

Weidingsgewasse as
dekgewasse in bewaringsland-
bou- en wisselboust
elsels
D
ie gebruik van weidingsgewasse as dekgewasse in be-
waringslandbou word in drie dele aangebied. Hierdie is die
tweede deel, waarin eenjarige somergewasse bespreek
word.
Watter eenjarige somergrasse
kan gebruik word?
Tef word slegs as hooi verbou – wat dit dan as dekgewas gewild maak
vir diegene wat nie lewende hawe het nie, maar hooi produseer.
Dit het geen besondere voorkeure wat grondsoorte betref nie. Die
gras kan onder droëlandtoestande in gebiede met ’n reënval van so
laag soos 400 mm per jaar aangeplant word. Die mees aanvaarbare
produksiesyfers word egter in gebiede met ’n reënval van 600 mm
per jaar en hoër verkry. Dit word ook dikwels in mengsels met
oulandsgras geplant.
Die jaarlikse produksie van tef (soos ander grasse ook) word
deur grond, klimaat, bemesting en bestuur bepaal. Onder
droëlandtoestande kan 5 t/ha tot 8 t/ha verwag word en onder
besproeiing 7 t/ha tot 12 t/ha.
Basterbabala (
Foto 1
) se reënvalbehoefte is 450+ mm per jaar en
dit doen goed op sand- tot kleigrond, maar versuipgronde moet
vermy word. Dit is aanvanklik ’n vinnig groeiende weiding met
goeie hergroeivermoë, asook een van die beste eenjarige
groenweidings as dit vroeg geplant word. Dit het geen blousuur nie
– ’n ideale bees-, skaap-, bok- en perdeweiding.
D
E
K
G
E
W
A
S
S
E
Kollig
PROF CHRIS S DANNHAUSER,
emeritus professor, Weidingkunde
Deel 2: Eenjarige somergewasse
November 2018
32
“
“
Indien eenjarige
somerweidingsgewas-
se op dieselfde land
as mielies geplant
word, kan dit elke
alternatiewe jaar
gedoen word.
1
2
1: Basterbabala.
2: Voersorghum.