Previous Page  61 / 75 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 61 / 75 Next Page
Page Background

ႈႃ

HOOFSTUK 1

In- en uitvoer

Sonneblomsaad word tradisioneel op ’n baie beperkte skaal deur Suid-Afrika uit-

gevoer, veral omdat die uitvoer daarvan as gevolg van die massa-volumeverhou-

ding as onekonomies beskou is. Sonneblomsaad mag alleenlik uitgevoer word

indien dit aan die voorgeskrewe fitosanitêre vereistes voldoen en deur PPECB as

geskik vir uitvoer gesertifiseer is.

Gedurende die eerste helfte van 1996 het ’n skerp daling in die rand/dollar-wis-

selkoers en ’n sterk vraag na plantaardige olie en oliekoek in Europa en Brittanje

’n goeie geleentheid vir die winsgewende uitvoer van sonneblomsaad geskep, na

aanleiding waarvan 100 000 ton daarvan uitgevoer is. Dit was die eerste uitvoere

van sonneblomsaad deur Suid-Afrika in meer as ’n dekade.

Suid-Afrika is ’n netto invoerder van sonneblomolie, wat dus teoreties ruimte

laat vir die uitbreiding van plaaslike sonneblomproduksie. Die feit is egter dat

oliekoek wat van sonneblomsaad verkry word, nie van dieselfde hoë kwaliteit

as dié van, byvoorbeeld, sojabone is nie. Die mark vir sonneblomoliekoek is ook

beperk weens beperkte gebruik daarvan in veevoerformulerings as gevolg van

hoë veselinhoud. Hierdie feite plaas ’n demper op die motivering om produksie

van sonneblom uit te brei.

Bemarking en pryse

Gedurende die gereguleerde tydperk het die Oliesaderaad die meeste aspekte

van die oliesade-industrie en dus ook sonneblom in ’n eenkanaalstelsel beheer.

Produsentepryse van sonneblomsaad is deur plaaslike vraag en aanbod sowel

as pryse van die Oliesaderaad se uitvoerpoele bepaal en het nie gedurende die

seisoen gewissel nie. Hierdie situasie het egter in die laaste jare voor die in-

werkingtreding van die Wet op Bemarking van Landbouprodukte in 1997 en die

gepaardgaande afskaffing van beheerrade drasties verander.

Op ’n NOPO-kongres wat op 10 Maart 1994 gehou is, is besluit om by die Minister

van Landbou, dr Kraai van Niekerk, aan te beveel dat die eenkanaalpoelstelsel vir

sonneblomsaad sowel as sojabone, behou word, maar dat dit jaarliks hersien moet

word. Daar is ook aanbeveel dat produsente gedurende die 1994/1995-seisoen

toegelaat moes word om sonneblomsaad en sojabone direk aan geregistreerde

verwerkers te lewer. Die aanbevelings is deur die minister aanvaar en op 22 April

1994 is die Oliesadeskema dienooreenkomstig gewysig.

By NOPO se kongres in 1995 is aanbevelings vir veranderings aan die Oliesade-

skema vanaf die 1996/1997-seisoen aanvaar wat die weg vir volle deregulering van

die oliesadebedryf gebaan het. Dit het ingesluit dat pryse van sonneblomsaad en

sojabone voortaan in die markomgewing gevorm moes word, dat die produkte

vryelik tussen produsente en kopers verhandel kon word, dat internasionale

mededingendheid nagestreef moes word en dat ’n realistiese tariferingsbeleid vir

oliesade en oliesaadprodukte gehandhaaf moes word. Verder is aanbeveel dat die

Oliesaderaad behou moes word om sekere funksies te vervul, onder andere, om

’n surplusverwyderingstelsel vir grondbone en sonneblomsaad te administreer.

Die beginsels van die vrye mark wat hierdeur ingevoer is, het vereis dat produ-

sente deeglik kennis moes neem van die vraag-en-aanbodposisie in Suid-Afrika

en hulle produksie daarvolgens moet aanpas, aangesien daar nie langer net een

gewaarborgde koper was nie. Versuim om dit te doen het byvoorbeeld in 1996 tot

’n ooraanbod van sonneblomsaad gelei, omdat produsente nie ag geslaan het op

inligting wat die Oliesaderaad in Januarie en Februarie van daardie jaar bekend-

gestel het nie. Die Raad het naamlik bekend gemaak dat die aanvanklike kon-

trakte vir die plaaslike sonneblomoes feitlik volskryf was, maar nogtans is bykans

90 000 ha sonneblom daarna aangeplant. Dit het uiteindelik ’n ooraanbod van

75 000 ton sonneblomsaad in die binnelandse mark tot gevolg gehad wat teen

ongunstige en onwinsgewende pryse verkoop moes word.

Deregulering het noodwendig gelei tot gedifferensieerde pryse vir oliesade-

produkte na gelang van die afstand vanaf die belangrikste markte en die tyd van

lewering van die produkte. Dit het produksie in gebiede ver van die markte ont-

moedig. In die gedereguleerde omgewing het kontraktering direk tussen pro-

dusente en kopers geskied, met verhoogde risiko vir produsente. Daarbenewens