SA Grain December 2013 - page 22

Insekbeheer
Insette/Produksie
Desember 2013
20
Wat weet ons van die
Afrika stamboorder,
Busseola fusca
?
DR ANNEMIE ERASMUS, LNR-INSTITUUT VIR GRAANGEWASSE
Die Afrika stamboorder,
Busseola fusca
, is benoem en beskryf deur
Fuller in 1901, maar so vroeg as 1891 is stamboorderskade alreeds deur
J.B. Hellier in die Kaapkolonie gerapporteer as “die ruspe wat jong
mielieplante aanval” en later as “‘n ruspe wat die koppe aanval”.
Voor die gebruik van insekdoders was kulturele praktyke, soos om
mieliereste in te ploeg of om stoppels te brand (
Foto 1
), die norm.
Sedert die 1970’s tot die 1990’s is ‘nmeer geïntegreerde plaagbeheerbena-
dering gevolg. Tydens hierdie tydperk het navorsing op
B. fusca
ekologie
ingesluit, insekdodertoedienings, tyd van toedienings, seisoenale
motvlugte wat deur ligvalle gemonitor is, skade wat aanleiding gee tot
oesverlies en monitering van motvlugte met sintetiese geslagsferomone
ingesluit.
Die ontwikkeling van feromone (afgeskei deur wyfiemotte om mannetjies
te lok) en feromoonvalletjies, het daartoe gelei dat motvlugte makliker
gemonitor konword omsodoende op die regte tyd insekdoders toe te dien.
Tydens die 1980’s is drie afgebakendemotvlugte per seisoen gerapporteer
(
Grafiek 1
) – die eerste een in November, die tweede motvlug in laat
Januarie en ‘n klein vlug in April, wat verskil van oos na wes as gevolg
van die temperatuurgradiënt.
Hierdie motvlugte word vandag nog gebruik as riglyn, maar die vraag is:
Kon dinge verander het as gevolg van klimaatsveranderinge, aangepaste
plantdatums of ‘n toename in spilpuntaanplantings? In vergelyking met die
eerste beheertegnieke, waar die spreekwoordelike wa nog voor die perde
ingespan moes word, word daar vandag van ‘n enkele geen gebruik ge-
maak om stamboorders te beheer. Sedert die koms van geneties gemani-
puleerde Bt-mielies om die drie belangrikste stamboorders,
B. fusca
,
Chilo
partellus
en
Sesamia calamistis
te beheer, het insekdoders en die ontwik-
keling daarvan minder aandag gekry.
Gedurende 1994 is verskillende
events
van Bt-mielies wat Cry-proteïene
uitdruk vir die eerste keer in Suid-Afrika geëvalueer om stamboorders,
B. fusca
en
C. partellus
te beheer. Die mees effektiewe
event
wat beide
B. fusca
en
C. partellus
beheer het, was die
event
wat Cry1Ab-proteïene
uitgedruk het. Kort daarna, in 1998, is die eerste Bt-mielies in Suid-Afrika
gekommersialiseer.
Sewe jaar ná die vrystelling van Bt-mielies is die eerste teken van
B. fusca
oorlewing op Bt-mielies gerapporteer. Die swak aanplanting van
toevlugsoorde was een van die hoofredes vir weerstandsontwikkeling,
maar dit kan nie gesien word as die enigste oorsaak nie. Die riglyne
vir die plant van die toevlugsoord is opsie 1: ‘n 5% toevlugsoord van
nie-Bt-mielies waar stamboorders nie chemies beheer mag word nie of
opsie 2: ‘n 20% toevlugsoord van nie-Bt-mielies waar chemiese beheer
wel toegepas mag word. Hierdie riglyne geld vandag nog en moet
toegepas word by Bt-mielie-aanplantings.
Ná die bekommernis van weerstandsontwikkeling, is daar gekyk na nuwe
events
wat wel die weerstandbiedende larwes kan beheer. ‘n Nuwe
event
wat Cry1A.105- en Cry2Ab2-proteïene uitdruk, is geïdentifiseer wat wel
weerstandbiedende
B. fusca
larwes beheer wat in 2011 vrygestel is.
Weerstandsontwikkeling het groot navorsingsvrae tot gevolg gehad
wat veroorsaak het dat daar weer oor
B. fusca
se ekologie besin moet
word om sodoende nuwe tegnologie se lewensduur te verleng. Die
LNR-Instituut vir Graangewasse (LNR-IGG), in samewerking met die
Noordwes-Universiteit, is tans besig om navorsingsvrae te evalueer en
toegepaste navorsing te doen om moontlike antwoorde te kry.
Voordat Bt-mielies in Suid-Afrika aangeplant is, was chemiese beheer die
steunpilaar van stamboorderbeheer. Die ekonomiese drumpelwaarde vir
hierdie beheer is wanneer 10% van die plante in die land kelkskade toon.
Eers dan sal dit ekonomies regverdigbaar wees om ‘n insekdoder toe
te dien.
Die produsent moet dus nie al met die eerste tekens van stamboorder-
skade spuit nie. Aangesien ‘n groot deel van die lewensiklus van
albei stamboordersoorte in die kelke deurgebring word en dit dáár
relatief maklik deur insekdoders bereik kan word, is kelktoediening die
doeltreffendste metode om stamboorders te beheer.
Foto 1: Uit toeka se dae: Mieliestoppels word ingeploeg.
Vervolg op bladsy 23
1...,12,13,14,15,16,17,18,19,20,21 23,24,25,26,27,28,29,30,31,32,...52
Powered by FlippingBook