Background Image
Previous Page  24 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 24 / 92 Next Page
Page Background

FOKUS

Bemesting

Spesiale

Julie 2015

22

GROEISTADIUMS

DAE NA-

OPKOMS*

OPNAME (KG/HA/DAG)

N

P

K

V4

16

0,03

0,007

0,04

V9

29

1,6

0,11

1,6

Skouerhoogte V12

44

7,3

0,8

9,3

Pluim (R1)

66

4,3

0,8

4,5

Laat pluim (R3)

74

2,7

0,22

-1,2

Waterblasie (R5)

88

0,22

0,45

-0,34

Sagte deeg (R11)

108

3,5

0,11

4,26

Fisiologies ryp (R13)

128

-0,34

-0,022

-3,47

TABEL 1: OPNAME VAN NPK (KG/HA/DAG) OP VERSKILLENDE GROEISTADIUMS

VAN MIELIES.

* As gevolg van hitte-eenhede en kultivarverskille sal die dae na-opkoms verskil tussen geografiese areas.

Bron: Mengel, D. 1995 (aangepas na kg/ha/dag)

Die swakker ry in die foto het geen plant-

mengsel gekry nie (dieselfde topbemesting

is toegedien).

Omdat die potensiaal reeds by V5 vasgelê

word, moet ‘n gebalanseerde voeding van

makro-elemente (N, P en K), sekondêre ele-

mente (S, Ca en Mg) en mikro-elemente

(Cu, Fe, Mn, Zn, B en Mo) beskikbaar wees

vir opname. Hulpmiddels, soos grondmon-

sters, blaarmonsters, OmniSap®-monsters

en Minolta SPAD 502™-lesings kan gebruik

word om te verseker dat daar nie tekorte is

op hierdie stadium nie.

As gevolg van hul lae inherente vrugbaar-

heid en lae katioonuitruilkapasiteit (KUK),

kan sandgronde (

Foto 3

) nie altyd voorsien

aan die geweldige tempo van voeding-

stowwe wat deur die mielieplant benodig

word nie. Hierdie is een van die redes waarom topbemesting (en

voorplantbemesting) baie goeie resultate tot gevolg het.

In

Tabel 1

word mielies se opname (kg/ha) van NPK per dag per

groeistadium aangetoon.

Om aan hierdie vraag na voedingstowwe te voldoen, kan voor-

plantbemesting of topbemesting toegedien word met hoofsaaklik

N, K en swael (S). Topbemesting vind gewoonlik in hierdie stadium

plaas, maar dit is ook die stadium wanneer voorplantbemesting

(

pre-plant

) deur die wortels bereik word. Omrede die voorplantbe-

mesting reeds in dieper grond lê, is die risiko minder dat dit in

droë grond sal wees en dus nie beskikbaar sal wees vir opname nie.

Ekstra P, veral as voorplantbemesting, kan ook die risiko verlaag

deurdat dit in natter grond geplaas word. Hou egter in gedagte dat

grondtemperature op 300 mm diep aansienlik laer kan wees as op

100 mm, wat dus die opname van P sal beïnvloed.

Die volgende moet ook in gedagte gehou word:

Stikstof (N) wat vooraf toegedien word, is blootgestel aan

logingsgevare en die versuring van ondergronde raak ‘n wesen-

like probleem waar N in groot hoeveelhede voorplant toege-

dien word.

Daar moet voorsiening gemaak word vir N-reaksies wanneer

ureum of ammoniumbronne gebruik word. Wanneer dit by-

voorbeeld as topbemesting toegedien word, moet voorsiening

gemaak word vir omskakelings wat moet plaasvind voordat

alle N plantbeskikbaar is. Omgewingstoestande, soos nat

gronde en lae grondtemperature, kan hier ‘n beperkende faktor

vir omskakeling wees.

Wanneer P vooraf toegedien word, moet daar gekyk word na

die bron van P asook N, omdat sekere reaksies kan plaasvind

wat antagonisties is (byvoorbeeld ureum en DAP).

Wanneer P as topbemesting toegedien word, moet die P-bron

gekies word om potensiële vaslegging deur die grond te beperk.

Kalium (K) as voorafbemesting is ook onderhewig aan loging,

maar tot ‘n mindere mate as dit met N vergelyk word.

Swael (S) tekorte kom meer algemeen voor; tekorte, veral in

die vegetatiewe sowel as die reproduktiewe stadiums van die

mielieplant se groeisiklus, kan opbrengs negatief beïnvloed.

Die finale bepaling van opbrengspotensiaal vind plaas tydens V12

(ongeveer sewe weke na-opkoms). Hier kan dieselfde hulpbronne

soos reeds genoem, gebruik word om tekorte betyds te identifiseer

en reg te stel.

Onder droëlandtoestande is dit bykans onmoontlik om hier reg-

stellings op groot skaal te maak, behalwe met hoogloopspuite

waarmee mikro-elemente toegedien kan word, of met die uitstrooi

van kunsmis met ‘n vliegtuig. Onder besproeiing is dit egter heel-

wat makliker om gebruik te maak van vloeibare kunsmis deur die

besproeiingsisteem.

Hoewel die navorsers Aldrich en Leng voedingsopnamekurwes

reeds tussen 1965 en 1966 gepubliseer het, is die basiese beginsels

steeds geldig. Ten spyte daarvan dat opbrengste verhoog het se-

dertdien, het die oesindeks (verhouding tussen graan en biomassa)

verbeter (Echarte en Andrade, 2003 en 2004). Dit impliseer dat

daar minder vegetatiewe groei plaasvind om dieselfde opbrengs

te behaal. Die feit dat opbrengste en plantestand verhoog het oor

tyd, veroorsaak dat daar outomaties vir hoër voedingstofonttrek-

king voorsiening gemaak word.

Daar blyk egter groot verskille te wees met nuwe kultivars, soos

berig deur Ciampitti en Vyn in 2012 en 2013. Hierdie navorsers het

gekyk na die verskille in opname tussen nuwe kultivars en onder

meer gevind dat nuwe kultivars meer N opneem ná baardversky-

ning as ouer kultivars. Ander elemente, soos P, S, Zn en Fe het

dieselfde tendense getoon. Die ander interessante bevinding was

dat hoër plantestand die opname van mikro- en makro-elemente

vroeër geskuif het.

Daar is genoeg hulpbronne beskikbaar om te verseker dat risiko

beperk word en dat elke korrel of druppel kunsmis optimaal benut

word. Praat met ‘n Omnia-landboukundige oor grondontledings

vir voedingstatus, grondpotensiaal, P-vasleggingsindeks, grond-

gesondheid (OmniBio™), produksiefunksies vir elke area, blaarmon-

sters, OmniSap-analise en die verwerking van opbrengsdata om

te verseker dat elke plaas sy volle potensiaal bereik.

Bronne

Ciampitti, Camberato, Scott & Vyn. 2013. Maize nutrient accumulation and

partitioning in response to plant density and nitrogen rate: 1 Macronutrients.

Agronomy Journal

, 105: 783 - 795.

Echarte, L., & Andrade, F.H. 2003. Harvest index stability of Argentinean maize

hybrids released between 1965 and 1993.

Field crops research

, 82: 1 - 12.

Echarte, L., Andrade, F.H., Vega, C.R.C., & Tollenaar, M. 2004. Kernel number

determination in Argentinean maize hybrids released between 1965 and 1993.

Crop Science

, 44: 1 654 - 1 661.

Mengel, D. 1995. Roots, growth and nutrient uptake. Department of Agronomy

publication #AGRY-95-08.

MVSA Handleiding

, 2007.

Pannar –

Ken die mielieplant

, 2009.

Bemesting van mielies

– waar, wanneer en hoekom?