

35
November 2018
Weidingsgewasse as
dekgewasse in bewaringsland-
bou- en wisselboustelsels
H
ierdie is die derde en laaste aflewering in ’n reeks wat han-
del oor die gebruik van weidingsgewasse as dekgewasse
in bewaringslandbou- en wisselboustelsels. Dit handel
oor die gebruik van meerjarige somergrasse en die
algemene rol wat eenjarige weidingsgewasse in die beplanning van
wisselbou speel.
Tussengewasverbouing
Normaalweg beteken wisselbou die verbouing van mielies vir
een jaar, afgewissel met ’n eenjarige dekgewas die volgende jaar.
’n Tweede moontlikheid bestaan ook, waar genoemde eenjarige
dekgewasse in alternatiewe rye tussen die mielies geplant word,
wat bekend is as tussengewasverbouing.
’n Voorbeeld hiervan is ’n proef wat deur dr Erika van Zyl op Dundee
Navorsingstasie (KwaZulu-Natal) in ’n seisoen met ’n reënval van
783 mm gedoen is. Die mielies is vroeg in Desember geplant.
Later in Desember is die somerpeulgewasse tussen die mielierye
geplant, wat Dolichos, sojabone en akkerbone ingesluit het. In
Februarie is winterspesies (Japannese radys, weiwieke, serradella
en hawer) ook tussen die mielies geplant.
Die resultate wat uit hierdie navorsing verkry is, is insiggewend
en word in
Tabel 1
uiteengesit. Die hoër plantproduksie van
mielies gemeng met Dolichos (
Foto 1
op bladsy 36) en Japannese
radyse is duidelik sigbaar. Die beste diereproduksie is verkry
met ’n tussenverbouing van akkerbone, hawer, weiwieke en Japan-
nese radys.
Die oes van die mielies in hierdie tussengewasverbouingstelsel
kan op verskillende maniere geskied: Met die wintergewasse
word die mielies op die normale tyd geoes (± Mei) en die oesreste
en wintergewasse, wat tussenin groei, word later in die winter
bewei. Indien nie-rankende somergewasse saam verbou is, kan die
mielies op die normale tyd gestroop en dan ook later bewei word,
of goeie kuilvoer kan geproduseer word. Andersins kan dit as ’n
weimieliemengsel bewei word.
Meerjarige somergrasse as
wisselbougewasse
Dit is gewoonlik produsente met ’n groter veekomponent wat meer-
jarige weidingsgewasse in ’n wisselboustelsel, vir groter volume
weiding en hooiproduksie, gebruik. Die grasspesies wat vervolgens
bespreek word, is van die meer algemene grasse. Daar is heelwat
meer gewasse wat gebruik kan word, soos byvoorbeeld peulge-
wasse (lusern) en meerjarige koelseisoengewasse (langswenkgras),
maar daarvoor word besproeiing meestal benodig.
D
E
K
G
E
W
A
S
S
E
Kollig
PROF CHRIS S DANNHAUSER,
emeritus professor, Weidingkunde
Deel 3: Tussengewasverbouing en meerjarige somergrasse
“
“
Die gebruik van
weidingsgewasse
en weidende vee, in
’n wisselboustelsel,
kan met goeie bestuur
voordele vir grondge-
sondheid inhou.
PRODUKSIE
MIELIES +
SOJAS
MIELIES +
AKKERBOON
MIELIES +
DOLICHOS
MIELIES +
HAWER
MIELIES +
SERRADELLA
MIELIES +
WEIWIEKE
MIELIES +
JAPANNESE
RADYS
DM (t/ha)
6,72
5,8
8,6
4,4
6,3
6,1
7,5
Weikapasiteit
(KVE/ha/100 d)
30
27
37
22
29
28
33
Skaapmassa
(kg/ha)
315
476
328
404
269
481
535
TABEL 1: PRODUKSIE VAN VERSKILLENDE TUSSENGEWASVERBOUINGSTELSELS.