Background Image
Previous Page  96 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 96 / 124 Next Page
Page Background

September 2017

94

Hoe vaar die plaaslike kunsmisbedryf

in die internasionale arena?

CORNÉ LOUW,

senior ekonoom, Graan SA

INSET

-oorsig

k

unsmis as produksie-inset maak

tussen 30% en 50% van ‘n graan-

produsent se lopende produksie-

koste uit. Grane en oliesade maak

ook meer as 50% van die land

se plaaslike kunsmisverbruik uit.

Verder word meer as 80% van die plaaslike

vraag, of sowat 1,9 miljoen ton, se kunsmis

die land ingevoer.

Al Suid-Afrika se ureum- en kaliumchloried-

behoeftes moet ingevoer word. Van die

ongeveer 1,9 miljoen ton kunsmis wat in

2016 ingevoer is, is 905 660 ton ureum

en 336 200 ton kaliumchloried ingevoer.

Ten spyte van Suid-Afrika se plaaslike

MAP en nitraatkunsmisproduksiekapasiteit,

is onderskeidelik 147 364 ton, 146 196 ton en

120 629 ton se MAP, ammoniumsulfaat en

ammoniumnitraatmengsels ingevoer.

Dit verteenwoordig 22% van die totale kuns-

misinvoere. Die vraag is, hoekom word hier-

die kunsmis ingevoer, terwyl Suid-Afrika

die hele suide van Afrika met fosfaat- en ni-

traatkunsmis onderskeidelik behoort te kan

voorsien?

Om te bepaal hoe die plaaslike kunsmis-

bedryf in die internasionale arena vaar, is

prystendense oor die kort termyn bestu-

deer, terwyl plaaslike kompeterendheid ge-

meet teen dié van kompeterende lande as

‘n langertermynmaatstaf geanaliseer is.

Korttermynvergelyking

Internasionale teenoor plaas-

like prystendense

Om die plaaslike kunsmismark se presta-

sie met dié van die internasionale mark te

vergelyk, is ‘n vergelyking tussen jaar-

op-jaarprystendense van die belangrikste

grondstowwe gebruik. Internasionaal is

pryse in sekere hawens gebruik, terwyl die

gemiddeld van die verskillende kunsmis-

maatskappye se pryslyste plaaslik gebruik

is. Die doel is om ‘n vergelyking in die jaar-

op-jaartendens te illustreer.

Tabel 1

toon die internasionale prystendens

in dollarterme, terwyl

Tabel 2

dieselfde

pryse in randwaarde aandui. Die rand het

oor ‘n jaartydperk met 8,8% versterk, wat

gunstig vir ingevoerde kunsmis behoort te

wees. Uit Tabel 2 kan afgelei word dat inter-

nasionale kunsmispryse oor ‘n jaartydperk

in randterme tussen 2,9% en 43% gedaal

het.

Tabel 3

toon wat met plaaslike kunsmis-

prystendense oor ‘n jaartydperk gebeur het.

Behalwe vir plaaslike KAN, wat nie interna-

sionale ammoniakpryse nagevolg het nie,

het die pryse van plaaslike ureum, MAP

en KCL goed met internasionale pryse ge-

korreleer. Oor die kort termyn het plaaslike

prystendense in randterme daarom goed

met internasionale pryse vergelyk.

OP PLAASVLAK

KUNSMIS

JULIE 2016

($/TON)

JULIE 2017

($/TON)

PERSENTASIE-

VERANDERING

Ammoniak (Midde-Ooste)

309

193

-37,5%

Ureum (46) (Oos-Europa)

186

188

+1,1%

DAP (VSA Golf)

341

344

+0,9%

KCL (CIS)

215

229

+6,5%

Rand/dollar-wisselkoers

14,40

13,13

-8,8%

TABEL 1: INTERNASIONALE KUNSMISPRYSE IN DOLLARWAARDE.

KUNSMIS

JULIE 2016

(R/TON)

JULIE 2017

(R/TON)

PERSENTASIE-

VERANDERING

Ammoniak (Midde-Ooste)

4 449

2 534

-43%

Ureum (46) (Oos-Europa)

2 678

2 468

-7,8%

DAP (VSA Golf)

4 909

4 517

-8,0%

KCL (CIS)

3 095

3 007

-2,9%

TABEL 2: INTERNASIONALE KUNSMISPRYSE IN RANDWAARDE.

KUNSMIS

AUGUSTUS

2016

(R/TON)

AUGUSTUS

2017

(R/TON)

PERSENTASIE-

VERANDERING

KAN (28)

5 215

5 074

-2,7%

Ureum (46)

5 672

5 031

-11,3%

MAP

9 057

8 499

-6,2%

KCL

6 656

6 295

-5,4%

TABEL 3: PLAASLIKE KUNSMISPRYSE.