Background Image
Previous Page  103 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 103 / 124 Next Page
Page Background

Graan SA

pak sorghumkultivarproewe aan

G

raan SA, in samewerking met die sorghumsaadmaatskap-

pye (Pannar, K2Agri, Agricol en Sensako), is in die tweede

jaar van sy sorghumkultivarproefprojek. Die doel van die

projek is om die winsgewendheid en volhoubaarheid van

sorghumproduksie in Suid-Afrika te bevorder deur die aanpasbaar-

ste kultivar vir elk van die produksiegebiede te identifiseer.

Lokaliteite

Strookproewe is, soos verlede jaar, die afgelope seisoen op vier

lokaliteite aangeplant. Die proef in die Vrystaat is deur swerms

kweleas aangeval, omdat betreklik min soet sorghum in daardie

omgewing aangeplant is. Die ander drie lokaliteite is gestroop

en daar met trots genoem kan word dat dit uitsonderlike “netjiese”

proewe was.

Die vier lokaliteite was soos volg:

Limpopo – Settlers (gestroop);

Mpumalanga – Standerton (gestroop);

Vrystaat – Koppies (kweleas); en

Noordwes Provinsie – Sannieshof (gestroop).

Kultivars en kontrole

Kultivars wat kommersieel beskikbaar is, sowel as potensiële

"goeie" kultivars wat nog nie kommersieel beskikbaar is nie, is in

die proewe ingesluit. Pannar se PAN 8816 is as kontrole gebruik.

Resultate

Strookproefresultate kan gebruik word om die beste kultivars met

die regte eienskappe te identifiseer en sodoende die aanpasbaarste

kultivar vir ‘n spesifieke omgewing aan te plant. Wanneer dié

resultate vir Sannieshof van nader bekyk word, moet daar kennis

geneem word dat dié data slegs een jaar se resultate insluit, terwyl

daar twee jaar se data vir Standerton en Settlers is.

Tabel 1

tot

Tabel 3

(op bladsy 102) verskaf die opbrengste per kulti-

var, gemiddelde opbrengs per gebied en elke gebied se koëffisiënt

van variasie (KV). Die koëffisiënt van variasie dui die statistiese

korrektheid van ‘n proef aan. ‘n Waarde laer as 15 word as statisties

goed beskou, met ander woorde hoe laer die koëffisiënt van variasie,

hoe meer aanvaarbaar die proef se akkuraatheid.

Standerton

In Tabel 1 word die opbrengsdata vir Standerton vir die afgelope

twee produksieseisoene aangetoon. Die koëffisiënt van variasie was

laag (9,67%) vir die 2016/2017-seisoen; die proef is derhalwe goed

uitgevoer en die resultate is betroubaar.

Pannar se kultivar PAN 8940T het die hoogste opbrengs in die

2016/2017-seisoen behaal en was beduidend hoër as die ander

kultivars. PAN 8940T was ook die enigste bittersorghumkultivar wat

in dié proef ingeskryf was.

Agricol se Enforcer en Dominator het die tweede en derde beste

presteer, gevolg deur Pannar se PAN 8933. Waar kultivars twee jaar

agtermekaar in die proef ingeskryf is, is die gemiddeld bereken.

Met die uitsonderlike goeie klimaatstoestande wat voorgekom het,

is ‘n uitmuntende gemiddelde opbrengs van 9,94 t/ha vir die proef

behaal.

Settlers

Tabel 2

(op bladsy 102) toon Settlers se opbrengsdata vir die

afgelope twee produksieseisoene. Agricol se Enforcer het die

hoogste opbrengs in die 2016/2017-seisoen behaal en was slegs ‘n

rapsie hoër as Dominator – wat ook Agricol se kultivar is. K2Agri

se Mr. Buster het die derde beste presteer, gevolg deur ‘n Pannar

kultivar.

Die koëffisiënt van variasie was laag (6,83%) vir die 2016/2017-

seisoen se proef en ‘n gemiddelde opbrengs van 4,34 t/ha

is behaal. Die hoër gemiddelde opbrengs vir die huidige sei-

soen is duidelik sigbaar, vergeleke met verlede seisoen toe

2,63 t/ha behaal is. Waar kultivars twee jaar agtermekaar in die

proef ingeskryf is, is die gemiddeld bereken.

Sannieshof

Dit is belangrik om kennis te neem dat dié proef by Sannieshof

slegs een jaar se resultate insluit. Die gemiddelde opbrengs van die

proef was 3,39 t/ha. Agricol se Enforcer se gemiddelde opbrengs

was die hoogste, gevolg deur Pannar se PAN 8816 en PAN 8906

(sien Tabel 3). Die koëffisiënt van variasie van die proef was 7,55

– wat uitstekend is.

Koppies

Die proef in die Vrystaat is die afgelope twee jaar nie gestroop

nie. Die eerste jaar weens die knellende droogte, waarna swerms

kweleas in die tweede jaar groot skade aangerig het. Geen data is

derhalwe beskikbaar vir hierdie distrik nie.

Slotsom

Graan SA spreek sy dank uit aan elke individu wat saam hande vat

en saamwerk om die plaaslike sorghumproduksie te bevorder deur

dié projek aan te pak. So ‘n taak kan nie sonder hulle uitgevoer word

nie – eerstens sonder ‘n toegewyde, doelgerigte produsent nie en

tweedens die samewerking en bystand van Pannar, K2Agri, Agricol

en Sensako.

101

September 2017

OP PLAASVLAK

Navorsing

Sorghumkultivars / Proewe / Volhoubaarheid

PETRU FOURIE,

navorsingskoördineerder en produksiekoste-analis, Graan SA

Graan SA wil deur die projek winsgewendheid en

volhoubaarheid van sorghumproduksie in Suid-Afrika

bevorder deur die aanpasbaarste kultivar vir elk van

die produksiegebiede te identifiseer.