DIE
GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF
VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD
ႈႄ
het die beskikbaarheid van gehalte markinligting ’n wesenlike risiko vir produsen-
te ingehou.
Voortspruitend uit die Uruguay-rondte van die AOTH is kwantitatiewe invoerbe-
heer ten opsigte van oliesade in 1995 met tariefbeheer vervang. ’n Noodwendige
gevolg daarvan was dat enige persoon oliesadeprodukte kon invoer teen betaling
van die tarief, onderhewig aan fitosanitêre vereistes, wat beteken het dat Suid-
Afrikaanse produkte tot ’n groter mate aan internasionale mededinging blootgestel
is. Die internasionale pryse het dus ’n belangriker faktor in die vestiging van die
binnelandse produsenteprys geword.
Sedert sonneblomsaad in Februarie 1999 op Safex begin verhandel het, was dít die
forum waar die prys daarvan bepaal is. Die prysvlakke van sonneblomsaad word wel
deur die plaaslike vraag en aanbod daarvan beïnvloed, maar die vraag en aanbod van
sonneblomolie in sowel die plaaslike as die internasionale markte speel ook ’n rol.
Dit blyk dat die internasionale prys van sonneblomolie as ’n riglyn vir die Suid-
Afrikaanse prys van sowel sonneblomsaad as sonneblomolie dien. Die Argentynse
sonneblomolieprys is veral van belang, omdat die twee lande se bemarkingsei-
soene ooreenstem. Die feit dat Suid-Afrika ’n netto invoerder van sonneblomolie
is, wat as ru-olie ingevoer word, beteken dat die plaaslike sonneblomprys naby aan
invoerpariteit verhandel.
In die aanloop tot groter deregulering van die landboubedryf en spesifiek met die
verandering van die eenkanaalbemarkingstelsel vir sonneblomsaad na ’n surplus-
verwyderingskema, het Minister Hanekom (Landbou en Grondsake) gedurende
Januarie 1996 toestemming gegee dat ’n bedrag van R34,26 miljoen betaal word
aan sonneblomprodusente wat vanaf 1988/1989 tot 1994/1995 sonneblomsaad
aan die Oliesaderaad verkoop het. Die bedrag is betaal uit fondse wat in die sonne-
blomreserwe opgeloop het en wat die Oliesaderaad se behoefte aan reserwes vir
die nuwe surplusverwyderingskema oorskry het.
Navorsing en inligting
Navorsing ten opsigte van sonneblom, sojabone en grondbone word onder andere be-
fonds uit die inkomste van die Oliesadetrust en die Proteien Navorsingstigting (PNS).
In die tydperk voor die totstandkoming van Graan SA, het NOPO ’n inligtingsdiens
per outofaks ingestel en suksesvol bedryf. Die inligtingsfunksie oor die sonneblom-
industrie word tans hoofsaaklik deur SAGIS verrig, terwyl Graan SA ’n belangrike
rol speel in die bevordering van die bedryf in geheel.
Sojabone
Oorsprong
Uit die Cedara Memoirs blyk dit dat sojabone in 1903 in Suid-Afrika bekendgestel is.
VERGOED OP OLIE-INHOUD, VRA PRODUSENTE
Tydens NOPO se kongres in Februarie 1997 is versoek dat produsente oor-
eenkomstig die olie-inhoud van sonneblomsaad vergoed word. Die reaksie
van die verwerkers was dat hul bereid sou wees om produsente sodanig te
vergoed, mits die sonneblomsaad op grond van oliebasis vir hulle aange-
bied kon word. Uit gesprekke met die silo-industrie het dit egter geblyk dat
dit logisties nie moontlik sou wees om sonneblomsaad volgens die verskil-
lende olie-inhoudsvlakke in silo’s te berg nie en die versoek kon nie op groot
skaal geakkommodeer word nie.
Een van die groot landboubesighede in Suid-Afrika, Senwes, het wel
besluit het om gedurende die 1998-seisoen sonneblom op ’n oliebasis aan
te koop. Die produsenteprys sou bereken word op ’n olie-inhoud van 42%,
met ’n glyskaal wat in werking tree wanneer die olie-inhoud hoër of laer
as 42% was.