Previous Page  16 / 75 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 16 / 75 Next Page
Page Background

DIE

GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF

VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD

ႃႈ

Sowat 50% van Suid-Afrika se binnelandse verbruik van mielies is vir menslike

behoeftes, soos uit die bogenoemde statistiek blyk (sien Grafiek 10).

Produksie

Dit blyk dat mielies sy oorsprong in Mexiko en Sentraal-Amerika gehad het en

vandaar oor die hele aarde versprei het, tot die mate dat dit teen 2010 as die derde

grootste stapelvoedsel in die wêreld beskou is.

Hoewel mielies reeds deur die inheemse bevolking in Suid-Afrika verbou was toe

die Hollandse nedersetting in die Kaap gevestig is, is die eerste mieliesaad vir kom-

mersiële aanplanting op 25 November 1655 in die Kaap ontvang. Volgens Jan van

Riebeeck se dagboek is die eerste saad egter eers in Julie 1658 op sy aanbeveling

geplant. Uit die aard van die saak kon dit nie suksesvol in die winterreënvalstreek

van die Wes-Kaap verbou word nie en mielieverbouing het werklik eers posgevat

met die 1820-setlaars se vestiging in die Oos-Kaap en momentum gekry namate

die Groot Trek vanaf 1838 verder noordwaarts gevorder het.

Mielieproduksie in Suid-Afrika het eers werklik relevant geword na die ontdekking

van diamante in Kimberley in die 1870’s en goud aan die Witwatersrand in 1886.

Tot op daardie stadium was die verbouing van mielies hoofsaaklik op bestaans-

boerderybasis bedryf. Die ontdekking van diamante en goud, wat met ’n versnelde

groei in vervoer- en kommunikasiestelsels sowel as ander tegnologiese ontwikke-

ling gepaardgegaan het, het tot ’n konsentrasie van mense in sekere gebiede gelei

en ’n aansienlike verhoging in die vraag na mielies en ander landbouprodukte in die

hand gewerk. Mielieproduksie het daarna ’n verdere hupstoot gekry toe silinder-

tipe dorsmasjiene in 1902 beskikbaar geraak het – voorheen was dit ’n groot pro-

bleem om die mieliepitte van die stronk af te kry.

7 000

6 000

5 000

4 000

3 000

2 000

1 000

0

Ton (duisend)

1986/1987

1987/1988

1988/1989

1989/1990

1990/1991

1991/1992

1992/1993

1993/1994

1994/1995

1995/1996

1996/1997

1997/1998

1998/1999

1999/2000

2000/2001

2001/2002

2002/2003

2004/2005

2005/2006

2006/2007

2007/2008

2008/2009

2009/2010

2010/2011

2011/2012

2012/2013

2013/2014

2014/2015

Wes-Kaap

KwaZulu-Natal

Mpumalanga

Noord-Kaap

Vrystaat

Gauteng

Grafiek 9: Mielieproduksie per provinsie

Oos-Kaap

Limpopo

Noordwes

12 000

10 000

8 000

6 000

4 000

2 000

0

Ton (duisend)

Totale verbruik

Menslike verbruik

Grafiek 10: Mielies: Jaarlikse binnelandse verbruik

1970/1971

1972/1973

1975/1976

1977/1978

1980/1981

1982/1983

1984/1985

1986/1987

1988/1989

1990/1991

1992/1993

1994/1995

1996/1997

1998/1999

2000/2001

2002/2003

2004/2005

2006/2007

2008/2009

2010/2011

2012/2013

2014/2015

IN 1907 IS SOWAT

490 378 HA LANDE IN

DIE TRANSVAAL

BEPLANT, WAARVAN

274 574 HA ONDER

MIELIES.