Previous Page  71 / 75 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 71 / 75 Next Page
Page Background

ႉႃ

HOOFSTUK 1

wat gedurende Januarie 2013 gevul is, is in Graan SA se strukture gevestig, maar

deur die Mielietrust befonds, met ’n kleiner bydrae deur die Wintergraantrust.

Die program is in Graan SA as die Produsente-innoveringsprogram vir Bewarings-

landbou gevestig met die volgende hoof strategiese doelwitte:

• Om groter bewusmaking vir bewaringslandbou te skep;

• om toegang tot inligting vir alle betrokkenes te verbeter;

• om beter opleiding van sleutelrolspelers in bewaringslandbou te bereik;

• om meer navorsing op die plaas te doen met produsente as deelnemers.

Dit word as belangrik vir die sukses van die program geag om produsente te erken

en as primêre, unieke innoveerders te gebruik, omdat die sukses daarvan in die

eerste plek afhang van aanvaarding en innovering deur die produsente. Navorsing

word op die plaas gedoen in samewerking met verskillende rolspelers met die pro-

dusent in die sentrale rol, waardeur verseker word dat behoorlike klem gelê word

op die ervaring en bewusmaking wat daarmee saamgaan, wat sleutelelemente van

die program is. Wanneer dít bereik is, kan tegniese en wetenskaplike ondersteu-

ning die bestuur van die proses suksesvol maak.

Die doel van die program is om produsente te bemagtig sodat hulle innoverend

kan raak en volhoubare landboupraktyke implementeer en toepas.

Die proses wat gevolg word, is om eerstens goed georganiseerde en toegewyde

produsentestrukture, soos studiegroepe, stokvels by kleinboere en No Till-klubs

wat bereid is om die program te ondersteun, ook bekend as produsente-innove-

ringsplatforms, te identifiseer. In samewerking met daardie groepe produsente

word projekte ontwerp waar prioriteite, aktiwiteite en gapings geïdentifiseer word.

Ten einde die gapings aan te spreek, word ander rolspelers, soos navorsers, voor-

ligters, insetverskaffers en vervaardigers betrek om volledige werkspakkette te

ontwerp en te implementeer. Die projek bestaan dus hoofsaaklik uit produsente,

maar sluit ook tegniese en ander kundiges en ondersteuning in.

Graan SA het in 2013 met doelgerigte bewaringslandbouprojekte onder kommer-

siële produsente begin, waarvan die eerste saam met die Ottosdal No Till-klub

in die Noordwes Provinsie was. Die oogmerk in 2014 was om addisionele fondse

vanaf die Mielietrust te verkry en na nog produsente-innoveringsplatforms van

hierdie aard te kanaliseer, veral in gebiede waar bewaringslandbou nog nie werklik

aanvaar is of posgevat het nie. Die Oos-Vrystaat is een so ’n gebied, waar alreeds

spesifieke studiegroepe geïdentifiseer is wat Graan SA wil gebruik om projekte oor

bewaringslandbou te skep en te loods.