Background Image
Previous Page  105 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 105 / 124 Next Page
Page Background

Biologiese swamdoder

kragtig in rygewasse

I

n 2007 het MBFi ‘n biologiese swamdoder begin ontwikkel om

verskeie grondsiektes (

Rhizoctonia, Fusarium

en

Pythium

) in

rygewasse in Suid-Afrika te beheer. Vandag, tien jaar later, ge-

bruik produsente Tri-Cure WP, SP en/of Max met goeie resultate

in die beheer van siektes, maar ook in opbrengsverhoging.

MBFi het, in samewerking met N Laboratoriums, voortdurend daar-

na gestreef om nuwe en innoverende maniere te identifiseer om

die kwaliteit van ons oorspronklike produkte te verhoog. Deur ons

uitgebreide proefpersele in die Landbou-uitnemendheidsentrum

(AEC), het ons ‘n paar groot ontdekkings in die nuwe era van

biologiese swamdoders gemaak. In ongeveer 15 statistiese

proewe oor die afgelope twee seisoene het ons verskeie spesies,

formulerings en toepassingsmetodes getoets. Die byvoeging van

genetiese uitdrukkingstegnologie (GET), asook die identifisering

en byvoeging van bykomende ensieme, het ook bygedra tot

opwindende nuwe bevindinge in die veld.

Ons is ook trots om te sê dat ons ‘n paar interessante en

opwindende nuwe toevoegings tot ons produk gemaak het. Eers-

tens lewer ons produk ‘n hoë konsentrasie lewensvatbare swamme

om die siekte vinniger en doeltreffend te beheer. Tweedens het ons

verskeie kernensieme en -proteïene geïdentifiseer en gestimuleer,

wat nie baie algemeen onder biobeheerprodukte in Afrika voorkom

nie. Dit verseker dat ons produk nie net ons biologies-aktiewe

Trichoderma Harzianum

bevat nie, maar ook verskeie ensieme en

proteïene wat onmiddellik na behandeling op die saad- of invoor-

toediening aktief is.

In

Grafiek 1

en

Grafiek 2

word verskeie proefresultate vir mielies,

wat ons oor die afgelope twee seisoene gedoen het, weergegee.

OP PLAASVLAK

Produk-inligting

JONATHAN ETHERINGTON,

MBFi

Grafiek 1: Tri-Cure, ‘n biologiese swamdoder, verhoog gewasopbrengs

en beheer siekte wanneer dit met ‘n chemiese standaard oor verskillende

proewe vergelyk word.

Grafiek 2: Nuwe produkontwikkeling maak ons produk meer doeltreffend

op mielies – wat ‘n uitstekende opbrengs op belegging verseker.

103