DIE
GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF
VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD
ႈႊ
In wisselboustelsels soos hierdie het kanola meestal ’n verhoging in die opbrengs
van daaropvolgende graangewasse tot gevolg. Vergeleke met ’n koringmonokul-
tuurstelsel oor ’n vyfjaarperiode te Langgewensproefplaas het koringopbrengste
met 20% toegeneem in die eerste jaar nadat kanola op dieselfde land verbou is.
Verdere voordele van kanola in ’n wisselboustelsel is die vermindering van siek-
tes, meer doeltreffende onkruidbeheer, verbeterde wortelstelsel as gevolg van ’n
biologiese ploegaksie, doeltreffender benutting van planters en oesmasjiene en
beter verspreiding van finansiële risiko.
Kanola word hoofsaaklik vir die vervaardiging van kanola-olie en -oliekoek
aangewend en ding in die Suid-Afrikaanse mark met ander oliesade, soos sonne-
blom en sojabone, mee.
Kanola se olie-inhoud wissel tussen 36% en 50% olie en 20% tot 25% oliekoek met
’n proteïeninhoud van bykans 37%. Sowel onverwerkte kanola as kanola-oliekoek
is hoë kwaliteit produkte en is ’n baie goeie voeding vir vee.
Aangesien ’n groot gedeelte van die Suid-Afrikaanse vraag na plantaardige olie in-
gevoer word, speel die internasionale prys van oliesade ’n wesenlike rol in die prysbe-
paling van die plaaslike oliesade en dus ook oliekoek. Kanola se plaaslike prys word op
sy beurt weer op die plaaslike prys van sonneblom- en sojaboonprodukte gebaseer.
Internasionaal het kanola se produksie vanaf die middel 1970’s toegeneem vanaf
die sesde grootste oliesadegewas tot die tweede grootste in 2013. Die toename in
Suid-Afrika blyk uit die diagram hierbo.
Die proses vir die kweek van kanolasaad is baie tegnies. Manlike en vroulike plante
word afsonderlik geplant en bestuiwing vind uitsluitlik deur middel van heuning-
bye plaas. Samewerking tussen kanolaprodusente en heuningboere is dus van
uiterste belang.
In lande soos Kanada en Australië is vermeerdering van kanolasaad ’n groot bedryf,
maar in Suid-Afrika is tot in 2015 nog geen kanolasaad geproduseer nie.
BEWARINGSLANDBOU
Inleidend
Die konsep en praktyk van bewaringslandbou is gefundeer op die besef van die
absolute noodsaaklikheid van grond vir die produksie van voedsel vir ’n wêreld-
bevolking wat teen ’n geweldige koers toeneem, benewens vele ander uiters be-
langrike funksies wat dit vervul.
Die vertrekpunt van die bewaringslandboukonsep is dat bewaring en verbetering
van die kwaliteit en gesondheid van grond noodsaaklik is vir volhoubare landbou,
die omgewing en gevolglik ook plante, mense en diere. Grondgesondheid in hier-
die konteks word gesien as die vermoë van grond, as lewende ekosisteem, om
volgens potensiaal te presteer. Hierdie vermoë is egter iets wat met verloop van
tyd agteruit gaan as gevolg van die verkeerde gebruik daarvan en die invloed van
natuurlike elemente daarop.
Grond is nie ’n onuitputbare bron nie. Na beraming gaan nagenoeg 12 miljoen
hektaar bewerkbare grond, waarop 20 miljoen ton graan geproduseer kon word,
jaarliks wêreldwyd verlore as gevolg van gronddegradasie en het sowat 30% van
die aarde se voedselproduserende grond vanaf ongeveer 1960 as gevolg van ero-
sie onproduktief geword.
Indien dié tendens nie vinnig omgedraai word en grondbewaring en -verbetering ’n
werklikheid word nie, kan dit onmoontlik word om genoeg voedsel vir die wêreld
se groeiende bevolking te produseer. Kenners op die gebied glo dat bewarings-
landbou ’n groot bydrae tot grondgesondheid en -bewaring kan maak.
In Suid-Afrika het volgehoue intensiewe grondbewerking uitermate hoë grond-
degradasie in die graanproduserende gebiede tot gevolg gehad. In ’n studie wat
gedurende 2008 deur die LNR uitgevoer is, is bevind dat die gemiddelde verlies
aan grond as gevolg van graanproduksie in die land sowat 13 ton/ha/jaar beloop,
wat baie hoër is as die koers waarteen natuurlike grondvorming plaasvind. Die