ႈႇ
HOOFSTUK 1
sowel as voedselgewas verhoog, wat ook saadmaatskappye aangemoedig het om
verbeterde saadvariëteite te ontwikkel.
Die Departement van Handel en Nywerheid het vanaf ongeveer 2010 uitgebreide
prosesse geïnisieer met die oog op die ontwikkeling van nuwe sojaverwerkings-
aanlegte en verbeterings aan bestaande fasiliteite.
Daarbenewens het die hoë voedingswaarde van sojabone en die verhoogde in-
dustriële vraag daarna die verbouing van sojabone vanaf ongeveer 2010 aange-
help. Die aantreklikheid van sojaboonproduksie en die waarde van die bedryf is
verder aangehelp deur goeie oesopbrengste in veral die top sojaboonproduse-
rende gebiede, gekoppel met gunstige markpryse wat die opbrengs per hektaar
vir produsente aansienlik verhoog het. Markomstandighede het ook sodanig
begin verander dat die verwerking van sojabone meer aantreklik geword het en
inderdaad toegeneem het, wat die vraag na sojabone verder verhoog.
Veral sedert die inwerkingtreding van die Wet op Geneties Gemanipuleerde Orga-
nismes in 1997, waarna nuwe GMO kultivars in die RSA vrygestel is, het die opper-
vlakte waarop sojabone verbou is, sowel as totale produksie, aansienlik toegeneem.
Tussen 1997 en 2014 het die area van 87 000 ha tot 502 900 ha en produksie van
120 000 ton tot 867 700 ton toegeneem, soos op die bostaande diagram aangetoon
word. Die BFAP voorspel dat dit kan uitbrei tot soveel as 605 000 ha teen 2020 en dat
die opbrengs per hektaar in daardie tydperk aansienlik sal verbeter, wat as ’n groot
insentief vir produsente kan dien om sojaboonproduksie verder uit te brei. Die BFAP
voorspel ook dat die plaaslike vraag na sojameel vanaf 2012 tot 2020 kan verdubbel.
Hierdie faktore en verwagte ontwikkelings, tesame met die waarde van sojabone
as ’n rotasiegewas, weens verhoogde stikstofvlakke in die grond, dui op goeie
vooruitsigte vir Suid-Afrikaanse sojaboonproduksie.