DIE
GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF
VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD
ႈႆ
Invoere
Plaaslike produksie voorsien slegs in ’n relatiewe klein deel van die Suid-Afrikaanse
vraag na sojabone, soos wat die tabel oor produksie en verbruiksyfers aan-
toon. Gevolglik word ’n groot deel van die binnelandse vraag na sojabone nog
steeds ingevoer.
Sojameel word hoofsaaklik uit Argentinië ingevoer, terwyl sojaboonolie grootliks
vanaf Argentinië en Brasilië ingevoer word.
Sojaboonsaad word vanaf verskeie lande ingevoer, waaronder die VSA, Nieu-Seeland,
Japan, Australië en ’n aantal Europese lande. Suid-Afrika produseer egter self ook
sojaboonsaad, wat deur die Plantverbeteringswet van 1976 gereguleer word. ’n Ge-
deelte daarvan word uitgevoer, hoofsaaklik na naburige lande, maar ’n kleiner gedeelte
ook na lande in Asië, Suid-Amerika en Europa.
Produsentepryse
Suid-Afrikaanse sojaboonpryse word hoofsaaklik beïnvloed deur die grootte van
die oes in Suid-Amerika, internasionale vraag en aanbod-tendense, skeepsvrag-
tariewe en die rand/dollar-wisselkoers.
Ontwikkeling
Die veranderde strategiese belang van sojabone, aanvanklik as ’n belangrike bron
van proteïen in die vervaardiging van dierevoeding en later as ’n sleutelbestand-
deel in voedsel vir mens en dier, het mettertyd tot ’n groter aanvaarding van
sojabone in die Suid-Afrikaanse landbou-omgewing gelei en het dit ’n plek in be-
leidsake begin kry. Die beleidsinisiatiewe het die status van sojabone as kontant-
1 200 000
1 000 000
800 000
600 000
400 000
200 000
0
Ton
1976/1977
1978/1979
1980/1981
1982/1983
1984/1985
1986/1987
1988/1989
1990/1991
1992/1993
1994/1995
1996/1997
1998/1999
2000/2001
2002/2003
2004/2005
2006/2007
2008/2009
2010/2011
2012/2013
2014/2015
Olie- en oliekoek
Menslike verbruik
Uitvoere
Volvet
Saad en voer
Grafiek 30: Sojaboonproduksie en verbruik vanaf 1976/1977 tot 2014/2015
6 000
5 000
4 000
3 000
2 000
1 000
0
R/ton
1990/1991
1991/1992
1992/1993
1993/1994
1994/1995
1995/1996
1996/1997
1997/1998
1998/1999
1999/2000
2000/2001
2001/2002
2002/2003
2003/2004
2004/2005
2005/2006
2006/2007
2007/2008
2008/2009
2009/2010
2010/2011
2011/2012
2012/2013
2013/2014
2014/2015
Grafiek 31: Sojaboonpryse vanaf 1990/1991 tot 2014/2015