SA Grain January 2014 - page 37

Kanola
Insette/Produksie
Die vestiging van kanola:
SAAIDIGTHEID
PIETER BURGER, LANDBOU-ADVISEUR, OVERBERG AGRI (EDMS) BPK
Die bepaling van die regte saaidigtheid vir kanola is veel meer as net
‘n riglyn en word bereken volgens die spesifieke duisendkorrelmassa,
oorlewingspersentasie en gekose plantestand.
Die bepaling van saaidigthede
In die verlede is ‘n saaidigtheid van 4 kg tot 6 kg saad per hektaar as
standaard aanbeveel; en 3 kg tot 5 kg per hektaar indien planters gebruik
word vir vestiging of wanneer basterkultivars gesaai word. Verskeie
faktore beïnvloed egter die optimale saaidigtheid wat gebruik moet
word en ‘n standaardriglyn is nie meer voldoende nie. In hierdie artikel
word beskryf hoe om die optimale saaidigtheid te bereken vir jou unieke
omstandighede.
Oorlewingspersentasie, plantmetode en
plantdiepte
Die oorlewingspersentasies verskil tussen saai (uitstrooi en toekrap) en
plant. Indien gesaai word, kan 60% oorlewing as riglyn gebruik word en
70% indien geplant word. Vir uniforme opkoms van die saad, moet daar
op ‘n uniforme diepte op verkieslik nat grond geplant word. Indien kanola
vroeg geplant word, kan dit 2 cm tot 3 cm diep geplant word. Indien
kanola later geplant word, wanneer die grond ook al kouer is, kan dit
1 cm tot 2 cm diep geplant word. Vertraagde opkoms lei tot groter risiko
vir saailingsterfte, onegalige stand en verlies in opbrengs.
Gekose plantestand (plante/m²)
Die ideale plantestand vir kanola is 50 tot 80 plante/m². Die plantestand
kan aangepas word vir ‘n spesifieke area, met 50 plante/m² vir laer
reënval-areas (byvoorbeeld Oos-Rûens), 60 plante/m² vir medium
reënval-areas (byvoorbeeld Suid-Rûens) en 70 plante/m² vir hoër reënval-
areas (byvoorbeeld Wes-Rûens).
Duisendkorrelmassas (DKM’s)
(gram/1 000 sade)
Duisendkorrelmassas (DKM’s) word uitgedruk as gram per 1 000 korrels
en word gewoonlik aangedui op die sak waarin die saad ontvang word.
DKM’s het ‘n direkte invloed op plantdigtheid (kg/ha) en verskil tussen
gewasse, kultivars en selfs van jaar tot jaar. Dit is dus noodsaaklik om
te weet wat dit is. Indien daar geen aanduiding is van die DKM nie, kan
100 sade getel en geweeg word op ‘n hoësensitiwiteitskaal (soos wat
die graangradeerders gebruik). Maal die gewig in gram met tien om die
DKM te kry (gram/1 000 korrels). Indien “korrels per kilogram” op die sak
aangedui word, kan dit soos volg omgeskakel word na DKM:
DKM = 1 ÷ (korrels per kilogram) x 1 000 000 = (gram per 1 000 korrels).
DKM’s en korrels/kg soos in 2012 by Swellendam en in 2013 by Bredasdorp
gemeet, word in
Tabel 1
en
Tabel 2
aangedui. Merk die verskil op van
Agamax en AV Garnet se DKM’s tussen die twee lokaliteite en jare.
Bereken saaidigtheid (kg/ha)
Noudat ons weet wat ons gekose plantestand (plante/m²) moet wees,
watter oorlewingspersentasie om te gebruik en hoe om die DKM van ons
kanolasaad te bepaal, kan ons die saaidigtheid bereken. Die formule om
die saaidigtheid (kg/ha) te bereken is soos volg:
Saaidigtheid (kg/ha) = [plante/m² ÷ oorlewings % x DKM(g)] ÷ 100
Tabel 3
dui die berekende saaidigthede (kg/ha) aan indien gesaai of geplant
word teen verskillende DKM’s en gekose plantestand. Voorbeeld: Indien
Agamax gesaai word met ‘n DKM van 3,90 g, ‘n oorlewingspersentasie
van 60% (saai) en ‘n gekose plantestand van 60 plante/m², kan ‘n
saaidigtheid van 3,8 kg/ha - 4 kg/ha gebruik word.
Verdere advies of hulp
Kontak gerus jou naaste landboukundige vir verdere advies of hulp
met die verbouing van jou kanolavertakking: Pieter Burger – Caledon
(028 214 3826); Pierre Laubscher – Bredasdorp (028 425 5827);
Jannie Bruwer – Swellendam (028 514 8787); Franco le Roux
– Swellendam (028 514 3441); Louis Coetzee – Porterville (022 931 8200);
of Piet Lombard – Elsenburg (021 808 5415).
Verdere verwysings
Kanola handleiding
(PNS, 2009). Hoofstuk 5: Vestiging van Kanola. bl 15 - 18.
SOILL
(2013). Die vestiging van kanola en bemestingsriglyne. Franco le Roux.
35
January 2014
Kultivar
DKM
Korrels/kg
AV GARNET
3,4
294 118
AGAMAX
4,3
232 558
44Y84
4,3
232 558
HYOLA 50
4,9
204 082
Kultivar
DKM
Korrels/kg
AV GARNET
3,8
263 158
AGAMAX
3,9
256 410
CB JARDEE
4,3
232 558
HYOLA 575 CL
3,8
263 158
HYOLA 555 TT
5,0
200 000
TABEL 1: KANOLA – SWELLENDAM 2012.
TABEL 3: BEREKENDE SAAIDIGTHEDE (KG/HA) INDIEN GESAAI OF GEPLANT WORD TEEN VERSKILLENDE DKM’S EN GEKOSE PLANTESTAND.
TABEL 2: KANOLA – BREDASDORP 2013.
SAAI
Oorlewingspersentasie 60%
Plante per vierkante meter (plante/m²)
40
50
60
70
80
90
DKM (g/1 000 korrels)
3,00
2,0
2,5
3,0
3,5
4,0
4,5
3,25
2,2
2,7
3,3
3,8
4,3
4,9
3,50
2,3
2,9
3,5
4,1
4,7
5,3
3,75
2,5
3,1
3,8
4,4
5,0
5,6
4,00
2,7
3,3
4,0
4,7
5,3
6,0
4,25
2,8
3,5
4,3
5,0
5,7
6,4
4,50
3,0
3,8
4,5
5,3
6,0
6,8
4,75
3,2
4,0
4,8
5,5
6,3
7,1
5,00
3,3
4,2
5,0
5,8
6,7
7,5
5,25
3,5
4,4
5,3
6,1
7,0
7,9
PLANT
Oorlewingspersentasie 70%
Plante per vierkante meter (plante/m²)
40
50
60
70
80
90
DKM (g/1 000 korrels)
3,00
1,7
2,1
2,6
3,0
3,4
3,9
3,25
1,9
2,3
2,8
3,3
3,7
4,2
3,50
2,0
2,5
3,0
3,5
4,0
4,5
3,75
2,1
2,7
3,2
3,8
4,3
4,8
4,00
2,3
2,9
3,4
4,0
4,6
5,1
4,25
2,4
3,0
3,6
4,3
4,9
5,5
4,50
2,6
3,2
3,9
4,5
5,1
5,8
4,75
2,7
3,4
4,1
4,8
5,4
6,1
5,00
2,9
3,6
4,3
5,0
5,7
6,4
5,25
3,0
3,8
4,5
5,3
6,0
6,8
1...,27,28,29,30,31,32,33,34,35,36 38,39,40,41,42,43,44,45,46,47,...52
Powered by FlippingBook