Background Image
Previous Page  22 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 22 / 92 Next Page
Page Background

FOKUS

Bemesting

Spesiale

Julie 2015

20

Bemesting van mielies

– waar, wanneer en hoekom?

M

et die onlangse droogtes en swakker opbrengste

asook die koste-knyptang wat al hoe harder knyp, is

produsente gedwing om elke dag meer effektief te

wees en te verseker dat alles wat op die plaas gedoen

word, ‘n verskil maak.

Omdat insette soos diesel en bemesting van die groter inskry-

wings in die inkomstestaat (uitgawes) is, word daar gewoonlik

eerste hierna gekyk, maar dit is juis hier waar ‘n groot risiko lê om

penny wise, pound foolish

te wees. Die belangrikheid van die regte

bewerkings en bemesting vir elke plaas kan nie genoeg beklemtoon

word nie.

Om te verseker dat elke korrel of druppel kunsmis wat op die plaas

gebruik word, omgesit word in graan, moet die basiese beginsels

verstaan word om sodoende optimaal te produseer. Behalwe vir

elke voedingselement se eie warboel van reaksies in verskillende

gronde, metodes van opname en die verskillende voedingsbronne,

moet daar ook verstaan word wat die gewas se behoeftes is, sodat

dit aangespreek word.

Hetsy ‘n plant in ‘n hidroponiese sisteem is en of dit in vrugbare

grond staan, die plant se behoefte is op die einde van die dag dít

wat opbrengs en kwaliteit bepaal. Daarom is dit belangrik om die

spesifieke gronde/area te ken, sodat die grond reg gevoed kan

word, ten einde te verseker dat daar aan die gewas se behoeftes

voldoen word.

Net om dinge nog meer ingewikkeld te maak, is daar ook relatiewe

groot verskille tussen kultivars, wat tot gevolg het dat ‘n produsent

se voetspore in die lande moet wees om te verseker dat die gewasse

optimaal bestuur word.

‘n Mielieplant ontwikkel aanvanklik redelik stadig en dit neem

ongeveer 27 dae tot 35 dae na-opkoms tot by die vyfblaar-stadium

(V5). Hierna neem die groeitempo normaalweg drasties toe en

blom is rondom 55 dae tot 85 dae na-opkoms. Hitte-eenhede (680

tot 730 benodig tot 50% blom) en konstante vogvoorsiening speel

‘n groot rol in die groeitempo van mielies.

Die belangrikste groeistadiums van ‘n mielieplant kan in vier fases

opgedeel word:

Opkoms tot V5

V5 tot pluim

Pluim tot hardedeeg

Hardedeeg tot fisiologies ryp

In die eerste fase vind daar geweldig baie selverdeling en selver-

lenging plaas in die bogrondse groei asook in die wortels. Tydens die

vyfblaar-stadium word die mielie se oespotensiaal bepaal en daarom

is dit belangrik dat hier nie voedingstekorte moet voorkom nie.

Foto 1

dui die vyfblaar-stadium van ‘n mielieplant aan – dit is wan-

neer daar vyf blare ten volle ontwikkel is. Die blaarskede van die

vyfde blaar vorm dan ‘n “kragie” om die stam.

Vanaf V5 tot by pluim, styg die groeitempo nog meer en bereik

‘n piek sewe tot tien weke na-opkoms. Die finale opbrengspoten-

siaal word bepaal by V12 en hier is ‘n mielie baie gevoelig vir voe-

dings- en vogtekorte. Die twee weke voor- en na-blom is die mees

kritieke tyd in die mielieplant se ontwikkeling ten opsigte van water-

stremming.

Van pluim tot hardedeeg word die meeste van die fotosintaat na

die kop (swelgpunt) vervoer en begin die tempo van voedingsop-

name afneem. Hierna word baie min voedingstowwe deur die plant

opgeneem. Droogte en/of koue tydens hierdie groeistadium kan

‘n laer pitgewig tot gevolg hê. Die opname van voedingstowwe (N, P

en K) kan grafies in

Grafiek 1

gesien word.

Uit Grafiek 1 is dit duidelik dat daar tydens die eerste vier weke

(plant tot V5), relatief min voedingsopname plaasvind. Die tempo

van opname styg dan drasties tot ongeveer tien tot twaalf weke na-

plant, wanneer bestuiwing plaasvind.

Die gevaar van ‘n grafiek soos hierdie, is dat dit slegs die plant se

opname illustreer. Voedingstofvaslegging, metode van opname,

bron van voedingstowwe asook ander grondreaksies word nie in

ag geneem nie. Die geheim is dus om alles wat moontlik ‘n invloed

op die opname van voeding kan hê, te oorweeg en voorsiening

hiervoor te maak in ‘n bemestingsprogram.

Omdat ‘n plant nie kan “sien” watter voedingstowwe later toege-

dien gaan word nie, sal dit slegs reageer op die stand van sake op

‘n gegewe stadium wanneer opbrengspotensiaal vasgelê word,

soos byvoorbeeld by V5 en V12.

Dit is van kardinale belang om weg te spring met genoeg asook die

regte vorm van bemesting. Tydens veral die saailingstadium is die

opname van nitraat-N baie belangrik (tydens hierdie stadium word

tot 75% van N (stikstof) as nitraat opgeneem). Die ander realiteit is

dat bemesting wat toegedien word, nie onmiddellik beskikbaar is

nie. Daarom moet reeds vroegtydig voorsiening gemaak word vir

die styging in opnametempo.

Soos reeds genoem is, moet in gedagte gehou word dat die metode

van opname asook die grondchemie en ander grondreaksies, soos

fosfaatvasleggings, kan plaasvind. Fosfaat (P) word hoofsaaklik

opgeneem deur diffusie, wat die belangrikheid van P in ‘n band naby

die saad beklemtoon.

Indien alle P ver onder die pit geplaas word, kan daar dus ‘n tydelike

tekort aan P ontstaan. Mielieplante se wortelgroei neem drasties

af by grondtemperature laer as 15°C. Dit kan veroorsaak dat P-

opname nie voldoende is nie, indien die kunsmis te diep of ver weg

geplaas is.

As gevolg van die bogenoemde redes is dit dus belangrik om met

‘n gebalanseerde plantermengsel te plant wat voldoende voeding-

stowwe bevat om die fondament vir optimale opbrengs te lê.

Foto 2

dui duidelik die effek en bydrae van ‘n gebalanseerde plan-

termengsel aan.

ANDRÉ LABUSCHAGNE

en

KOBUS VAN ZYL,

landboukundiges: Omnia Kunsmis