

Winterknolgewasse
Japannese radyse (
Foto 5
op bladsy 29) en voerrape is goeie
winterweidingsgewasse, wat droogtebestand is en wat alleen of
in mengsels met eenjarige wintergrane gebruik kan word.
Van die gewildste kultivars wat gebruik word, is Nooitgedacht
Japannese radys, Mammoth Purple Top-voerrape en die soge-
naamde diep en lang wortelrape en boorradyse.
Die winterknolgewasse doen goed op ligte sand- tot leemgrond
in gebiede met ’n reënval van 600 plus mm. Dit word normaalweg
in rye van 60 cm tot 90 cm uitmekaar geplant. Die beste planttyd
is Februarie, maar latere aanplantings (April/Mei) kan ook gedoen
word om as dekgewas in ’n wisselboustelsel gebruik te word.
Benewens goeie weiding, is een van die voordele van hierdie ge-
wasse dat dit grond goed deurlug, organiese materiaal terugplaas en
voedingstowwe sirkuleer.
Onlangse navorsing met latere aanplantings (April) in Gauteng, het
belangrike resultate opgelewer. Die reënval vir die periode April
tot Julie was slegs 31 mm en 300 mm besproeiing is toegedien.
Die blaarmateriaal van die Nooitgedacht Japannese radyse is
geoes vanaf mid-Julie tot einde Augustus. In Augustus is die “knol-
materiaal” ook geoes. Vir die 35 dae se produksie is daar 5,1 t/ha
droëmateriaal geoes, wat ten minste twaalf grootvee-eenhede
(GVE)/ha tot 15 GVE/ha vir die 35 dae kon voed.
Mammoth Purple Top-voerrape, wat in Mei geplant is, is vanaf
20 Augustus tot 3 Oktober ontblaar en het voldoende materiaal
geproduseer om elf GVE/ha vir 45 dae te voed. Die diepwortelrape
en radyse word algaande gewilder as wisselbougewasse, as
gevolg van hul langer en dieper wortels, vir hersirkulering van
plantvoedingstowwe, deurlugting van grond, asook omdat dit goeie
wintervoeding vir vee is.
Ter afsluiting
In ’n wisselboustelsel kan eenjarige winterweidingsgewasse in
die herfs op dieselfde land as mielies geplant word. Dit kan dan
opgevolg word deur mielies in die vroeë somer aan te plant – mits
daar voldoende lente- en/of herfsreënval (in gebiede met meer as
650 mm reënval) was.
Vir meer inligting, kontak die outeur by 082 873 4736 of
chriswei@
vodamail.co.za.
Weidingsgewasse as dekgewasse
Deel 1: Eenjarige wintergewasse
! "
# $ % &
' %(
) # $ % &
' %(
* +# + , ! " -" -.
/ 0 #
-
! " -" -.
12 3 4 2 15 3 531
)51 6 31