

011 790-8200 | www.monsanto.co.za
Kliënte is welkom om ons op ons kliëntediens-telefoonnommer of e-posadres te kontak: 011 790-8200 of customercare.sa@monsanto.com
Roundup
®
Turbo
bevat 450 g glifosaat/ en is ’n groepkode G-onkruiddoder. Versigtig. Reg. No. L7166 (Wet No. 36 van 1947) Gebruik onkruiddoders op ‘n veilige manier. Lees altyd die etiket en produkinligting voor gebruik.
Monsanto
en
Roundup
®
Turbo
is geregistreerde handelsmerke van Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021.
Maak staat op suksesvolle onkruidbeheer ...
Met die regte kombinasie en gebruik van Roundup
®
Turbo.
Met voortdurende innovasie en volgehoue betroubaarheid, bied Monsanto jou die wêreld se voorste onkruiddoders.
Daarom is daar geen uitsondering wanneer dit kom by onkruidbeheer met
Roundup
®
Turbo
vir die skoonhou van
lyndrade, die beheer van indringerplante en voorplantbespuitings nie.
Roundup
®
Turbo plaas jou in beheer.
uppemarketingA18388/SAG
Die volgende kan met die besluit help:
Basterbabala het ’n uitgebreide wortelstelsel. Dit is dus
droogtebestand en het volop organiese materiaal, dit onderdruk
nematodes (aalwurm) en het geen blousuur nie.
Voersorghum gee hoër produksie en daar is ’n groter
verskeidenheid kultivars – spesifiek vir weiding, hooi, staande
hooi en kuilvoer.
In
Tabel 1
(op bladsy 33) word die droëmateriaalproduksies van
voersorghum en basterbabala, asook mengsels van die grasse
en peulgewasse as weiding, sowel as proteïenwaardes verskaf. In
Tabel 2
(op bladsy 33) word die voedingswaardes van verskillende
mengsels van voersorghum en sojabone, as kuilvoer, aangedui.
Eenjarige somerpeulgewasse
’n Verskeidenheid somerpeulgewasse kan gebruik word, waarvan
die volgende die mees bekende is en die meeste oor tyd ge-
toets is: Akkerbone, sojabone, Dolichos en sunnhemp (
Foto 3
op
bladsy 33).
Algemene inligting, wat vir al hierdie peulgewasse geld, is:
Hulle vestig maklik.
Dit benodig 35 mg/kg P in die grond en ’n pH van 7.
Die saad moet geënt word.
Alle peulgewasse verskaf N aan die grond.
Dit verskaf ook organiese materiaal.
Dit bied ’n gebalanseerde voer.
Kan gewei, van hooi gemaak en ingekuil word.
Opblaas kan voorkom, maar met goeie bestuur is dit minimaal.
Genoemde peulgewasse kan ook met eenjarige grasse gemeng
word om ’n gebalanseerde weiding, met ’n hoë proteïeninhoud,
te verskaf (
Foto 4
op bladsy 33). Navorsing wat in Limpopo met
eenjarige somergrasse en peulgewasse in mengsels gedoen is, se
resultate is in Tabel 1 aangebring.
Die kombinasies van voersorghum en die twee peulgewasse het
hoër produksie gelewer en die proteïeninhoud in alle behandelings
was voldoende om die kondisie van diere in stand te hou.
’n Kombinasie van voersorghum (cv. Hygrograze)- en sojaboon (cv.
Octa)-kuilvoer is ook getoets. Verskillende kombinasies van die twee
kultivars is gebruik en die resultate word in Tabel 2 aangedui.
Die resultate toon dat 50% en meer peulgewasmateriaal in die
kuilvoer hoër proteïeninhoud en laer veselinhoud tot gevolg gehad
het – daarom beter kwaliteit kuilvoer. Sunnhemp is nie ’n smaaklike
weidingsgewas nie, maar word wel gebruik om as groen bemesting
plat gerol te word en het goeie resultate saam met voersorghum
as kuilvoer gelewer.
Ter afsluiting
Indien eenjarige somerweidingsgewasse op dieselfde land as
mielies geplant word, kan dit elke alternatiewe jaar gedoen word:
Een jaar mielies en een jaar dekgewasse. Dan is dit ’n rusoes wat
organiese materiaal, stikstof en koolstof vir die daaropvolgende
somer se mielieoes in die grond terugplaas.
Vir meer inligting kontak die outeur by 082 873 4736 of
chriswei@
vodamail.co.za
.
Weidingsgewasse as dekgewasse
Deel 2: Eenjarige somergewasse