97
September 2017
besigheid te verseker. In kort kan hierdie alternatiewe soos volg
verduidelik word.
Vastepryskontrakte
Dit verwys na kontrakte waar die produsent die prys wat hy sal
ontvang, vasmaak sodat hy van hierdie prys verseker sal wees
wanneer die produk uiteindelik gelewer word.
Met die gebruik van hierdie verskansingsalternatief sal die
produsent egter verplig wees om die verskanste hoeveelheid graan
teen die spesifieke tydperk wanner die kontrak verstryk, te lewer.
Die produsent se prysrisiko met die gebruik van hierdie kontrak is
beperk, asook die moontlikheid om te deel in ‘n opwaartse prys
indien die prys moontlik tot en met lewering sou toeneem.
Minimumpryskontrakte
Met die minimumkontrakstrategie sal die produsent vir homself
‘n minimum prys vasstel waarteen hy sy graan teen leweringstyd
sal verkoop. Hierdie strategie se bemarkingskostes is gewoonlik
effens duurder as dié van ander beskikbare strategieë en dit
ontmoedig in die meerderheid gevalle die produsente om van hierdie
strategie gebruik te maak.
Dit moet egter nie die geval wees nie, aangesien hierdie strategie
die produsent se risiko beperk tot op ‘n sekere minimum vlak en
hom ook geleentheid bied om te deel in ‘n moontlike positiewe
prysbeweging sou die mark só reageer tot en met lewering.
Hierdie kontrakte bied ook aan produsente verskansing teen pro-
duksierisiko. Sou die produsent nie verskanste tonne kon lewer
nie, geniet die produsent nie die groot produksierisikokomponent
soos met die vastepryskontrak nie.
Minimum-/maksimumkontrakte
Hierdie kontrakte bied aan die produsent die geleentheid om
die prys van die graan binne ‘n sekere bandwydte te verskans.
Hierdie tipe strategieë word hoofsaaklik gebruik met die doel om
die bemarkingskoste effens te beperk, maar jouself steeds te be-
skerm teen ongunstige prysbewegings en ook baat te vind by
stygende pryse.
Die produsent kan egter net tot op ‘n sekere punt voordeel trek uit
versterkende pryse en dit is die maksimum vlak wat bereik kan word.
Bogemelde kontrakte dui slegs basiese kontrakte aan wat gesluit
kan word wanneer die produsent die verskansing oorweeg. Ten
einde so ‘n tipe kontrak te bewerkstellig, is daar verskeie afgeleide
instrumente wat gebruik kan word om hierdie kontrakte in plek te kry.
Hierdie afgeleide instrumente sluit in die gebruik van gewone
termynkontrakte asook opsiekontrakte wat koop (
call-opsie
)-
en verkoop (
put
-opsie)-opsies insluit. Dit kan of apart en/of in
kombinasie met mekaar gebruik word ten einde die korrekte doel
met die verskansing te bereik.
Basiese roetinestrategieë
Produsente het in die meeste gevalle nie die tyd en diepgaande
kennis rakende die werking van verskillende kontrakte om inge-
wikkelde strategieë aan te wend nie. Daar moet daarom na ander
alternatiewe wat maklik verstaanbaar en bruikbaar vir produsente
is, gekyk word.
Die gebruik van roetinestrategieë is een manier hoe hierdie pro-
bleem van tyd tot ‘n groot mate deur produsente omseil kan
word. Roetinestrategieë kan suksesvol toegepas word sonder die
diepgaande kennis van die markte en strategieë.
Produsente hoef derhalwe dan ook nie volgehoue marknavorsing
te doen nie, aangesien die roetinestrategie van só ‘n aard is dat
dieselfde strategie op ‘n jaarlikse basis gebruik word om ten minste
die veranderlike kostes te dek.
Verskeie studies rakende graanbemarking het al getoon dat ver-
skillende verskansingstrategieë wel suksesvol op roetinebasis
aangewend kan word en dat dit beter vir produsente is om enige
strategie te volg eerder as geen strategie nie.
Met die roetinestrategie maak die produsent vir hom op sekere
kritieke tye in die verloop van die seisoen vas wanneer hy verskan-
sing doen. Die strategie word dan op min of meer dieselfde tyd elke
jaar toegepas.
Dit bevorder objektiewe besluitneming en verseker dat die produ-
sent die emosie sover moontlik uit die besluit haal. Die strategieë
wat vir roetineverskansing oorweeg word, moet die produsent se
risiko sover moontlik beperk, terwyl hy steeds met redelike gemak
die gewas se direkte produksiekoste kan dek.
Met die gebruik van roetinestrategieë sal die produsent een jaar die
kostes makliker kan dek en meer wins maak, terwyl hy waarskynlik
in ‘n ander jaar weer effens swakker af sal wees. Die doel van die
roetinestrategie is egter om die risiko oor ‘n tyd te verminder en in
‘n gewoonte te kom om ten minte die produksiekoste vooraf op ‘n
jaarlikse basis te verskans.
Kyk na berekeninge
Produsente moet wel goed vertroud wees met die kostes van
produksie sodat hul vir hulself minimumpryse en opbrengspeile
kan vasstel waarteen hulle moet verskans om die direkte kostes te
kan dek.
Een goeie maatstaaf wat gebruik kan word, is sensitiwiteitsanalises
wat dui op wát die verskillende pryse per ton moet wees om die
kostes teen die verskillende opbrengspeile te dek.
DIREKTE KOSTE
TANS
Safex-prys
(R/ton)
1 020
1 270
1 520
1 770
2 020
2 270
2 520
2 770
3 020
Produsenteprys
(R/ton)
804
1 054
1 304
1 554
1 804
2 054
2 304
2 554
2 804
Opbrengs
(t/ha)
3,0 -1 600
-1 350
-1 100
-850
-600
-350
-100
150
400
3,5 -1 257
-1 007
-757
-507
-257
-7
243
493
743
4,0
-999
-749
-499
-249
1
251
501
751
1 001
4,5
-799
-549
-299
-49
201
451
701
951
1 201
5,0
-639
-389
-139
111
361
611
861
1 111
1 361
TABEL 1: SENSITIWITEITSANALISE VAN MIELIEBEDRYFSTAK.