke lei, maar bied die gevaar van oormatige magnesium-
en kaliumuitloging.
Die toediening van dolomitiese kalk saam met die gips, kan die
magnesiumloging teenwerk, maar die kaliumuitloging is dan steeds
‘n probleem. Die beste is om nie toe te laat dat die ondergrond ver-
suur nie, deur effens te oorbekalk in die bogrond – tot pH(KCl) 5,5
kalsium- en magnesiumione neutraliseer byvoorbeeld nie suurheid
nie. Daar moet besef word dat dit die karbonaatioon van kalk is wat
omskep word, wat grondsuurheid neutraliseer.
Gevolgtrekking
Dit is belangrik om bekalking te bestuur met praktyke wat deur
langtermynnavorsing ontwikkel is. Die gronde van KwaZulu-Natal
PIETER HAUMANN,
voorheen van Grasland Ondernemings en direksielid van Fertasa
“
Bemesting bly altyd
belangrik en moet beslis
nie verminder word met
bekalking nie.
“