Background Image
Previous Page  97 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 97 / 124 Next Page
Page Background

95

September 2017

Langtermynkompete-

rendheid

‘n Ontleding wat onder 22 lande (BFAP

agri benchmark-data) gedoen is, waar

data van 265 tipiese plase gebruik is, dui

daarop dat Suid-Afrikaanse produsente

gemiddeld 35% meer vir stikstof, asook

41% meer as plase in die VSA en 70% meer

as Chinese kleinskaalse produsente, betaal.

Suid-Afrika is die derde duurste as die

koste van stikstof as maatstaf gebruik word

(

Grafiek 1

).

Verder is Suid-Afrika die derde hoogste as

die koste van fosfaatkunsmis in ag geneem

word en produsente betaal gemiddeld

44% meer in vergelyking met hul inter-

nasionale eweknieë (

Grafiek 2

). ‘n Soort-

gelyke situasie is met die koste van kalium,

waar Suid-Afrika, tussen die 19 lande in die

vergelyking, ook die derde duurste verskaf-

fer is (

Grafiek 3

).

Hierdie statistiek behoort rooi ligte vir

die volhoubaarheid in die graan- en olie-

sadebedryf te le laat flikker – veral gegewe

die groot bydrae wat kunsmis tot ‘n pro-

dusent se lopende kostes lewer.

Ter afsluiting

Indien Suid-Afrika deurlopend surplus mie-

lies produseer en daarom in uitvoermarkte

moet kompeteer en uitvoerpariteitspryse

verdien, sal dit noodsaaklik wees dat faktore

soos ons kompeterendheid van die kuns-

misbedryf teenoor die res van die wêreld

dringend aangespreek moet word.

Behalwe vir meer doeltreffende produk-

sie van bestaande plaaslike kapasiteit, sal

daar na maniere gekyk moet word waarop

Suid-Afrika meer selfvoorsienend in sy

kunsmisbehoeftes kan word – veral in terme

van fosfaat en stikstof.

Meganismes waarop nuwe lewe in die plaas-

like vervaardiging van kunsmis geblaas kan

word, moet oorweeg word en regerings-

hulp sal hiervoor oorweeg moet word. Die

risiko’s geleë daarin om toenemend van in-

voere afhanklik te wees om plaaslike kuns-

misbehoeftes te bevredig, moet voldoende

motivering wees om só ‘n poging aan te pak.

Om alleen afhanklik te wees van invoere kan

‘n negatiewe uitwerking op pryse hê, maar

ook op graanprodusente se vermoë om be-

kostigbare voedsel vir die land te produseer.

Die koste van plaaslike vervoer is ook ‘n es-

sensiële komponent in die samestelling van

plaaslike kunsmispryse en moet daarom

ook ernstig aandag geniet.

Die effektiewe gebruik van veral stikstof sal

in Suid-Afrika ook meer aandag moet ge-

niet.

Een ding is seker: Insetverskaffers, graan-

en oliesadeprodusente en regeringsin-

stansies sal hande moet vat om plaaslike

insetpryse – in hierdie geval kunsmispryse

– meer kompeterend te kry gemeet teen

Suid-Afrika se vernaamste kompetisie.

Grafiek 1: Stikstofkoste ($/kg): Suid-Afrika is derde duurste.

Bron: BFAP 2017

Grafiek 2: Fosfaatkoste ($/kg): Suid-Afrika is derde duurste.

Bron: BFAP 2017

Grafiek 3: Kaliumkoste ($/kg): Suid-Afrika is derde duurste.

Bron: BFAP 2017