Previous Page  35 / 75 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 35 / 75 Next Page
Page Background

ႅႇ

HOOFSTUK 1

Gradering

Aanvanklik was die graderingsregulasies vir mielies op oorsese standaarde gebaseer.

Op aanbeveling van ’n Staande Komitee van die Mielieraad is ’n stel graderings-

regulasies spesifiek vir Suid-Afrikaanse toestande ontwikkel. Dit het op 1 Mei 1949

van krag geword met die inwerkingtreding van die Wet op Landbouproduk-

standaarde en, hoewel dit van tyd tot tyd gewysig is, het dit in 2016 steeds die

basis van die graderingsregulasies vir mielies in Suid-Afrika gevorm.

Insekbestryding

Hoewel insekbesmetting in vroeër jare geweldige graanverliese tot gevolg gehad

het, het Suid-Afrika se mieliebedryf nooit groot probleme daarmee ondervind nie.

Met die toename in produksie na afloop van die Tweede Wêreldoorlog het dit egter

nodig geword om mielies vir langer tydperke op te berg. Dit het ’n ideale voedings-

bron vir insekte geword en insekbesmetting het ’n werklike bedreiging geword.

Gevolglik het die Mielieraad in 1957 goedgekeur dat berokingseksperimente met die

oog op insekbeheer by mielies en graansorghum uitgevoer word. Voortspruitend

daaruit is ’n insekbeheerskema vanaf 1 Mei 1958 ingestel en is terselfdertyd besluit

om ’n afsonderlike vergoeding vir beroking aan die Mielieraad se agente te betaal.

Verpligte insekbeheer deur al die belangegroepe, soos agente, meulenaars en

moutvervaardigers, is in 1964 deur die Mielieraad ingestel. Die deurlopende aandag

wat as gevolg daarvan op insekbeheer geplaas is, het daartoe bygedra dat die mie-

liebedryf in Suid-Afrika oor die lang termyn baie min verliese as gevolg van insek-

besmetting gely het.

Navorsing

Gedurende 1948 het die Mielieraad in samewerking met die Departement van Land-

bou begin met die ontwikkeling van bastermieliesaad. Die Mielieraad het groot be-

drae geïnvesteer om die vermeerdering van die saad aan te moedig en was vanaf

1947 tot 1971 deurlopend direk daarby betrokke.

Gedurende 1951 het die Mielieraad ook ’n proefplaasskema van stapel gestuur

met die oog op ’n verbetering in die produktiwiteit van boerdery-ondernemings.

In samewerking met die Departement van Landbou is proewe op die volgende

vier proefplase gedoen: Ashley (Standerton-distrik), Braklaagte (Bothaville-distrik),

Goosens (Senekal-distrik) en Holfontein (Lichtenburg-distrik). In 1971 is besluit om

slegs Holfontein te behou en die ander plase te verkoop, waarskynlik omdat die pro-

jek nie die mate van sukses gehad het wat aanvanklik voorsien is nie. Holfontein is

daarna tot 1978 gebruik vir ’n gesamentlike projek tussen die Mielieraad, Vleisraad

en Vleissentraal met die doel om die gebruik van mielies as veevoer aan te moedig.

Hierdie projek is egter op aandrang van die Departement van Landbou gestaak.

Die Mielieraad was deeglik bewus van die belangrikheid van navorsing vir landbou-

produksie en het in 1979 ’n bedrag van R3,9 miljoen uit die Stabilisasiefonds aan die

Departement van Landbou geskenk vir die oprigting van navorsingsfasiliteite by die

Somergraansentrum te Potchefstroom.

Biobrandstof

Vervaardiging van biobrandstof uit mielies het in die VSA ontstaan, gedryf deur die

VSA se doelwit om hulle afhanklikheid van ruolie te verminder en hulle plattelandse

ekonomie te stimuleer. Boonop lewer die proses ’n redelike volume van ’n afval-

produk met ’n baie hoë proteïeninhoud wat uitstekend is vir veevoer. Daardie oog-

merke en voordele is ook in die Suid-Afrikaanse konteks toepaslik en in 1990 het die

Mielieraad Amerikaanse kundiges teen ’n koste van R6 miljoen aangestel om die

moontlikheid van etanolvervaardiging in Suid-Afrika te ondersoek.

Die ondersoek het bevind dat Suid-Afrika oor die regte kwaliteit en voldoende hoe-

veelheid mielies, sowel as die nodige infrastruktuur beskik om etanol uit mielies

suksesvol te kon vervaardig. Die moontlikheid van misoeste en die effek wat dit op

die winsgewendheid van so ’n bedryf kon uitoefen, was as die grootste moontlike

struikelblokke uitgewys.

Mieliegradering word deur ’n Raadsin-

spekteur gedoen.

Insekbeheer intensiveer.

Navorsing speel ’n groot rol in die gehalte

van ons graanprodukte.