Background Image
Previous Page  101 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 101 / 124 Next Page
Page Background

99

September 2017

Tabel 1

toon ‘n voorbeeld van ‘n sensitiwiteitsanalise vir ‘n mie-

liebedryfstak met direkte kostes van R7 200/ha en ‘n gemiddelde

opbrengs van 4 t/ha. Die liggingsdifferensiaalaftrekking beloop

R216/ton.

Uit die sensitiwiteitsanalise is dit duidelik dat die minimum Safex-

prys wat die produsent teen 4 t/ha kan ontvang, gelyk is aan

R2 020/ton. Die produsent kan egter deur gebruik te maak van hier-

die tipe berekeninge goed vasstel teen watter opbrengs en prys

die minimum is waarvoor hy ‘n kontrak kan vasmaak om die ver-

anderlike kostes te dek.

Een belangrike aspek om hier in gedagte te hou, is die plaas se

langtermyn-gemiddelde opbrengs. Hieruit kan bepaal word watter

persentasie van die plaas se huidige langtermyn-gemiddelde

opbrengs teen die huidige Safex-prys verskans moet word om die

veranderlike kostes te dek.

Indien daar ‘n groot persentasie van die langtermyn-gemiddelde

opbrengs verskans moet word om die veranderlike kostes te

dek, weet die produsent dat sy produksierisikokomponent vir die

seisoen redelik groot is, terwyl ‘n lae persentasie benodig van die

langtermyn-gemiddelde opbrengs dui op minder produksierisiko en

dan kan die strategie waarskynlik met meer gemak uitgevoer word.

Ten slotte

Dit is van uiterste belang dat produsente die verskillende strategieë

wat beskikbaar is, moet oorweeg wanneer hulle bemarkingsbesluite

neem. Risikobestuur moet die as wees waarom hierdie besluite draai

en moet ook as die hoofdoel gesien word waarom hierdie besluite

geneem word. Oorweeg die opsies, weeg die moontlikhede teenoor

mekaar op en neem die besluite so objektief as moontlik.

In die volgende aflewering van die reeks sal die gebruik van

termynkontrakte meer diepgaande bespreek word

.

Bemarkingsmoontlikhede om te oorweeg

SEISOEN

MIELIES OP

BRAAKLAND

MIELIES OP

BONE

MIELIES OP

KORING

MIELIES OP

MIELIES

1984/1985

2,82

2,72

-

2,39

1985/1986

5,83

5,09

4,62

4,20

1986/1987

5,26

5,80

5,21

4,77

1987/1988

6,99

6,75

-

7,58

1988/1989

6,36

5,77

5,80

5,63

1989/1990

8,32

8,39

8,60

5,85

1990/1991

7,17

6,95

5,85

7,08

Gemiddeld vir

sewe jaar

6,11

5,92

-

5,36

TABEL 2: DIE EFFEK VAN OORGEDRAAGDE VOG OP OPBRENGS.

TABEL 3: DIE EFFEK VAN DROËBOONOPBRENSTE

IN ‘N WISSELBOUSTELSEL.

WISSELBOUPRAKTYK OPBRENGS (T/HA)

Bone op koring

2,16

Bone op braak

1,96

Bone op bone

1,77

Bone op mielies

1,33

KBV 5%

0,57

GEWASSTELSEL

MIELIE-

OPBRENGSTE (T/HA)

KORING-

OPBRENGSTE (T/HA)

SOJABOON-

OPBRENGSTE (T/HA)

DROËBOON-

OPBRENGSTE (T/HA)

SONNEBLOM-

OPBRENGSTE (T/HA)

Monokultuur

4,20

1,92

Mielies

sojabone

5,13

2,01

Mielies

droëbone

koring

6,06

2,43

1,33

Sonneblom

koring

2,95

1,8

Koring

oorlê

2,69

Grain SA/Sasol fotokompetisie

– Enrico Cronje 2011

TABEL 4: DIE GEMIDDELDE OPBRENGSTE VAN GEWASSE WAT IN ‘N NEGE JAAR WISSELBOUPROGRAM BY DIE LNR-KLEINGRAAN,

BETHLEHEM, BEHAAL IS.