Background Image
Previous Page  98 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 98 / 124 Next Page
Page Background

September 2017

96

d

ie vorige deel van die reeks het gehandel oor die

risiko’s wat produsente in ag moet neem wanneer

hulle bemarkings- en verskansingsbesluite neem.

Hierdie risiko’s strek vanaf prys- en produksierisiko

tot en met finansiële risiko, met meer spesifieke

verwysing na kontantvloeirisiko.

Dit is vir produsente belangrik om die verskillende risiko’s in ag

te neem wanneer hulle bemarkings- en verskansingsbesluite neem,

aangesien hierdie risiko’s in die meeste gevalle direkte betrekking

op hul besighede het.

In Deel 3 van die reeks word daar gefokus op die verskillende

alternatiewe wat produsente kan oorweeg wanneer hulle ver-

skansings- en bemarkingsbesluite neem. Daar is menige al-

ternatiewe wat gebruik kan word om die prysrisiko te bestuur.

Hierdie alternatiewe strek vanaf eenvoudige afgeleide instrumente

tot en met ingewikkelde strategieë wat in kombinasie met mekaar

gebruik kan word om die risiko te beperk (of doen dit?) en ook om

beter winste te genereer.

Wat is die doel?

Wanneer daar gekyk word na die betekenis van verskansing, is dit

duidelik dat dit beteken om jouself te beskerm teen iets ongunstigs.

In hierdie geval sal die beskerming wees teen ongunstige prys-

bewegings. Vir ‘n produsent sal ‘n ongunstige prysbeweging ‘n

prysdaling wees en die produsent wil homself daarteen beskerm.

Hy kan dit doen deur gebruik te maak van verkeie beskikbare

alternatiewe en hierdie alternatiewe kan afgeleide instrumente op

die Safex-mark wees, asook diversifikasie van gewasse.

Die doelstellings van die verskansingstrategieë sal van individu

tot individu verskil – afhangende van faktore soos die besigheid

se finansiële posisie, die individu se kennis rakende die gebruik en

werking van die instrumente, sowel as die individu se risiko-aptyt.

Dit is egter duidelik dat daar nie een goue middeweg is wat vir

almal gaan werk en wat almal suksesvol gaan implementeer nie,

maar dat produsente self hul doelstellings moet gaan vasstel

en strategieë oorweeg wat maklik by hul doelstellings, sowel as

bestuursprogramme, sal inpas.

Die volgende is algemene faktore wat produsente in gedagte moet

hou wanneer hulle die strategieë oorweeg.

Risikobestuur

Risikobestuur moet die heel eerste aspek wees wat die produsent

in ag moet neem wanneer daar besluite geneem word rakende

die verskansingstrategieë wat gebruik word. Identifiseer die

moontlike risiko in die mark waarteen jy jouself wil beskerm en

vergelyk dit met die uitkoms wat verkry kan word indien die risiko

nie verskans is nie en dit wel uitspeel.

Hoe word die veranderlike kostes gedek?

Die dekking van veranderlike kostes (direkte koste vir die produksie

van die gewas) is baie belangrik om heel eerste te dek. Produsente

moet daarom goed vertroud wees met presies wat die kostes

beloop en sodoende kan daar ook makliker strategieë geïdentifiseer

word wat hierdie kostes kan dek. Probeer sover moontlik deur mid-

del van verskansing om eers die veranderlike kostes te dek.

Rand per hektaar of rand per ton?

Produsente benader bemarking en verskansing op verskillende

wyses en een goeie oorweging waarop gelet kan word, is om

inkomste te sien op ‘n rand per hektaar eerder as ‘n rand per ton

basis. Dit sal die produsent meer laat fokus op die winsgewendheid

per hektaar eerder as die prys per ton.

Emosie en persoonlikheidstipe

Emosie, sowel as die individu se persoonlikheid, speel ‘n groot rol

wanneer dit by die neem van bemarkingsbesluite kom. Die produsent

moet bemarkingsbesluite so objektief moontlik neem met die fokus

op die doelstelling – wat eerstens die risikobeperking en die dekking

van veranderlike kostes insluit.

Vermy onbekende strategieë

Dit is belangrik dat produsente sover moontlik van strategieë ge-

bruik sal maak waarmee hulle vertroud is. Daar is baie verskillende

strategieë wat saamgestel kan word en baie belowend lyk. Maak

seker dat jy presies vertroud is met wat die risiko verbonde aan

die strategie is en dat dit jou nie later onverhoeds betrap nie.

Bemarkingsalternatiewe

Alternatiewe wat deur produsente oorweeg kan word, is onder

andere vastepryskontrakte, minimumpryskontrakte en kontrakte

wat beide minimums en maksimums insluit. Hierdie kontrakte kan

almal met groot sukses geïmplementeer word om die produsent

se prysrisiko te bestuur en ook die winsgewendheid van die

OP PLAASVLAK

Bemarking

– Deel 3

LUAN VAN DER WALT,

landbou-ekonoom, Graan SA

in ‘n neutedop

PRYSRISIKOBESTUUR

Reeks

Bemarkingsmoontlikhede

om te oorweeg