DIE
GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF
VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD
ႅႊ
vervaardig is. Durumkoring was nie geredelik in Suid-Afrika beskikbaar nie en moes
ingevoer word, Dit was egter in ’n tyd waarin Suid-Afrika ’n oorskot koring geprodu-
seer het, wat teen ’n verlies uitgevoer moes word en wat dit moeilik gemaak het om
die invoer van durumkoring te regverdig.
Gevolglik is in die 1971/1972-seisoen begin met pogings om ’n geskikte durumkul-
tivar vir Suid-Afrika te kweek. Die Koringraad het in dieselfde jaar ook spesifieke
aandag gegee aan die ontwikkeling van ’n sogenaamde sagte koringkultivar ten
einde in die behoeftes van beskuitjievervaardigers te kan voorsien.
Toenemende meganisasie, hoër opbrengste en groter, meer effektiewe plase het
alles tot verhoogde produksie vanaf die 1960’s bygedra. Daarbenewens is die
bedryf ondersteun deur die Koringraad se gewaarborgde, stabiele pryse wat dik-
wels op hoër vlakke as wêreldpryse vasgestel is, asook hulp van staatsweë, soos
relatief goedkoop lenings wat deur die Land Bank aan produsente toegestaan is.
Terselfdertyd het ekonomie van skaal, konsentrasie van mag en monopolieë in die
koringwaardeketting gegroei. Koöperasies, wat deur produsente besit en beheer
is, was as agente van die Koringraad feitlik die enigste opbergers van koring en het
die grootste gedeelte van die opbergingskapasiteit in die land besit. Koring is in
die koöperasies se silo’s gestort, waar dit gegradeer en opgeberg is en vanwaar dit
uiteindelik na kopers van die Koringraad versend is.
Net soos by die mieliebedryf het die koringbedryf egter sedert 1987 begin ver-
ander en was koringprodusente eweneens verplig om hulle produktiwiteit te ver-
hoog, deur insette te verminder en marginale grond in weiding om te skakel. Ook in
koring se geval het die produksie in die Wes-Kaap weg van die droër dele en nader
aan Kaapstad geskuif. Die grootste verandering in die koringbedryf het egter eers
later as in die mieliebedryf plaasgevind, omdat plaaslike koringpryse eers teen
1997 tot wêreldprysvlakke gedaal het.
Sedert 1989/1990 produseer Suid-Afrika nie voldoende koring om in die plaas-
like mark se behoeftes te voorsien nie. Die volgende diagram toon die verhouding
tussen die binnelandse koringverbruik en binnelandse produksie vanaf daardie
seisoen tot 2013/2014.
Koring word deesdae met een masjien gesny en gedors.
VAN RIEBEECK
HOOR EERSTE KLAGTES
VAN BOERE
Vanuit die staanspoor was
koring van “politieke” belang
en Jan van Riebeeck was die
eerste regeringsamptenaar wat
‘n afvaardiging te woord moes
staan van koringprodusente wat
verhoogde koringpryse geëis het.
Volgens Van Riebeeck se dagboek
het produsente geëis dat die prys
van koring van vyf gulde per skepel
na tien gulde per skepel verhoog
moes word. Uiteindelik is hulle ‘n
verhoging na sewe gulde per
skepel toegestaan.