Background Image
Previous Page  94 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 94 / 124 Next Page
Page Background

September 2017

92

Winsgewendheid

– beplan deeglik vir die nuwe seisoen

d

ie seisoen, wat gekenmerk is deur uitnemende produk-

siesyfers en verskeie somergraanrekords wat gespat

het, staan einde se kant toe. Dit raak alweer tyd vir

produsente om te begin beplan vir die nuwe seisoen

– met verskeie uitdagings wat die produsente steeds in

die gesig staar.

Uitdagings vir die nuwe seisoen is geleë in die pryse en winsge-

wendheid wat daarmee gepaardgaan. Die pryse is steeds onder

druk en produsente sal in die komende seisoen deeglike beplanning

moet doen om risiko te beperk deur van die verskeie alternatiewe

wat beskikbaar is, gebruik te maak. Hierdie seisoen sal dit onder

andere belangrik wees om die bemarking van produkte in bereke-

ning te bring. Produsente moet derhalwe van geleenthede gebruik

maak indien die mark dit bied.

Hoe lyk die markte?

Mielies, sojabone en sonneblomsaad is die vernaamste somerge-

wasse wat in Suid-Afrika geproduseer word. Dit is daarom vir pro-

dusente belangrik om die markomstandighede vir hierdie gewasse

in ag te neem wanneer daar besluite rakende gewasbeplanning vir

die nuwe seisoen geneem word.

Die vraag onstaan al hoe meer by produsente met betrekking tot

wat in die komende seisoen geplant kan word ten einde risiko te be-

perk en meer winsgewend te wees – gegewe die uitdagende situasie

wat die heersende mielieprys betref.

Produsente oorweeg ook in heelwat gevalle om oor te beweeg na

ander gewasse, soos byvoorbeeld sorghum en grondbone omdat

dit tans, in terme van pryse, meer aanloklik lyk as mielies. Die een

ding wat vir produsente belangrik is om in ag te neem wanneer

hierdie tipe van gewasse oorweeg word, is die feit dat hierdie ge-

wasse ‘n betreklik meer beperkte mark in Suid-Afrika het en daar

derhalwe makliker ‘n oorproduksie van hierdie gewasse kan wees

– wat rampspoedig vir die pryse en winsgewendheid daarvan sal

wees.

Bemarking is weer aan die orde van die dag en produsente moet

ook wanneer gewasse soos sorghum en grondbone geplant word,

voorseisoenkontrakte oorweeg – eerder as om net te plant en tydens

strooptyd te verkoop.

Wanneer die ander gewasse bestudeer word (mielies, sojabone en

sonneblom), is dit duidelik dat daar in die internasionale arena groot

voorraadvlakke van mielies en sojabone is en dat hierdie gewasse

se pryse internasionaal redelik onder druk is. Die verwagting is dat

dit redelik onder druk behoort te bly met die Amerikaanse strooptyd

wat eersdaags ‘n aanvang neem.

Die wêreldmielie-eindvoorraad word volgens die nuutste Ameri-

kaanse Departement van Landbou (USDA) se wêreldvraag-en-aan-

bodsyfers vir die 2017/2018-seisoen op 200,87 miljoen ton geskat

– wat ongeveer 55% van ‘n gemiddelde Amerikaanse oes is.

Amerika is die grootste mielieprodusent in die internasionale

arena. Die wêreldsojabooneindvoorraad word ook op 97,78 mil-

joen ton geskat – wat aansienlik hoër is as wat die verwagtinge in

die mark was.

Die Amerikaanse produksie vir die 2017/2018-seisoen word deur

USDA op ‘n nuwe rekordvlak van 119,2 miljoen ton geskat. Wat die

internasionale konteks vir sonneblomsaad betref, is die verwag-

tinge dat die seisoen se produksie nie weer so hoog soos verlede

jaar se produksie behoort te wees nie en dat die voorraad van son-

neblomolie en mieliemeel internasionaal meer skraps behoort te

wees as verlede seisoen.

LUAN VAN DER WALT,

landbou-ekonoom, Graan SA

GRAANMARK

-oorsig

–14 Augustus 2017

OP PLAASVLAK

GEWAS

GEMIDDELDE GELYKBREEK

SAFEX-PRYS

SOJABOON/MIELIE-

GELYKBREEKPRYSVERHOUDING

SONNEBLOM/MIELIE-

GELYKBREEKPRYSVERHOUDING

Mielies

R2 700

1,81

1,81

Sojabone

R4 880

Sonneblom

R4 900

Bron: Graan SA en eie berekeninge

TABEL 1: GEMIDDELDE GELYKBREEK SAFEX-PRYSE EN PRYSVERHOUDINGS TUSSEN SOJABONE, SONNEBLOMSAAD EN MIELIES VIR

DIE 2017/2018-SEISOEN.