Background Image
Previous Page  30 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 30 / 92 Next Page
Page Background

FOKUS

Bemesting

Spesiale

Julie 2015

28

Waar is my profyt heen?

D

ie wins wat ‘n graanprodusent vandag uit sy boerdery

kan kry, is in ‘n knyptang van stygende insetkoste en

graanpryse wat nie gunstig is nie. Planttyd is besig om

vinnig nader te kruip en die boerderyomgewing vir die

saaiprodusent is onduidelik dié komende seisoen.

Insetkoste moet doeltreffend bestuur word om te verseker dat

optimale winste gegenereer kan word onder moeilike ekonomiese

toestande. Omdat kunsmis 25% - 27% van die totale direk toedeel-

bare veranderlike insetkoste uitmaak, is dit die enkele grootste inset

vir die saaiprodusent.

Stikstof maak die grootste komponent van enige bemestingspro-

gram uit en by die finale besluit oor kunsmis, word die produsent

gewoonlik gedryf deur sy lande se toleransie vir risiko met sekere

stikstofbronne, versus die koste van die verskillende stikstofbronne.

Een van die belangrikste ekonomiese oorwegings is om die koste

per kilogram stikstof (N) te bereken.

Maksimum wins kan verkry word deur die regte stikstofbron vir

jou grondtipe te kies asook om die regte toedieningspraktyke te

volg. ‘n Produsent kan nie meer bekostig om ‘n ekstra bewerking te

doen net om stikstof toe te dien of om stikstof te verloor as gevolg

van loging of vervlugtiging nie.

Meer produsente verander hulle bemestingspraktyke om by hul

grondtipes aan te pas. Grondtipe bepaal die produsent se bewer-

king- en bemestingspraktyke asook die keuse van die stikstofbron.

Die grondtipe sal die antwoord gee of stikstof voor-plant uitgestrooi

moet word, ingewerk moet word of as topbemesting toegedien

behoort te word.

Ureum is verreweg die algemeenste bron van stikstof wat wêreld-

wyd gebruik word in N-gebaseerde kunsmisprodukte. Die pro-

bleem met ureum is dat die stikstof eers na ammoniakgas omskakel

voor ammonium en nitraat, wat veroorsaak dat groot hoeveel-

hede stikstof vervlugtig in die vorm van ammoniakgas.

Hierdie verskynsel is noemenswaardig aangesien die produsent

van mening is dat hy wel die regte ding doen deur met stikstof te

bemes, minwetende dat hierdie groot inset geen bydrae lewer tot

sy opbrengs nie weens die onsienlike verliese van juis dít waarin die

produsent investeer.

Jaarliks verloor saaiprodusente miljoene rande deur stikstof wat

uit die grond loog, veral op sanderige gronde of gronde wat uit ‘n

geloogde E-horison bestaan. Op hierdie tipe gronde is dit dus ‘n

risiko om KAN of ANO te gebruik, omdat 50% van die stikstof in die

bron alreeds in nitraatvorm is. ‘n Volgende oorsaak van stikstof-

verlies is vervlugtiging wat veroorsaak word deur urease. Urease

is verantwoordelik vir die omskakeling van ureum na ammoniakgas

wat dan omskakel na ammonium. Ureum wat op die grondopper-

vlak gestrooi word sonder dat dit dadelik in die grond gewas

word deur reën of besproeiing, vervlugtig in die vorm van ammo-

niakgas (NH

3

).

Daar is ‘n vinnige toets wat gedoen kan word om te wys hoeveel

stikstof deur vervlugtiging verlore gaan as ureum bo-op die grond

toegedien word: Neem ‘n klein botteltjie waarvan die deksel dig

seël en vul dit halfpad met klam grond uit jou tuin of land. Gooi ‘n

teelepel ureum bo-op die grond. Die ureum hoef nie natgemaak te

word nie en die deksel kan styf opgedraai word. Ná drie dae kan jy

die deksel oopmaak en aan die bottel ruik. Die reuk van ammoniak

sal jou asem wegslaan, wat ‘n duidelike bewys is dat die stikstof

reeds vrygelaat is en dat gewone ureum nie bo-op die grond ge-

strooi kan word nie.

Vir hierdie toets het ons twee produkte wat tans op die mark is

geneem – die een, ‘n kenmerkende rooi ureumkorrel. Met die oop-

maak van ons proef se botteltjies, het die botteltjie met die rooi

kunsmis amper geen ammoniakreuk gehad nie, wat daarop dui dat

geen of baie min vervlugtiging van stikstof plaasgevind het by die

rooi kunsmisproduk.

Twee vrae kan gevra word: Is alle ureum gebaseerde kunsmis die-

selfde en kan loging en vervlugtiging van stikstof beperk word?

Ons weet dat nitrifikasie inhibeerders baie suksesvol gebruik word

om die loging van nitraat te beperk. Die nitrifikasie inhibeerder

hou die stikstof langer in ammoniumvorm wat nie loog nie en die

omskakeling na nitraat is stadiger. Vir die eerste keer in Suid-Afrika

is daar nou ‘n ureum gebaseerde korrelkunsmis wat ook deur middel

van ‘n urease inhibeerder, die vervlugtiging van stikstof beperk

tydens die bogrondse toediening van die kunsmisproduk. So ‘n

produk skakel bewerkingstappe uit en bespaar op insetkoste. Hier-

die revolusionêre nuwe produk staan bekend as die rooi kunsmis.

Produk-inligting

JANNIE WILLEMSE,

Triomf

Twee identiese lugdigte houers met klam grond en twee verskillende kunsmisprodukte bo-op

die grond.

Insetkoste moet

doeltreffend bestuur

word om te ver-

seker dat optimale

winste gegenereer

kan word...