Previous Page  35 / 92 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 35 / 92 Next Page
Page Background

Plant na 15 Oktober tot Desember. Grondtemperatuur moet verkies-

lik bo 18˚C wees tydens plant. Indien die gewas te laat geplant word,

vorm dit gou stingels. Hergroei is stadiger na Februarie – plant so

gou as wat temperature dit toelaat (hoër as 18˚C). Dit kan 40 dae

na plant begin bewei word (30 cm - 50 cm-hoogte) en hergroei kan

na drie tot vier weke weer gewei word.

Die uitstaande voordele van basterbabala is sy gebrek aan

blousuur (dus veilig vir alle weidende diere). Die uitgebreide wor-

telstelsel maak dit droogtebestand, bevorder hersirkulering van

plantvoedingstowwe en voorsien volop organiese materiaal aan

die grond.

Die produksiepotensiaal van basterbabala wissel tussen 7 t/ha en

12 t/ha – indien dit in November geplant is en gereeld op weihoogte

(50 cm - 70 cm hoog) ontblaar word. Dit produseer ongeveer 7 t/ha

as dit in Januarie geplant word.

Voersorghum (

Foto 2

) is in verskillende kultivars beskikbaar

– spesifiek vir hooi, weiding en kuilvoer. Dit is ’n bekende en goeie

eenjarige weidingsgewas wat beeste op 70 cm tot 100 cm en skape

op 50 cm kan begin wei. Dit is ook ’n goeie hooigewas as dit gesny

word voordat dit dik stingels vorm (50 cm - 70 cm hoogte). Verder

is dit ook ’n uitstekende kuilvoergewas (die soetsorghumkruisings)

en goeie staande hooi (

brown mid rib

[BMR]-tipes).

Plant in Oktober tot Desember vir maksimum gebruik. Drie tot vier

snysels of weidingsiklusse is moontlik. BMR-kultivars kan een of

twee keer gewei word en dan uitgegroei word vir staande hooi in

Junie/Julie.

Produksie word grootliks deur klimaat en die stadium van benut-

ting bepaal. Indien dit elke ses weke gesny of bewei word, wissel

produksie tussen 7 t/ha en 10 t/ha. Gereelde benutting op wei-

hoogte (50 cm - 70 cm) lewer 8 t/ha tot 12 t/ha en kan een tot drie

grootvee-eenhede (GVE) per hektaar vir 100 dae dra.

Eenmalige sny van kuilvoer lewer 13 t/ha tot 22 t/ha.

Onthou altyd om die regte kultivars vir die spesifieke gebruik aan te

plant:

Oor die algemeen vir beweiding: Sudan- x Sudangraskruisings,

graansorghum x Sudangraskruisings.

Vir hooi: Graansorghum x Sudangraskruisings en BMR-sorghum

x Sudangraskruisings.

Vir staande hooi: Soetsorghum x soetsorghum en BMR-sorghum

x Sudangraskruisings.

Vir kuilvoer: BMR-sorghum x soetsorghum, BMR-sorghum x

Sudangras en graansorghum x soetsorghumkruisings.

Dikwels word gevra: Wat moet ek gebruik: Basterbabala of

voersorghum?

PRODUKSIE (T/HA)

PROTEÏEN (%)

Voersorghum

14,5

10,4

Basterbabala

14,6

11,2

Voersorghum + akkerbone

15,8

11,2

Voersorghum + Dolichos

15,5

10,9

Basterbabala + akkerbone

15,0

10,6

Basterbabala + Dolichos

15,7

11,6

TABEL 1: KOMBINASIES.

SUUR VERTEERBARE VESEL

(ADF) (%)

NEUTRALE VERTEERBARE VESEL

(NDF) (%)

PROTEÏEN (%)

25% voersorghum + 75% sojabone

43,02 a

66,23 a

11,12 ab

50% voersorghum + 50% sojabone

39,33 a

57,01 a

12,45 a

75% voersorghum + 25% sojabone

38,88 a

60,20 a

12,45 a

TABEL 2: KOMBINASIES.

3: Sunnhemp.

4: Voersorghum en Dolichos.

3

33

November 2018

4