DIE
GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF
VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD
ႃႄ
NOORDWES KOÖPERASIE (NWK) HET SY EERSTE
GRAANSUIER, WAT BY LICHTENBURG OPGERIG IS, IN
1959 IN ONTVANGS GENEEM.
SENTRAALWES KOÖPERASIE (SENWES) SE EERSTE
SILO IS OP BULTFONTEIN GEBOU EN IN 1964 IN
GEBRUIK GENEEM.
Die gereguleerde silobouprogram is in 1984 opgeskort. Aan die begin van 1990 het
die Minister van Landbou, dr Kraai van Niekerk, die Graansilokomitee ontbind en is
staatslenings vir die oprigting van graansilo’s afgeskaf. Daarmee het die beheer en
beperking op die oprigting van graansilo’s ook tot ’n einde gekom.
Silo-eienaars het goeie inkomste uit opbergingsvergoeding verdien, veral in die
tydperk vanaf 1986 tot en met die deregulering van die markte in 1996. As agente
van die beheerrade het hulle ’n gewaarborgde vasgestelde kapasiteitsvergoeding
ontvang, ongeag die hoeveelheid graan wat in die silo’s opgeberg was, asook ’n
hanteringsvergoeding wat gebaseer was op die hoeveelheid graan wat in die silo’s
ontvang en daarvandaan versend is.
Na deregulering en die afskaffing van die beheerrade, het hierdie gewaarborgde
vergoeding weggeval. Daarbenewens kon enige persoon of instansie na deregule-
ring graan ontvang, opberg, koop en verkoop. Dit het die weg gebaan vir alterna-
tiewe en goedkoper opbergingsmetodes, soos massa-silosakke (wat in ongeveer
2005 vanaf Argentinië as ’n nuwe opbergingsoplossing vir produsente bekendge-
stel is), graandamme en private opbergingsfasiliteite op plase.
Omdat produsente hulle graan direk kon bemark, het private opberging en die
verkoop van graan direk van die land af (die proses wat as landlaai bekend staan)
algaande toegeneem, wat groot druk op die winsgewendheid van tradisionele
silostrukture geplaas het.
Plaasopberging het die voordeel vir produsente ingehou dat dit die oestyd ver-
minder het, omdat die waens of vragmotors se omdraaityd baie korter is en die
voertuie nie nodig het om op openbare paaie te ry nie. Die verkorte oestyd beteken
ook dat produsente gouer kan begin om hulle lande vir die volgende seisoen voor
te berei. Produsente kon graan vir eie gebruik baie goedkoper stoor, sonder die
koste om dit vanaf die tradisionele silo’s terug te ry wanneer dit benodig word. Dit
het natuurlik ook sekere eise meegebring, soos ’n kapitale investering en deurlo-
pende bestuur van die graan in opberging, wat voorheen deur die koöperatiewe
silo-eienaars met gevestigde kundigheid hanteer is.
Die buigsaamheid van die gedereguleerde markomgewing het dit vir produsente
wat oor hulle eie opbergingsfasiliteite beskik, moontlik gemaak om hulle graan
meer effektief te bemark deur geleenthede wat die mark bied, beter te kan be-
nut. Ontleders en akademici reken ook dat die gedereguleerde omgewing die
winsgewendheid van mielieproduksie vir die produsente in die eerste dekade na
deregulering in die hand gewerk het. Dit kon produsente in ’n beter finansiële po-
sisie plaas om strukturele veranderings in die bedryf van hulle boerderye te kon
aanbring, soos die oprigting van hulle eie stoorfasiliteite.
Al hierdie faktore, tesame met die belastingvoordele wat die bou van silo’s op plase
inhou, het die skepping van alternatiewe opbergingsfasiliteite, weg van die tradi-
sionele strukture van die landboubesighede en koöperasies, aansienlik gestimuleer.
Kommoditeitshandelaars wat nie, soos die koöperasies, oor hulle eie opbergings-
fasiliteite beskik het nie, het ook begin om alternatiewe opbergingsfasiliteite, soos
graanbunkers, te vestig in gebiede naby aan die meulens wat deur hulle bedien is,
met die oog op laer opbergings- en hanteringskoste.
Terselfdertyd, egter, het verhandeling van graan deur Safex sy beslag gekry, met die
vereiste dat kontrakte slegs kon verhandel by Safex-goedgekeurde silo’s. Dit het dus
die aanwending van die nuwe alternatiewe fasiliteite vir verhandeling op Safex beperk,
behalwe in die geval van lokaliteite wat wel vir dié doel deur Safex goedgekeur is.