Previous Page  38 / 92 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 38 / 92 Next Page
Page Background

November 2018

Weidingsgewasse as dekgewasse

Deel 3: Tussengewasverbouing en meerjarige somergrasse

Rhodesgras (

Foto 2

en

Foto 3

) is die mees bekende langtermyn-

wisselbougewas en word veral deur groente- en tabakprodusente

gebruik omdat dit aalwurm onderdruk. In ’n mengsel met ’n

peulgewas, soos byvoorbeeld

Stylosanthus

, kan dit ’n groter rol

in grondgesondheid speel. Dit kan dien as weidingsgewas, hooi of

staande hooi.

Dit vestig vinnig en het aktiewe rankers. Rhodesgras moet nie te

kort bewei word nie, want dit verkort sy lewe, maar met goeie be-

stuur het lande al vir meer as 15 jaar oorleef. As produsente dit net

vir ’n beperkte tyd as wisselbougewas wil gebruik, is hierdie eien-

skap ook voordelig.

Oulandsgras is ’n goeie weidings- en hooigewas, wat in die

oostelike Hoëveld alombekend is. Vir goeie kwaliteit en hoë pro-

duksie moet dit deeglik bemes word en kan dit daarom as ’n me-

diumtermynwisselbougewas gebruik word, wat grondkwaliteit in

koue dele verbeter.

Smutsvingergras vaar uitstekend op leemgronde en is geskik as

weiding, hooi en staande hooi. Hierdie gras word dikwels in ’n

mengsel met Rhodesgras en witbuffelsgras (die Potch-mengsel)

(

Foto 4

) gebruik, wat ook ’n goeie korttermyn-meerjarige opsie is. Dit

is goed aangepas in die meeste gebiede waar mielies verbou word.

Bloubuffelsgras (

Foto 5

) is droogtebestand en vaar bevredigend in

warmer dele. Dit is egter onlangs in kouer dele, soos byvoorbeeld

Vereeniging langs die Vaalrivier en die oostelike Hoëveld opgemerk

– en ook in die warmer Laeveld. Twee kultivars is beskikbaar: Molopo,

hoofsaaklik vir hooi, en Gayndah, hoofsaaklik vir weiding.

Navorsing wat buite Bela-Bela in Limpopo met Molopo, Gayndah-

bloubuffelsgras en borseltjiegras gedoen is, het interessante

produksiesyfers opgelewer. Hierdie resultate dui op die belangrikheid

van kwaliteit weiding of hooi. Die gras het op drie verskillende

lande in Oktober, na die eerste reën, begin groei en op 1 Januarie is

dit met speenlammers begin bewei tot 13 April. Die produksiesyfers

is in

Tabel 2

aangebring.

PRODUKSIE

MOLOPO

GAYNDAH

BORSELTJIEGRAS

Weiding (kg/ha droëmateriaal)

1 470 kg/ha

990 kg/ha

950 kg/ha

Diereproduksie (kg/ha)

23 kg/ha

44 kg/ha

75 kg/ha

TABEL 2: PRODUKSIE VAN VERSKILLENDE MEERJARIGE GRASSE.

TABEL 3: DIE BYDRAE VAN MEERJARIGE GRASSE TOT DIEREVOEDING.

GRASSOORT

PRODUKSIE (T/HA)

DRAKRAG GVE/HA/180 DAE

Rhodesgras

4 t/ha - 12 t/ha

0,7 GVE/ha - 2 GVE/ha

Smutsvingergras

4 t/ha - 10 t/ha

0,5 GVE/ha - 2 GVE/ha

Oulandsgras

4 t/ha - 13 t/ha

1 GVE/ha - 2,5 GVE/ha

Witbuffelsgras

4 t/ha - 10 t/ha

0,7 GVE/ha - 2 GVE/ha

Bloubuffelsgras

4 t/ha - 12 t/ha

0,2 GVE/ha - 2 GVE/ha

1: Tussenverbouing van mielies en Dolichos.

2 en 3: Rhodesgras.

4: Witbuffelsgras.

36

1

4

2

3