Previous Page  67 / 75 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 67 / 75 Next Page
Page Background

ႈႉ

HOOFSTUK 1

Kanola is vir die eerste keer in 1992 in Suid-Afrika geproduseer toe 13 kg saad

tussen 30 produsente verdeel is om die eerste kanola op ’n kommersiële basis in

die land te verbou. Die oes, wat op sowat 400 ha verbou is, het in totaal ongeveer

500 ton kanola opgelewer.

Vanaf hierdie beskeie begin het die kanolabedryf veral in die Suid-Kaap baie

vinnig gegroei en is daar in 1996 alreeds ongeveer 15 000 ha kanola in hierdie ge-

bied geplant. Produksie van kanola in die Suid-Kaap is verder bevorder deur die

stigting van die maatskappy Southern Oil Bpk (SOILL) in 1996, wat ’n oliepers te

Swellendam opgerig het.

Hoewel produksie in die Swartland nie so vinnig soos in die meer suidelike dele van

die Wes-Kaap toegeneem het nie, het die oprigting van ’n oliepers op Moorreesburg

gedurende 1998/1999 ook die produksie van kanola in daardie gebied bevorder. Die

pers is later gesluit en kanola van die gebied word na Swellendam gestuur.

Gedurende die jare 1998/1999 tot 2003/2004 het die oppervlaktes waarop kanola

verbou is, vanaf 21 000 ha tot meer as 44 000 ha toegeneem, maar daarna weer

teruggesak tot tussen 32 000 ha en 34 000 ha vir die jare 2006/2007 tot 2008/2009.

Hierdie stagnasie en selfs afname in produksie kan aan verskeie faktore toegeskryf

word, waarvan lae en wisselvallige opbrengste een van die belangrikstes was.

Kanolaprodusente in die Suid-Kaap het gedurende daardie tydperk ook probleme

ondervind met slakke en plantluise wat landerye sodanig beskadig het dat dit dik-

wels hersaai moes word.

Suid-Afrika se kanolaproduksie lewer slegs ’n baie klein bydrae tot wêreldproduk-

sie. In 2008/2009 was dit sowat 30 000 ton van ’n wêreldproduksie van 57,97 mil-

joen ton. Teen 2013/2014 het dit tot sowat 139 500 ton toegeneem, teenoor die

wêreldproduksie van sowat 71 miljoen ton.

Nogtans word dit beraam dat die potensiaal vir kanolaverbouing in die Swartland

en Suid-Kaap sowat 150 000 ha is, met die belangrikste gebied vir uitbreiding in

terme van hektare in die Swartland.

Opbrengs

In die Swartland en Suid-Kaap varieer opbrengste onder droëland vanaf 1,0 ton/ha

tot 1,8 ton/ha, maar opbrengste van tot 2,5 ton/ha is al deur produsente verkry. Onder

besproeiingstoestande is opbrengste van meer as 4 ton/ha al in proewe behaal.

Wisselbou

Kanola is ’n uitstekende wisselbougewas met ander graan- en weidingsgewas-

se. Veral die tipes wat weerstand teen onkruiddoder bied, maak dit moontlik dat

kanola in groot gebiede in ’n wisselboustelsel met koring ingesluit kan word. In

die Swartland word dit nie meer as een keer in ’n vier jaar siklus op dieselfde land

verbou nie en in die Suid-Kaap nie meer as een of twee keer in ’n tien jaar siklus nie.

160 000

140 000

120 000

100 000

80 000

60 000

40 000

20 000

0

Totale area en opbrengs

Ton/ha

1998/1999

1999/2000

2000/2001

2001/2002

2002/2003

2003/2004

2004/2005

2005/2006

2006/2007

2007/2008

2008/2009

2009/2010

2010/2011

2011/2012

2012/2013

2013/2014

2013/2014

Grafiek 33: Kanolaproduksie

Ton

Hektaar

Ton/ha

2

1,5

1

0,5

0

1,24

0,92

1,11

1,15

1,10 1,14

1,20

0,95

0,92

0,70

0,91

1,15

1,35

1,81

1,55 1,55

1,06