SA Grain January 2014 - page 46

Hierdie Oliesade-oorsig word moontlik gemaak deur die
Olie- en Proteïensade Ontwikkelingstrust.
2011/2012 2012/2013 2013/2014 Verandering 2013/2014,
2012/2013
Totaal oliesade
Miljoen ton
Produksie
454,7
481,4
502,5
4%
Olie en vette
Produksie
183,6
190,2
199,3
5%
Aanbod
214,7
221,8
232,1
5%
Verbruik
184,5
190,1
197,9
4%
Verhandeling
98,2
101,9
105,2
3%
Voorraad tot verbruik
17,1
17,2
17,2
0%
Oliekoeke
Produksie
111,2
119,5
125,9
5%
Aanbod
132,3
136,9
143,7
5%
Verbruik
117,5
118,8
122,5
3%
Verhandeling
72,7
73,2
78,0
7%
Voorraad tot verbruik
14,7
15
16,8
12%
TABEL 3: VRAAG EN AANBOD VAN OLIESAADPRODUKTE.
Bron: FAO
Grafiek 3: Rand/dollar-wisselkoers en internasionale oliesaadpryse.
Bron: Reserwebank en Graan SA
Grafiek 4: Rand/dollar-wisselkoers en plaaslike pryse.
Bron: Reserwebank en Safex
Hierdie seisoen se vooruitsigte weeg swaar op die verwesenliking van ‘n buffer sojaboonoes
in Suid-Amerika. Enige onverwagte weersomstandighede in die streek sal ‘n direkte, sterk
invloed op die globale vraag en aanbod hê. Met verhandelaars wat weersomstandighede
in Suid-Amerika noukeurig dophou, word verwag dat die oliesaadpryse waarskynlik volatiel
sal bly.
Plaaslike markte
Die plaaslike mark is die afgelope seisoen sterk ondersteun deur die rand/dollar-wisselkoers.
Internasionale pryse het relatief sterk gedaal, terwyl die rand/dollar-wisselkoers verswak het
met soveel as 14% in vergelyking met 2012 (
Grafiek 3
).
Soos die wisselkoers verswak het, het die sojaboon- en sonneblomprys in Suid-Afrika gegroei.
Die vraag is: Wat gaan die wisselkoers in die volgende seisoen doen? Dit gaan grootliks
afhang van ons politieke stabiliteit voor die verkiesing asook die Amerikaanse kwantitatiewe
verligtingsbeleid. Sodra die beleid verlaag word, kan dit beteken dat buitelandse besteding
wat in Suid-Afrika belê word, onttrek kan word, wat weer beteken dat die wisselkoers verswak.
Dit sal belangrik wees om die Suid-Amerikaanse scenario tot en met begin Maart dop te
hou asook die wisselkoers. Volgens die fundamentele inligting wil dit voorkom dat daar
genoegsame oliesaadvoorrade in die wêreld gaan wees wat kan beteken dat die internasionale
pryse kan daal, die vraag is net tot op watter vlak gaan die wisselkoers die dalende prys
ondersteun?
Vooruitsigte vir die internasionale oliesademark
Vervolg van bladsy 43
Januarie 2014
44
Oliesade-oorsig
Markte
SA Graan/
Sasol Nitro fotokompetisie
1...,36,37,38,39,40,41,42,43,44,45 47,48,49,50,51,52
Powered by FlippingBook