

Weidingsgewasse as
dekgewasse in bewaringsland-
bou- en wisselboustelsels
W
eidingsgewasse word al meer as dekgewasse aan-
gewend – veral waar lewende hawe as laaste element
in ’n siklus op dié dekgewasse geplaas word. Daar is
verskillende opsies en verskillende stelsels wat deel
vorm van bewaringslandbou, wat oorweeg kan word.
Die gebruik van weidingsgewasse as dekgewasse in bewarings-
landbou word in die volgende drie aflewerings aangebied:
Een: Inleiding en eenjarige wintergewasse.
Twee: Eenjarige somergewasse (op bladsy 32).
Drie: Die algemene rol wat weidingsgewasse in die beplan-
ning van wisselbou speel en meerjarige somergewasse (op
bladsy 35).
Vir vele jare is die sogenaamde monokultuurstelsel gebruik, waarin
mielies jaarliks op dieselfde lande geplant is. Die gebruik van
wisselboustelsels, waarin verskillende dekgewasse gebruik is, het
egter oor tyd ontwikkel. Die toepassing van ’n geenbewerkingstelsel
(
no-till
) het ook sterk na vore getree – wat alles deel vorm van ’n
holistiese bewaringslandboustelsel.
Produsente in ’n gemengde boerderystelsel (graan plus vee)
maak ook gebruik van wisselboustelsels met weidingsgewasse as
dekgewasse. Die vraag wat hieruit onstaan, is: Watter dekgewasse
kan gebruik word?
Die hoofdoel van hierdie reeks artikels is om inligting oor wei-
dingsdekgewasse met jou te deel en aan te dui watter van die
volgende voordele dit inhou:
Dekgewasse kan die grond verbeter deur die voorsiening van
organiese materiaal en koolstof (soos aangedui in
Figuur 1
).
Peulplante verhoog ook die stikstofinhoud.
Sommige plante verminder ook skadelike organismes, soos
aalwurm, in die grond.
Plante sirkuleer ook plantvoedingstowwe in die grond.
Dit deurlug die grond.
Verder verminder dit erosie en kompaksie.
Dan natuurlik voorsien dit ook goeie voer aan die vee. ’n Wis-
selboustelsel wat graan, weidingsgewasse en vee insluit, sit dus
pap (plus melk) en vleis op die tafel, maar ook vrugbare grond.
Watter weidingsgewasse is geskik as dekgewasse in wisselbou
en hoe word dit bestuur?
Eenjarige wintergrasse
In gebiede met ’n reënval van 650 mm en hoër kan die gewasse
onder droëland aangeplant word – veral in dele met laat somerreën.
Dit sluit groot dele van die Oos-Vrystaat, Suid-Gauteng, Noordwes
Provinsie, Mpumalanga en Noord-KwaZulu-Natal in.
November 2018
28
D
E
K
G
E
W
A
S
S
E
Kollig
PROF CHRIS S DANNHAUSER,
emeritus professor, Weidingkunde
Deel 1: Eenjarige wintergewasse
1: Hawer as groenbemesting.
2: Stoelrog wat in Februarie as ’n winterdekge-
was geplant is. Ottosdal bewaringslandbouproef,
Noordwes Provinsie.
1
2