

Bou gronde op met
BEWEIBARE
dekgewasmengsels
A
gricol is ’n saadmaatskappy wat hom-
self oor jare gevestig het as dié saad-
maatskappy in Suid-Afrika met die grootste
verskeidenheid kwaliteit saadprodukte. “’n
Produk vir elke boer” is die leuse wat Agricol
al vir jare volg om aan elke produsent se
behoeftes te voldoen.
Daar is geen uitsondering wat dekgewasse
betref nie. Dit is ’n begrip wat deesdae op
almal se lippe is en talle produsente begin
daarmee eksperimenteer.
Die voordele by die gebruik van dekge-
wasmengsels is reeds algemeen bekend en
sluit onder andere die volgende in:
Dekgewasse verhoog die wortelmassa
in verskillende grondlae.
Dit sorg vir beter deurlugting in die
grond en beter mikrobeverspreiding.
Dekgewasmengsels bevoordeel toe-
stande vir gewenste insekte, byvoor-
beeld erdwurms.
Vinniger opbou van humus- of organie-
se koolstofvlakke vind plaas.
Dit bied beter beskerming teen peste
en plae en sorg vir gesonder grond.
Dit verhoog waterinfiltrasie en water-
houvermoë.
Een van die grootste dryfvere vir dekge-
wasaanplantings is die beter benutting van
beskikbare grondwater. Dit is reeds bekend
dat die bedekking van die grondoppervlak
met organiese materiaal veroorsaak dat die
temperatuur daal en minimale verdamping
vanuit die grond plaasvind.
Die beste resultaat word verkry deur die
waterinfiltrasietempo, sowel as die water-
houvermoë van die grond te verhoog, maar
daarvoor is grondkoolstof nodig. Vir elke
0,5%-verhoging in grondkoolstofvlakke in
die grond kan die waterhouvermoë van die
grond selfs verdubbel.
Dekgewasaanplantings werk op die vol-
gende beginsel: Plante produseer suikers
in hul blare en tot 50% hiervan word
teruggevoer na die wortels, waar dit vir
minerale en ander voedingstowwe uitgeruil
word. Hierdie voedingstowwe is afkomstig
vanaf mikrobes, fungi, protosoë, nematodes
en mikorisa wat dooie organiese materiaal
in die grond afbreek.
Saam vorm hulle die vloeibare koolstof-
weg (
liquid carbon pathway
). Plante skei
sekere suikers af wat mikrobes lok en dan
spesifieke voedingstowwe afbreek. Só
bepaal die plant watter soort mikrobes hy
wil benut. Met ander woorde: Plante se
behoeftes raak mikrobespesifiek.
Deur ’n diverse mengsel van plante op ’n
land te hê, diversifiseer die mikrobes ook
en hul populasiegetalle verhoog aansienlik.
Ekosisteme word deur mikrobes gedryf
en in stand gehou, maar hulle het koolstof
nodig vir oorlewing. Hoe meer wortels in die
grond voorkom, hoe vinniger kan die proses
van koolstofvorming plaasvind.
Die koolstof/stikstof-verhouding in die
grond het ’n groot invloed op die mikro-
belewe en is daarom uiters belangrik in die
opbouproses van die grond:
Sodra gewasse soos peulgewasse,
wat ’n lae C:N-verhouding (17:1) het,
geplant word, versnel die mikro-
begetalle, die plantreste word afge-
breek, die mikrobes verteer die koolstof
en die stikstof (N) kan vir die opvolgende
gewas vrygestel word.
Indien slegs gewasse met hoë C:N-
verhouding geplant word, soos ko-
ringstrooi (80:1), moet die mikrobes
stikstof vanuit die grond met die koolstof
bind vir die afbreekproses en kan ’n
tydelike stikstofnegatiewe periode in die
grond voorkom.
’n Behoorlik-saamgestelde dekgewas-
mengsel verleen dus die balans tussen
lae en hoë C:N-waardes. Die ideale C:N-
verhouding vir grondmikrobes is 24:1.
Agricol is die voorloper in die formulering
van beweibare dekgewasmengsels en be-
mark tans die Agri-Life-dekgewasreeks vir
Suid-Afrikaanse klimaatstoestande en areas
met groot sukses.
Beskikbare Agri-Life Grazer-mengsels is:
Agri-Life 2
: Gevorderde wintermengsel
wat bestaan uit ses komponente.
Agri-Life 12
: Gevorderde somermengsel
wat bestaan uit agt komponente.
Agri-Life 21+
: Gekombineerde winter-
en somermengsel wat bestaan uit 21 en
meer komponente.
Voordele van die Agri-Life Grazer-reeks:
Multispesiemengsels geformuleer vir
die opbou van gronde, sowel as geba-
lanseerde weiding.
Gespesialiseerde kombinasies van peul-
gewasse, knolgewasse en kleingrane
bied maksimum voordele vanuit ’n wye
gewasspektrum.
Behoorlik-geformuleerde mengsels vir
die daarstelling van die ideale 24:1 C:N-
balans.
Peulgewasse wat stikstof bind bied ’n
verdere ekonomiese voordeel.
Biologiese entstowwe vorm deel van
elk van die vyf mengsels wat rhizo-
biumbinding en wortelgroei stimuleer.
Alle gewasse in die Agri-Life-reeks
het ’n goeie weidingswaarde en met
aanplanting van die regte mengsels is
weiding dwarsdeur die jaar beskikbaar.
Skakel ons gerus vir ’n dekgewasaanbeve-
ling vir jou area.
31
November 2018
PROMOSIE-ARTIKEL
DAWIE DU PLESSIS,
Agricol
Agri-Life 12 – ’n somerdekgewasmengsel
wat agt somergewasse bevat.