ႈႅ
HOOFSTUK 1
Die saad is vanaf China ingevoer, maar produsente het min of geen kennis daarvan
gehad nie en het heelwat probleme met die verbouing daarvan ondervind, veral
omdat daar ook nie veel inligting beskikbaar was nie. Sojaboonproduksie het dus
nie dadelik werklik in Suid-Afrika posgevat nie.
Die destydse Departement van Landbou het egter vasbeslote daaraan gewerk om
die produksieprobleme deur die ontwikkeling van gevorderde produksiemetodes
te verminder. Die Departement het ook verskeie inisiatiewe geloods om begrip te
kweek vir die geleenthede wat sojaboonproduksie in Suid-Afrika gebied het en die
produksie van die gewas aan te moedig.
In 1942 is ’n Voerkomitee aangestel om spesifiek ondersoek in te stel na sake ra-
kende veevoer en die verbetering daarvan. Daardie komitee, tesame met die
Departement van Landbou, die Oil Expressers Association en die Animal Feed
Manufacturers Association (AFMA) het waarskynlik daarna die belangrikste rol
gespeel om die produksie van sojabone in Suid-Afrika te stimuleer.
Produksie
Suid-Afrika is tradisioneel ’n invoerder van sojabone.
Gedurende die 1940’s is sowat 75% van Suid-Afrika se behoefte aan olie- en pro-
teïensade, wat sojabone ingesluit het, vanaf Europa en die VSA ingevoer, aangesien
die plaaslike produksie nie in die vraag kon voorsien nie. Kommer oor die beskik-
baarheid van vragruimte om oliesade in te voer het klaarblyklik die Oil Express-
ers Association gemotiveer om die stigting van die Animal Feed Manufacturers
Association (AFMA) te finansier met die oogmerk om die invoer en verspreiding
van veevoer met ’n hoë proteïeninhoud in Suid-Afrika te fasiliteer.
Navorsing wat te Potchefstroom oor die produksie van sojabone gedoen is, het
gelei tot die bekendstelling in 1950 van die eerste sojaboonkultivar wat spesifiek vir
Suid-Afrikaanse toestande gekweek is. Die kultivar het as Geduld bekend gestaan.
Ondanks deurlopende pogings en navorsing om die produksie van sojabone in
Suid-Afrika te verhoog, het dit eers gedurende die laat 1990’s redelike momentum
begin kry, maar selfs na 2010 het sojabone steeds net ’n klein, hoewel belangrike
en groeiende komponent, van die Suid-Afrikaanse graanekonomie uitgemaak.
Toenemende opbrengste, ondersteun deur ’n gunstige landboubeleidsomgewing
wat die kommersialisering en gebruik van landboubiotegnologie ondersteun het,
asook die gebruik daarvan as wisselbougewas vir mielies, het dit vir kommersiële
produsente moontlik gemaak om gemaklik vanaf die produksie van tradisionele
graansoorte na sojabone oor te skakel.
Grafiek 29 toon die veranderings in die omvang van produksie van oliesade in
Suid-Afrika vanaf 1970/1971. Die groei in produksie van sojabone relatief tot die
ander oliesadegewasse blyk duidelik daaruit.
DIE CEDARA MEMOIRS
ON SOUTH AFRICAN
AGRICULTURE IS DEUR
ER SAWER IN
SAMEWERKING MET
DIE DEPARTEMENT VAN
LANDBOU VAN NATAL
GESKRYF EN IN 1909
UITGEGEE.
DIT HET OOR
VERSKILLENDE
VERTAKKINGS VAN
DIE SUID-AFRIKAANSE
LANDBOUBEDRYF
GEHANDEL, WAARONDER
GRAAN, LEWENDEHAWE
EN TABAK.
1 200 000
1 000 000
800 000
600 000
400 000
200 000
0
Ton
1975/1976
1977/1978
1979/1980
1981/1982
1983/1984
1985/1986
1987/1988
1989/1990
1991/1992
1993/1994
1995/1996
1997/1998
1999/2000
2001/2002
2003/2004
2005/2006
2007/2008
2009/2010
2011/2012
2013/2014
Grondbone
Sojabone
Sonneblomsaad
Grafiek 29: Veranderings in tonnemaat produksie van oliesade in Suid-Afrika vanaf 1975/1976 tot 2013/2014