Previous Page  39 / 92 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 39 / 92 Next Page
Page Background

Die gedagte is nie om Molopo-bloubuffelsgras af te skiet nie, want

dit is ’n uitstekende hooigewas as dit reg bemes word en daar op

die regte tyd hooi daarvan gemaak word. Die resultate wys daarop

dat maksimum produksie nie die enigste norm is om te oorweeg

nie. Kwaliteit moet ook in gedagte gehou word. Blaarrykheid met

minder en fyner stingels en hoë kwaliteit is besondere eienskappe

van Gayndah en borseltjiegras.

In

Tabel 3

word die bydrae van die vyf genoemde meerjarige gras-

se tot dierevoeding aangedui. Dit is onder droëlandtoestande ge-

produseer en word verder deur grond, vog en bestuur beïnvloed.

Indien meerjarige gewasse in ’n wisselboustelsel gebruik word,

word dit gewoonlik vir twee tot vier jaar op dieselde land verbou.

Korrekte weidingsbestuur van só ’n land, vir meer as een jaar, het

tot gevolg dat meer organiese materiaal opgebou kan word as

in ’n eenjarige stelsel. Vinnige wisselweiding, soos byvoorbeeld

hoë- of ultrahoëdrukbeweiding, word op sulke lande aanbeveel om

oorbeweiding en kompaksie van die grond te voorkom.

Algemene aanbeveling

Ter afsluiting van die reeks, herhaal ek net graag weer ’n paar

belangrike punte in die weidingsbestuur van dekgewasse:

Die gebruik van weidingsgewasse en weidende vee, in ’n wissel-

boustelsel, kan met goeie bestuur voordele vir grondgesondheid

inhou.

Indien kleigronde klam is, kan lang en aanhoudende beweiding

kompaksie veroorsaak. Dit is veilig om vir korter tye, op grond

wat nie te nat is nie, vinnige wisselweiding toe te pas.

Die neerlating van mis en urine en die intrapping van organiese

materiaal speel ’n groot rol in grondverbetering.

Vir meer inligting, kontak die outeur by 082 873 4736 of

chriswei@

vodamail.co.za.

5: Bloubuffelsgras.

5