Previous Page  66 / 75 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 66 / 75 Next Page
Page Background

DIE

GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF

VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD

ႈႈ

Produksiegebiede

Nie alle provinsies in Suid-Afrika is ewe geskik vir die produksie van sojabone nie.

Gedurende die 2013-seisoen is byvoorbeeld gerapporteer dat sojabone hoofsaaklik in

die Vrystaat (42%), Mpumalanga (40%) en KwaZulu-Natal (6%) Provinsies verbou is.

Klein aanplantings is wel in die Limpopo, Gauteng en Noordwes Provinsies aangetref.

Kanola

Produksie

Kanola is ’n wintergewas wat veral in die blom-, peulvorm-, en saadsetstadiums

relatief koel, vogtige toestande verlang vir die beste resultate. In Suid-Afrika kan

kanola verbou word in alle gebiede waar koring verbou word, maar dit lewer nie

orals dieselfde goeie resultate nie. Tans (2016) vind kommersiële kanolaverbouing

hoofsaaklik in die Wes- en Suid-Kaap plaas.

In Suid-Afrika word net kanola

brassica napus

kommersieel verbou.

Soos in die geval van koring, word kanolakultivars hoofsaaklik volgens behoefte

aan koue ingedeel. Dit word in wintertipes, intermediêretipes en lentetipes inge-

deel. Hierdie benaming het weinig te doen met die tyd van die jaar wanneer dit

geplant word, maar veel meer met die kultivars se behoefte aan koue. Die lentetipe

is die mees geskikte vir Suid-Afrikaanse omstandighede.

Kanola pas baie goed in by ’n rotasiestelsel vir koring, dit lewer ’n goeie bydrae tot

die gehalte van die grond en vergemaklik onkruidbeheer op die land. Oorskakeling

vanaf koring- na kanolaproduksie vereis nie noodwendig ’n groot addisionele kapi-

tale belegging nie, omdat baie van die implemente wat gebruik word dieselfde is as

dié vir koringproduksie. Aanpassing met vervoer is wel nodig omdat die saad baie

klein is en maklik uit gewone massavragte verloor kan word.

Kanola/raapsaadoeste is van die grootste onder oliesade in die wêreld en het in

2009/2010 bykans 14% van die wêreld se totale oliesadeproduksie bygedra. In

daardie jaar was die totale kanola/raapsaadproduksie in die wêreld bykans 55 mil-

joen ton.

Kwynende winsmarges uit die produksie van tradisionele wintergraangewasse, as

gevolg van lae produsentepryse en immer stygende insetkostes gedurende die

laat 1980’s, het ’n behoefte laat ontstaan aan alternatiewe kontantgewasse wat in

die Swartland en Suid-Kaap verbou kon word. Dit het daartoe gelei dat saad van

vier gewasse vir proewe ingevoer is, naamlik kanola, lynsaad, sonneblom en verf-

blom. Proewe wat oor ’n tydperk van drie jaar, vanaf 1990 tot 1992, op verskeie

plekke in die Swartland en Suid-Kaap met die vier gewasse gedoen is, het daarop

gedui dat kanola wat van Australië afkomstig was, die beste potensiaal vir die ge-

bied getoon het. Gevolglik is besluit dat die meeste klem daarop gelê sou word.

450

400

350

300

250

200

150

100

50

0

Ton (duisend)

1993/1994

1994/1995

1995/1996

1996/1997

1997/1998

1998/1999

1999/2000

2000/2001

2001/2002

2002/2003

2003/2004

2004/2005

2005/2006

2006/2007

2007/2008

2008/2009

2009/2010

2010/2011

2011/2012

2012/2013

2013/2014

2014/2015

Grafiek 32: Die verhoudelike produksie van sojabone per provinsie vanaf 1993/1994 tot 2014/2015

Mpumalanga

Vrystaat

KwaZulu-Natal

Gauteng

Limpopo

Noordwes

DIE NAAM

CANOLA

IS

DEUR DIE

WESTERN

CANADIAN OILSEED

CRUSHERS ASSOCIATION

GEREGISTREER.

DIE NAAM IS SOOS

VOLG SAAMGESTEL:

“CAN” VANAF CANADA,

“O” VANAF OIL EN

“LA” VANAF “LOW ACID”.