

Gewasse soos hawer (
Foto 1
), stoelrog (
Foto 2
) en korog is van
die bekendes wat onder droëlandtoestande aangeplant word. Die
algemeenste plantdatum vir wintergroenvoer is in Februarie/Maart
en in warmer dele dalk so laat soos April. Indien besproeiing be-
skikbaar is, speel eenjarige raaigras ook ’n belangrike rol.
Die vraag ontstaan: Wat is die invloed van laat plant (April/Mei)
van groen voer op die produksie daarvan, met die oog daarop om dit
in ’n mielieverbouingstelsel in te pas?
Die verbetering van wintergroenvoerspesies en die ontwikkeling
van nuwe kultivars het daartoe gelei dat die vestiging en groeiperio-
des van die gewasse nou oor langer periodes strek. Van hierdie
kultivars is kortgroeiseisoentipes, wat gewoonlik gedurende laat
herfs en vroeg winter die hoogste produksie lewer. Van die ander
kultivars is langgroeiseisoentipes, wat gewoonlik in laat winter en
gedurende die lente produseer.
Onlangse navorsing is gedoen om die invloed van latere vestiging
op die produksie en kwaliteit van groen voer te ondersoek. Die
aanplanting van hawer (Witteberg), stoelrog (LS 35 en LS 62) en
korog (Cloc 1), wat onderskeidelik so laat soos 4 Mei en 6 Junie
geplant is, is ontleed.
Laat aanplantings maak van wintergewasse goeie dekgewasse
nadat mielies geoes is en voordat die volgende mielies geplant
word. Weer eens is goeie en/of laat reëns nodig.
Die reënval vir die spesifieke groeiseisoen waarin die onlangse
navorsing gedoen is, was relatief laag, met 110 mm van Januarie tot
Mei, 75 mm vir Junie tot September en goeie neerslae vir Oktober
(151 mm) en November (55 mm). Daar is wel 15 mm tot 20 mm per
week besproei in tye wanneer geen of min reën voorgekom het.
Al vier kultivars het, indien dit in Mei aangeplant is, goed gedoen
(tussen 6 t/ha en 7 t/ha in die laat winter). LS 35- en LS 62-stoelrog
het selfs so laat soos in November geproduseer (2 t/ha - 3 t/ha); en
Witteberg-hawer en Cloc 1-korog tot in Oktober (3,5 t/h - 4 t/ha).
Met die Junie-aanplanting het die gewasse in Augustus/Sep-
tember goed gedoen (LS 35-stoelrog met 7 t/ha, LS 62 5 t/ha en
Cloc 1 4,5 t/ha), maar het later verswak. LS 35-stoelrog was ’n laat en
hoë produseerder, terwyl Cloc 1-korog die langste geproduseer het
– tot in November. Hierna kan mielies nog met vroeë somerreën
geplant word.
Eenjarige winterpeulgewasse
Weiwieke (
Foto 3
) doen goed op leemgronde – selfs met lae
vrugbaarheid. Dit is koue- en droogtebestand, ’n aktiewe ranker,
toon geen opblaas nie en is ’n stikstofproduseerder. Dit word dik-
wels met hawer of stoelrog en radyse gemeng – wat hoë kwaliteit
weiding bied.
Serradella is goed aangepas op sandgrond en nie so goed op
kleigrond nie. Dit het ’n diep wortelstelsel wat goeie deurlugting
veroorsaak, heelwat organiese materiaal, asook stikstof terugplaas.
Dit vorm ’n kruipende ranker en veroorsaak geen opblaas nie. Dit
lewer ook ’n goeie mengsel met hawer en stoelrog vir beweiding.
Assegaaiklawer (
Foto 4
) is minder droogtebestand as die vorige
twee genoemde peulgewasse. Dit doen goed op klam grond in koel,
hoë reënvaldele, maar die beste onder besproeiing. Dit is ’n aktiewe
ranker, met ’n hoë drakrag en lae opblaasgevaar.
Die winterpeulgewasse speel veral ’n belangrike rol in mengsels
met wintergrane wat tradisioneel as groen voer gebruik word.
Dit voorsien stikstof aan die grond en hoëproteïenweiding aan
lewende hawe in die winter.
3: Wieke.
4: Assegaaiklawer.
5: Japannese radys.
29
November 2018
3
4
5
Figuur 1: ’n Voorstelling van die rol van grond, weiding en die weidende
dier in die hersirkulering van organiese materiaal en koolstof.