Background Image
Previous Page  95 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 95 / 124 Next Page
Page Background

93

September 2017

Plaaslik het nuwe rekords vanjaar gespat wat beide mielie- sowel

as sojaboonproduksie betref. Mielieproduksie word volgens die

Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) se sesde produksieskatting

op 15,97 miljoen ton geskat, terwyl die sojaboonproduksie in die-

selfde skatting op 1,34 miljoen ton gelaat was.

Dit verteenwoordig groot voorraadvlakke vir hierdie gewasse en

die grootste fokuspunt vir mielies is die tempo van uitvoere, terwyl

dié van sojabone op die tempo van verwerking fokus. Die sonneblom-

produksie van die afgelope twee seisoene was ook redelik gunstig

en SAGIS rapporteer aansienlik meer voorrade jaar tot datum.

Winsgewendheid

Winsgewendheid is vir produsente ‘n belangrike oorweging wan-

neer hul met gewasbeplanning begin. Dit is belangrik dat produsen-

te – veral in ‘n jaar soos vanjaar – goed vertroud moet wees met die

koste van produksie vir die verskillende gewasse sodat hulle die be-

rekeninge kan maak om vas te stel presies waar die gelykbreekpunt

van elke bedryfstak is.

Deur dít vas te stel, sal dit die produsent se besluit in terme van ge-

wasbeplanning, asook moontlike bemarking, vergemaklik.

Tabel 1

toon die gemiddelde prysverhouding om gelyk te breek tussen soja-

bone en sonneblomsaad vergeleke met mielies. Dit is bereken deur

gebruik te maak van die gemiddelde produksiebegrotings van die

verskillende streke in Suid-Afrika en weerspieël die gemiddelde ge-

lykbreekprysverhoudings van hierdie gewasse.

Die prysverhoudings tussen die kommoditeite toon dat die pryse

van oliesade ten minste ongeveer 1,8 keer hoër as die mielieprys

moet wees om teen gemiddelde opbrengste vir die gewasse gelyk te

breek. Die prysverhoudings verskil van streek tot streek, asook van

plaas tot plaas, soos die kostes en die opbrengste verskil en daarom

is bloot ‘n gemiddeld in hierdie berekenings gebruik. Die gemiddeld

is egter steeds ‘n goeie riglyn.

Grafiek 1

en

Grafiek 2

toon die prysverhoudings tussen die soja-

boon en sonneblom Mei 2018-kontrak teenoor die wit- en geelmielie

Julie 2018-leweringskontrak. Uit hierdie grafieke is dit duidelik dat

die prysverhoudings tussen hierdie gewasse vir die volgende sei-

soen positief is – met die huidige verhoudings wat gemiddeld

ongeveer 2,3 vir witmielies gemeet teen beide sojabone en sonne-

blomme beloop, terwyl die sojaboon-en-sonneblom-geelmieliever-

houding ongeveer 2,4 beloop.

Bemarking

Die bemarking van grane is een aspek wat produsente in hierdie

komende seisoen nie moet geringskat nie. Deurlopende bemarking

en verskansing van grane gaan ‘n kardinale rol in die winsgewend-

heid van elke bedryfstak speel.

Produsente gaan eenvoudige bemarkings- en verskansingsplanne

moet oorweeg, waar inkomste per hektaar eerder as prys per ton

die bepalende faktor moet wees. Goeie kennis en vertroudheid met

die plaas se kostes en die gelykbreekpunte van die verskillende

bedryfstakke sal die produsent in staat stel om beter bemarkings-

besluite vir die komende seisoen te neem en produsente moet daar-

om die geleenthede in die mark benut sou hulle voorkom.

Groot voorrade van die verskillende gewasse kan die mark redelik

sterk onder druk hou en produsente moet primêr daarop fokus om

sover moontlik hul produksiekoste te dek.

Ten slotte

Dit is welbekend dat die komende seisoen uitdagings vir produsente

gaan inhou – met pryse wat onder druk is as gevolg van die groot

oeste wat hierdie jaar gesien is. Daarom is dit vir produsente be-

langrik om in hierdie komende seisoen deeglike risikobestuur toe te

pas – veral wat faktore soos prysrisiko, wat wel tot ‘n mate bestuur

kan word, betref.

Die prysrisiko kan tot ‘n groot mate deur produsente bestuur word

deur gebruik te maak van verskeie alternatiewe soos verskansing

en diversifikasie van gewasse. Dit is egter ook vir produsente belang-

rik om alternatiewe te kies waarmee hulle deeglik vertroud is en

wat behoorlik inpas by hul bestuurspraktyke en plaasstrukture.

Grafiek 1: Sojaboon Mei 2018 teenoor wit- en geelmielies vir lewering

in Julie 2018.

Bron: Safex en eie berekeninge

Grafiek 2: Sonneblom Mei 2018 teenoor wit- en geelmielies vir lewering

in Julie 2018.

Bron: Safex en eie berekeninge

Vrywaring

Sover moontlik is alles gedoen om die akkuraatheid van hierdie inligting te verseker. Graan SA aanvaar egter geen

verantwoordelikheid vir enige skade of verliese wat gely word as gevolg van die gebruik van hierdie inligting nie.