

November 2018
26
Volgens mnr Henk Aggenbach, voorsitter
van die Bredasdorp Park NPC, was dit vir
produsente ongelooflik om te sien waarheen
implemente op pad is en hoe tegnologies-
gevorderd boerdery word. Die akwaponiese
en hidroponiese produksie-opsies vir nuwe
toetreders is ongelooflik. By NAMPO Kaap
het ons inligting, navorsing en praktiese
toepassings byeengebring.”
Aggenbach sien die hand wat Graan SA
na hul produsente in die Kaap uitsteek,
as “die goue sleutel tot sukses en ’n blink
toekoms vir NAMPO Kaap. Produsente van
ons streek is in R/ton van die beste bydraers
tot Graan SA. Graan SA wil terugploeg en
hulle het met oop hande gekom om hiervan
’n reusesukses te maak.”
Sy span, onder leiding vanme Chrystal Engel
en verskeie produsente en sakelui – almal
vrywilligers – het die program saamgestel,
bemark en die terrein voorberei. Só het ’n
vrywilliger tot 300 ton vullis kom verwy-
der. In ruil daarvoor wou hy net ’n Ruêns
Kollege-steak geniet. Aan Graan SA se kant
het mnr Toit Wessels, assistent-bestuurder:
NAMPO en Bemarking, Graan SA, die ver-
troue van inset- en diensverskaffers in
Graan SA omgeskakel in die uitstekende
deelname van landbou se voorste uitstallers.
Die plaaslike gemeenskap was in alle
opsigte wenners. Slegs skole, kerke en
diensorganisasies kon kosstalletjies bedryf.
Verblyf in die streek was weke voor die
tyd op tot sover soos Hermanus, Caledon,
Swellendam, Bredasdorp, Waenhuiskrans,
Struisbaai en L’agulhas vol bespreek.
“As net 7 000 van die 16 245 mense wat hier
was elkeen R1 000 in die streek spandeer
het, dan het hier R7 miljoen agtergebly
– wat ’n reuse-inspuiting vir die plaaslike
ekonomie is. Saans was die terrein toe en
plaaslike restaurante, vulstasies en winkels
is ondersteun,” sê Aggenbach.
NAMPO Kaap kon uitstallers en potensiële
kliënte bymekaar bring en volgens hom,
selfs ’n produsent wat 25 jaar lank reeds een
kleur trekker gebruik, met ’n spuit teen ’n
ekspo-afslagprys oortuig om sy lojaliteit en
beursie te hersien.
“Hier word besigheid gedoen. Ons sti-
muleer mense en ons stimuleer gesprek.
Dit is aangenaam om die nuwe generasie
produsente die toekoms in te stuur met die
wete dat ‘wat vir my goed is, ook goed is
vir jou en dat ons uitdagings dieselfde is’.
Ons nuwe era-boere maak dit duidelik dat
hulle nie meer ‘opkomende boere’ wil wees
nie, maar kommersiële produsente in eie
reg, wat met kwaliteit produkte en dienste
bygestaan wil word.”
Dit was veral die gesprekke oor die soeke
na nuwe energie en intensiewe skaap-
boerdery asook die toekoms van gars,
wat groot belangstelling getrek het. Die
waarde en omvang van NAMPO Kaap word
raakgevat met ’n jonge dame se opmerking
met die instapslag: “As ons my pa hiernatoe
bring, moet ons hom Dinsdag kom aflaai en
eers weer Vrydag kom haal!” Hierdie nuwe
baba in Graan SA se NAMPO-familie het
verseker ’n blink toekoms.
NAMPO Kaap 2019 vind op 4, 5 en 6 Sep-
tember op Bredasdorp Park plaas.
GRAAN SA
Terugblik op NAMPO Kaap
NAMPO Kaap
se toekoms lyk BLINK
8: Dié drie plaaswerkers van Patryskraal en Ou Plaas buite Bredasdorp was geïnteresseerd in van die nuutste vragmotors op die mark:
Bradley Karelse, Samuel Fortuin en Daniël Morris.
9: ’n Bredasdorpse pa, Cassy Arends, het sy passievolle seun, Jaylen, kom voorstel aan die wêreld van trekkers, spuite, stropers
en voedselproduksie.
8
9