DIE
GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF
VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD
ႉႂ
slotsom is dat landbouproduksie- en -bestuursmodelle sal moet verander om
ekonomies lewensvatbare landbouproduksie oor die lang termyn te verseker.
Ontstaan
Die konsep van bewaringslandbou het in die 1930’s tydens die sogenaamde “Dust
Bowl” in die VSA ontstaan. Dit het verwys na ontsaglike gronddegradasie weens
water- en winderosie wat die Amerikaanse produsente ervaar het as gevolg van
intensiewe bewerkingspraktyke en gepaardgaande grondversteuring. Gedryf deur
die besef dat hulle iets daadwerkliks daaromtrent sou moes doen, het die produ-
sente begin eksperimenteer met bewaringslandboupraktyke en -beginsels. Nadat
die Amerikaanse regering en die tegniese kundiges betrokke geraak het, het die
benadering al wyer begin uitkring, waar produsente altyd aan die spits daarvan is.
In die daaropvolgende paar dekades het die benadering oorgespoel na lande soos
Kanada, Suid-Amerika en Australië en in die laat 1960’s ook na Suid-Afrika waar dit
veral in KwaZulu-Natal posgevat het. Die KwaZulu-Natalse No Till-klub is gevorm,
wat ’n belangrike bydrae gelewer het om die benadering onder plaaslike omstan-
dighede te implementeer. In die 1980’s en 1990’s is baie navorsing oor bewarings-
landbou in samewerking met die KwaZulu-Natal No Till-klub en sy lede gedoen.
In KwaZulu-Natal was daar dus ’n redelike goeie aanvaarding van die toepassing
van bewaringslandboupraktyke. Dit het in die 1990’s ook na die Wes-Kaap uit-
gebrei, waar die toetrede tot bewaringslandbou veral deur ekonomiese realiteite
gedryf is. Die produsente in daardie gebiede was verplig om veranderings in hul
boerderypraktyke aan te bring ten einde meer volhoubaar en ekonomies lewens-
vatbaar te wees.
Teen die einde van 2014 was daar na raming ’n sowat 70 - 80% aanvaarding van be-
waringslandbou onder produsente in die Wes-Kaap en ongeveer 60% in KwaZulu-
Natal, maar in die res van Suid-Afrika baie min.
Wêreldwyd word na raming jaarliks sowat 100 miljoen hektaar akkerbougewasse
onder bewaringslandbou verbou. In lande soos Argentinië, Brasilië, die VSA en
Australië beloop die aanvaardingsvlakke van bewaringslandbou onder produsente
meer as 70%.
Produsente-innoveringsprogram vir Bewaringslandbou
In Suid-Afrika het die Mielietrust in die tweede helfte van die 2000’s besluit om
’n groter fokus op bewaringslandbou te plaas en het die Trust inderdaad fondse
vir bewaringslandbouprojekte bewillig. ’n Paar jaar later het die Mielietrust en
Graan SA saam besluit om ’n pos te skep vir ’n kundige wat voluit daarop sal fokus
om bewaringslandbou onder alle graanboere in Suid-Afrika te bevorder. Die pos,
Die Dust Bowl van die 1930’s.