Previous Page  37 / 75 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 37 / 75 Next Page
Page Background

ႅႉ

HOOFSTUK 1

die verslae onmoontlik vir Suid-Afrikaanse koringprodusente om teen die leiers

onder die wêreld se koringproduserende lande, soos Kanada, Australië en Argen-

tinië, mee te ding sonder die beskerming van invoerheffings en voorkeurtariewe

vir spoorvervoer.

Die plaaslike koringproduksie was, ten spyte van uitbreidings en ontwikkelings,

egter steeds nie in staat om in die plaaslike vraag te voorsien nie en tot ongeveer

1920 is sowat 50% van die land se koringverbruik ingevoer. Invoertariewe op ko-

ring was relatief laag, soos ook die prys van die ingevoerde koring, wat negatief

op plaaslike produksie ingewerk het. Gevolglik het stemme begin opgaan vir die

instelling van groter beskerming van Suid-Afrikaanse koringprodusente sowel as

meulenaars.

Die invoerheffing op koring is vanaf Februarie 1920 tot Junie 1921 tydelik opgeskort

weens ’n misoes in Suid-Afrika en hoë heersende internasionale pryse. Tesame

daarmee is die voorkeur spoorvervoertarief vir Suid-Afrikaanse koring afgeskaf, wat

die Suid-Afrikaanse koringprodusente nog meer aan internasionale mededinging

blootgestel het en aanleiding gegee het tot agitasie vir hoër beskermende heffings.

Tussen 1921 en 1926 is ’n stortingsheffing op Australiese koring ingestel, wat in

1926 deur ’n tariefverhoging vervang is. Suid-Afrikaanse koringpryse is gevolglik

in stand gehou op vlakke wat plaaslike koringverbouing winsgewend gemaak het.

In 1930 en 1931 het wêreldpryse van koring verder verlaag, terwyl Suid-Afrikaanse

pryse aan die begin van die seisoen tot onder invoerpariteit gedaal het. Dit het aan-

leiding gegee tot ’n verhoging van die invoerheffing en die instelling van ’n permit-

stelsel vir die invoer van koring en koringmeel. Verder is ’n spesiale invoerbelasting

op ’n glyskaalbasis ingestel om die minimum invoerprys van koring, meelblom en

koringmeel te verhoog.

In die 1935/1936-seisoen is aansienlik meer koring geproduseer as wat vir bin-

nelandse verbruik benodig was. Dit het groot logistieke probleme vir die Koring-

raad opgelewer en het geweldige druk op produsentepryse vir koring geplaas.

Die Koringraad het egter daarin geslaag om steeds ’n billike prys aan produsente

te betaal, hoofsaaklik deur vir die koste van opberging van koring voorsiening te

maak. ’n Deel van die oorskot van daardie seisoen is na die volgende seisoen, wat

’n kleiner koringoes opgelewer het, oorgedra.

Aangesien daar steeds ’n surplus koring beskikbaar was, is soortgelyke maatreëls

in die 1936/1937-seisoen toegepas, met eweneens redelike goeie sukses. Die

1937/1938-seisoen se oes was nog kleiner as in die vorige jaar, tot so ’n mate dat

die surplus koringvoorraad uitgewis is en na daardie seisoen was Suid-Afrika feitlik

deurgaans ’n netto invoerder van koring.

Gedurende die Tweede Wêreldoorlog was die plaaslike koringproduksie nie

voldoende om in die binnelandse vraag te voorsien nie, deels weens ’n gebrek aan

kunsmis, terwyl logistieke en ander probleme as gevolg van die oorlog die invoer

van koring belemmer het. Dit het tot wesenlike tekorte in Suid-Afrika gedurende

die oorlog gelei en ernstige besparingsmaatreëls moes ingestel word, soos wat

verderaan beskryf word.

In die eerste jaar na beëindiging van die Tweede Wêreldoorlog, naamlik die

1945/1946-seisoen, was die posisie selfs nog hagliker as gedurende die oorlog,

as gevolg van ’n wêreldwye tekort aan graan (insluitende koring) en die plaaslike

koringoes wat weens klimaatstoestande die swakste in jare was. Die gevolg was

dat verdere drastiese besparingsmaatreëls ingestel moes word.

Soos uit die statistiek hieronder afgelei kan word, het die produksie en gebruik

van koring tot 1950 nie struktureel toegeneem nie. Daarna het dit egter begin toe-

neem tot die mate dat Suid-Afrika gedurende die tydperk vanaf 1964 tot 1989 in

verskeie jare selfvoorsienend was. Die eerste miljoen ton binnelandse koringoes

is in 1964 geproduseer.

Aan die begin van die 1970’s het die Koringraad spesifiek aandag gegee aan die

behoeftes van sekere kleiner bedrywe wat van meel en meelblom gebruik gemaak

het, onder andere die pastabedryf wat nie ’n bevredigende produk van broodko-

ring kon vervaardig nie. Dié bedryf het naamlik meel benodig wat van durumkoring