DIE
GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF
VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD
Die LNR het aanvanklik uit twaalf navorsingsinstitute bestaan wat van die Depar-
tement van Landbou-ontwikkeling aan die LNR oorgedra is. Tot op daardie sta-
dium was die Departement van Landbou-ontwikkeling verantwoordelik vir die
oorgrote gedeelte van landbounavorsing in Suid-Afrika. Die Departement is hierin
bygestaan deur die landboufakulteite van universiteite, die bemarkingsrade wat
belangrike insette gelewer het, landboukoöperasies, privaatondernemings en die
Departement van Ontwikkelingshulp van die regering. Die Departement van Land-
bou-ontwikkeling het oor die grootste mannekragkomponent vir landbounavorsing
beskik, met sowat 5 600 personeellede wat 950 navorsers, 58 landbou-ekonome en
46 landbou-ingenieurs ingesluit het.
Die Departement van Landbou-ontwikkeling het ook oor goed toegeruste laborato-
riums beskik met ’n totale vloeroppervlakte van sowat 14 000 vierkante meter, be-
newens 74 proefplase wat oor die meeste van die klimaatstreke en verbouingsareas
in Suid-Afrika verspreid was. Die proefplase het veldproewe onder gekontroleerde
omstandighede uitgevoer en het ’n belangrike rol gespeel ten opsigte van navorsing,
uitbreiding en opleiding, benewens praktiese demonstrasies van boerderypraktyke,
stelsels en die ontwikkeling van nuwe kultivars.
Die LNR se hoofdoel is die voorsiening van effektiewe tegnologie aan al die deelne-
mers in landbou en verwante industrieë ten einde dinamiese en omgewingsvrien-
delike bedrywe te verseker wat bevoeg is om voldoende landbouprodukte van
aanvaarbare gehalte vir verbruikers te produseer. Dit sluit die voorsiening van
inligting en navorsingsresultate sowel as die ontwikkeling van menslike kapitaal in.
Met die oordrag van die twaalf navorsingsinstitute aan die LNR, het die Departe-
ment van Landbou-ontwikkeling sekere streeksorganisasies en direktorate, onder
andere, die Direktorate van Landbou-ingenieurswese en Landbou-ekonomie,
behou. Die veranderings het gepaardgegaan met die sluiting van sekere departe-
mente en ’n geleidelike verskuiwing in die fokus om ook die ontwikkelende land-
bousektor in te sluit.
Met verloop van tyd het ondernemings in die landboubedryf, soos die kunsmis-
maatskappye en voormalige koöperasies, hulle eie navorsingsfasiliteite en labo-
ratoriums opgerig ten einde die leemtes in sekere navorsingsbehoeftes wat na
deregulering ontstaan het, te vul.
Graan SA vervul ook ’n belangrike funksie om landbounavorsing rakende grane
en oliesade te koördineer, duplikasie uit te skakel, navorsingsprioriteite te rig en
sinergieë tussen verskeie plaaslike en selfs internasionale navorsingsdissiplines te
vestig. Graan SA het sedert 2012 baanbrekerswerk in hierdie verband gedoen en
die bedryf is reeds besig om die vrugte daarvan te pluk. In Hoofstuk 7 word in meer
besonderhede verwys na die rol wat Graan SA ten opsigte van navorsingsinisia-
tiewe ter ondersteuning van voedselsekerheid vervul.
ႃႆ