Background Image
Previous Page  100 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 100 / 124 Next Page
Page Background

September 2017

98

Die effek van wisselbou op die opbrengs

van mielies en ander gewasse

W

isselbou het oor ‘n aantal jare

getoon dat dit ‘n voordeel

vir albei gewasse in die wis-

selboustelsel inhou en dit

daarom ekonomies beter presteer as ‘n

monokultuurstelsel. Gewoonlik is die gewas

se wortelstelsel in ‘n wisselboustelsel

betreklik skoner met minder vlekke op die

wortels as in ‘n monokultuurstelsel. Veral

waar oorlê in die stelsel teenwoordig is,

is die opbrengste aansienlik beter as in ‘n

monokultuurstelsel.

In proewe op die Wildebeesfontein Proef-

plaas is wisselbou en die effek daarvan op

opbrengs al sedert die 1979/1980-seisoen

ondersoek.

In

Tabel 1

is dit ook opvallend dat daar

groot variasie tussen seisoene kan wees.

In sekere jare was die verskil besonder

klein en in ander jare was die verskil weer

groter. Uit die ondersoek het dit geblyk dat

waar die land skoon gemaak is net nadat

die gewas geoes is, die effek op opbrengs

met die daaropvolgende gewas groter was.

Die vermoede het bestaan dat oorgedraag-

de vog ‘n kardinale rol in die wisselbou-

effek speel en dit is opgevolg met nog

‘n proef waar daarop gefokus is om vog-

oordrag te beheer. In

Tabel 2

word die

resultate aangedui en is dit duidelik dat

hoe meer vog oorgedra word, des te groter

was die daaropvolgende mielie-oes.

Ten spyte daarvan dat die grondtipe in

die proef ‘n Hutton-vorm is, wat eintlik ‘n

droë grondtipe is en nie regtig geskik is vir

stoor van vog nie, het dit steeds verskille

getoon. Met die braakland is daar gepoog

om regdeur die seisoen vog op te gaar.

Met die plant van koring vanaf Januarie en

met die plant van droëbone vanaf April is

vog opgegaar.

Uit die tabel blyk dit ook dat hoe meer

vog oorgedra is, des te groter was die

opbrengs. Dit is ook opvallend dat die

verskille tussen die wisselboupraktyke in

die 1989/1990-seisoen, wanneer bo-nor-

male reën aangeteken is, glad nie bete-

kenisvol was nie.

Hierdie proewe is verder opgevolg om te

bepaal wat die effek van wisselbou op die

opbrengs van droëbone sou wees in só ‘n

geval. In

Tabel 3

word die data weergegee.

Dit is opvallend dat die effek op opbrengs

hoër was waar die persele gelaat is om

meer vog te stoor, wat weer eens die ver-

moede bevestig dat oorgedraagde vog ‘n

betreklik groter rol in wisselbou speel as

wat die meeste produsente besef.

Hierdie proewe word ook ondersteun deur

LNR-Kleingraan, soos deur mnr Pietman

Botha gerapporteer in

SA Graan/Grain

van

Mei 2013 en soos opgesom in

Tabel 4

.

Hieruit is dit nogeens duidelik dat die bruto

marges gerealiseer in só ‘n wisselboustel-

sel, soos deur Botha uitgewys, hoër is as

in ‘n monokultuurstelsel en dat daar eko-

nomiese voordeel daarin opgesluit lê.

Produsente moet in gedagte hou dat daar

altyd in ‘n stelsel geproduseer word. Op

die einde moet die koste en die wins per

hektaar vir die hele plaas uitgedruk word.

In die maak van só ‘n som moet nie net

die bruto marge per hektaar bestudeer

word nie, maar moet die vaste koste ook

in aanmerking geneem word. Gewoonlik

sal daar met minder masjinerie binne ‘n

wisselboustelsel oor die weg gekom kan

word.

Dit is bloot omdat die oes en plant, asook

die bewerkingsvensters, deur wisselbou

verleng word. Daarom kan daar redelik

maklik met minder kilowatt en minder of

kleiner stropers oor die weg gekom word.

Produsente in die Oos-Vrystaat wat lande

laat braak lê vir koringverbouing se kilowatt

per hektaar is aansienlik minder as dié

van produsente in Mpumalanga, waar

die plantvenster betreklik vroeg en uiters

kort is.

Dit maak dus ekonomiese sin om ‘n wis-

selbouprogram te implementeer en in stand

te hou.

Vir enige navrae kontak Sakkie Koster by

083 678 8485.

OP PLAASVLAK

Wisselbou / Mielies / Droëbone / Sojabone / Koring

Bestuurspraktyke

SAKKIE KOSTER,

agronoom, Pioneer HiBred

SEISOEN MIELIES OP MIELIES MIELIES OP SOJABONE MIELIES VERSKIL

1979/1980

8,75

8,76

0,01

1980/1981

7,36

7,56

0,20

1981/1982

2,67

3,00

0,33

1982/1983

3,76

3,76

0,00

1983/1984

6,26

6,39

0,13

Gemiddeld

5,76

5,89

0,13

SEISOEN MIELIES OP MIELIES MIELIES OP DROËBONE MIELIES VERSKIL

1984/1985

0,61

0,91

0,30

1985/1986

6,28

7,31

1,03

1986/1987

4,75

6,50

1,75

1987/1988

4,41

5,83

1,42

1988/1989

5,79

7,06

1,27

1989/1990

5,65

6,63

0,98

1990/1991

7,41

7,77

0,36

1991/1992

2,64

4,11

1,47

1992/1993

3,35

5,07

1,72

1993/1994

6,14

7,78

1,64

1994/1995

3,30

3,65

0,35

Gemiddeld

4,58

5,69

1,12

TABEL 1: DIE OPBRENGS VAN MIELIES IN ‘N WISSELBOUSTELSEL MET SOJABONE EN

DROËBONE OOR VERSKEIE JARE IN T/HA.