SA Grain January 2014 - page 44

Oliesade-oorsig
Markte
Januarie 2014
42
Vooruitsigte vir die internasionale
oliesade-, olie- en oliekoekmark
– 26 November 2013
DR DIRK STRYDOM, SA GRAAN/GRAIN MEDEWERKER
Die internasionale produksie vir die 2013/2014-seisoen lyk tans baie
belowend met groot verwagte produksiesyfers. Dit kan ‘n omvangryke
implikasie hê op die produksie en verbruik van onder andere olie en
oliekoek.
Internasionale oliesaadproduksie
In 2013/2014 word die globale oliesaadproduksie geprojekteer om met
4% te styg; meer as 500 miljoen ton gaan moontlik geproduseer word.
Produksie gaan aansienlik uitbrei vir al die groot oliesade, met die
uitsondering van katoensaad.
In terme van volume word verwag dat sojabone, gevolg deur
raap- en sonneblomsaad die grootste groei gaan toon. In die 2012/
2013-produksiejaar was daar reeds groot sojaboonproduksiesyfers en
die verwagting is dat die 2013/2014-jaar nog groter kan wees.
Die huidige voorspelling is dat globale produksie met tussen 5% en 6%
kan styg – dit is ongeveer 282 miljoen ton. Die vooruitsigte is grootliks
afhanklik van die Suid-Amerikaanse produksie.
Na verwagting gaan Argentinië 52,5 miljoen ton produseer en Brasilië
88 miljoen ton. As die twee lande saam met die VSA getel word, kan dit
‘n styging van 15 miljoen ton lewer teenoor die vorige seisoen (
Tabel 1
).
Internasionale olie- en vetvooruitsigte
In terme van olie en vette is die verwagting dat daar ‘n 5% groei gaan
plaasvind vir die 2013/2014-seisoen – dit is in totaal 199 miljoen ton
meer as die vorige seisoen. Olie-ekstraksie van die hoofoliesade kan
moontlik met 5,3 miljoen ton styg, gegewe die hoë soja-, raap- en
sonneblomsaadproduksie. Voorrade was die afgelope twee seisoene
relatief knap en dit was moeilik om die vraag-kant gelukkig te hou. Vir
2013/2014 is die verwagting dat die produksie meer sal wees as die vraag,
let wel, dit is maar ‘n klein marge van 1,5 miljoen ton, wat minder as 1%
is (
Grafiek 1
).
Internasionale oliekoekvooruitsigte
Indien die produksiesyfers van oliesade realiseer kan die globale
oliekoekproduksie met 126 miljoen ton (proteïen-ekwivalente) groei.
Soja-oliekoek sal die grootste bydrae maak tot hierdie syfer. Globale
oliekoekvoorrade wat bestaan uit die 2013/2014-produksie asook
2012/2013-oordragvoorraad, kan lei tot ‘n rekordvlak van 144 miljoen
ton (proteïen-ekwivalente). Internasionale verhandelaars voorspel dat
die verbruik van soja-oliekoek sal bly styg en die verwagting is dat ‘n
verbruiksyfer van 122,5 miljoen bereik kan word. Dit is grootliks gedryf
deur die styging in die vraag na lewende hawe (
Grafiek 2
).
Internasionale beleide wat ‘n invloed kan
hê op die 2013/2014-seisoen
Daar is verskeie nuwe verwikkelinge in die internasionale beleidsom-
gewing wat die handel van oliesade kan beïnvloed. ‘n Opsomming van
hierdie beleide is in
Tabel 2
.
Opsomming van internasionale
markfaktore
In opsomming word verwag dat wêreldolieproduksie kan styg tot ‘n
rekordhoogte, ondersteun deur rekordsojaboonoeste in Suid-Amerika.
Terwyl groot sojaboonoeste dui op ‘n uitbreiding in die wêreldvoorrade
van oliekoeke, moet globale voorrade van olie ook styg danksy ‘n herstel
in die hoë olieopbrengs, saaduitsette en bestendige groei in palmolie.
Daar word verwag dat ‘n matige groei in die wêreldverbruik van olie en
oliekoek sal voortgaan (
Tabel 3
).
Globale produksie van oliesaadprodukte behoort die verbruik te dek vir
die tweede agtereenvolgende jaar, hoewel ‘n groot surplus moontlik is
in die geval van oliekoek. Gebaseer op die huidige vooruitsigte, word
geprojekteer dat die voorraad-tot-verbruik-verhouding aansienlik kan
verbeter vanaf die vorige seisoen vir oliekoek, maar dit behoort dieselfde
te bly vir olie.
Die huidige 2013/2014-vooruitsigte dui daarop dat daar ‘n geleentheid
vir internasionale oliekoekpryse is om te daal van hul rekordhoë vlakke.
Addisionele afwaartse druk op oliekoekpryse kan ook plaasvind weens
die stygende globale voorrade van voergrane. In terme van die oliemark,
kan voldoende produksie en genoeg voorrade veroorsaak dat pryse
stabiel bly op hul huidige relatiewe lae vlak. Die verwagting is dat die
internasionale handel in olie steeds matig behoort te groei, terwyl die
oliekoektransaksies relatief kan styg teenoor die vorige seisoen se daling.
Soos die oliekoekpryse daal, behoort oliekoek meer bekostigbaar te raak
wat beteken dit kan tot gevolg hê dat die vraag na invoere styg; nietemin
kan die hoë beskikbaarheid van voergrane die groei hinder.
1...,34,35,36,37,38,39,40,41,42,43 45,46,47,48,49,50,51,52
Powered by FlippingBook