Background Image
Previous Page  93 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 93 / 124 Next Page
Page Background

Spaar op kalkkoste en vermy ondergrondse

versuring

– gebruik regte stikstofbron

D

ie hoofoorsaak van die grondversuring wat met

gewasproduksie gepaardgaan, is die toediening van am-

moniumbevattende en ammoniumvormende stikstofbron-

ne (N).

N-bronne verskil in die mate van

versuring wat dit veroorsaak

Die bakteriese omsetting van ammonium-N na nitraat-N, ook

bekend as die nitrifikasieproses, is primêr verantwoordelik vir

grondversuring. Hiervolgens word verwag dat produkte soos KAN

of ammoniumnitraatoplossing, wat slegs 50% ammonium-N bevat,

minder versurend as ammoniumsulfaat, wat 100% ammonium-N

bevat, sal wees of selfs as ureum, wat na hidrolise ook 100% am-

monium-N lewer.

KAN bevat 20% dolomietiese kalk wat grondsuurheid sal neu-

traliseer en daarom sal KAN selfs minder versurend as ammo-

niumnitraatoplossing wees (

Tabel 1

). Ammoniumsulfaat sal ook

meer versurend as ureum wees (Tabel 1) omdat die swael in am-

moniumsulfaat swaelsuur vorm wat verder versurend is. Ureum

en ammoniumsulfaat is aansienlik meer versurend as KAN en

ammoniumnitraat (Tabel 1).

Die koste om grondversuring veroorsaak

deur N-bronne te neutraliseer, verskil

Die gemiddelde hoeveelheid N wat vir ‘n mielieopbrengs van

4 t/ha tot 10 t/ha toegedien behoort te word, is 72 kg tot

227 kg N/ha (

Tabel 2

). Wanneer KAN gebruik word, gaan 81 kg tot

254 kg kalk/ha toegedien moet word, maar wanneer ureum gebruik

word, gaan 257 kg tot 810 kg kalk/ha toegedien moet word om die

versuring verbonde aan die N-toedienings teen te werk (Tabel 2).

Die koste verbonde aan die onderskeie regstellende kalktoedienings

is R44/ha tot R140/ha vir KAN en R141/ha tot R446/ha vir ureum.

Deur KAN in plaas van ureum te gebruik, is die besparing op kalk-

koste daarom tussen R97/ha en R306/ha vir mielieopbrengs van

tussen 4 t/ha en 10 t/ha teen ‘n kalkprys van R550/ton (Tabel 2).

Die posisie waar N-bronne grondsuurheid

in die profiel veroorsaak, verskil

Ondergrondse versuring is ‘n betreklik groter uitdaging en duurder

om reg te stel as bogrondse versuring en daarom behoort alles

moontlik gedoen te word om dit te vermy. Die diep plasing van

kalk in die sone van versuring is gewoonlik op alle gronde effektief,

maar ‘n duur proses. Op swaarder, kleierige gronde wat ysteroksides

en aluminiumoksides bevat, is gipstoediening gevolg deur dolo-

mietiese kalktoedienings wat in die bogrond ingewerk word, oor

tyd ook effektief om ondergrondsuurheid aan te spreek.

Ureum sal net so diep soos wat die grondwater waarin dit opgelos

is in die grond inbeweeg voordat dit na ammonium sal hidroliseer

omdat dit geen elektriese lading het nie. Die ammonium wat dus

in die ondergrond uit ureum vrygestel word, sal ook daar nitrifiseer

en versuring veroorsaak. Hierdie probleem word vererger wan-

neer ureum diep in die grond geplaas word. Die diep plasing van

ureum kan vermy word, maar die effek van ureum om te loog en

sodoende ondergrondse versuring te veroorsaak, is onvermydelik.

Die ammonium afkomstig uit KAN, ammoniumnitraatoplossing,

ammoniumsulfaat, ammoniakgas, MAP of DAP sal nie as ammonium

in die grond beweeg nie, omdat dit positief gelaai is en aan die

negatief-gelaaide kleiminerale sal bind. Hierdie N-bronne sal daarom

waar dit geplaas word, versuring veroorsaak en daarom behoort

dit ook nie so diep geplaas te word dat dit ondergrondse versuring

sal veroorsaak nie. Die kalk in KAN sal ook nie veel beweeg vanwaar

dit geplaas is nie en daarom sal dit bydra om die versuring deur die

ammonium in KAN in die spesifieke grondvolume te neutraliseer.

Onder minimum- of geenbewerking lei die ontstaan van grondsuur-

heid in dieper grondlae dikwels tot die beëindiging van die praktyk.

KAN en ammoniumsulfaat wat op die grondoppervlakte toegedien

word, sal slegs die boonste gedeelte van die bogrond versuur.

Hierdie versuring kan effektief deur gereelde ligte kalktoedienings

op die grondoppervlakte geneutraliseer word.

Let wel: Raadpleeg ‘n gekwalifiseerde landboukundige vir meer

lokaliteit-spesifieke toepassings.

91

September 2017

OP PLAASVLAK

Bemesting

Produk-inligting

DR ERIK ADRIAANSE,

bestuurder: Produkontwikkeling en Tegniese Ondersteuning, Sasol

N-BRON

KG SUIWER KALK/KG N

KAN

1,12

Ammoniumnitraat

1,78

Ureum

3,57

Ammoniumsulfaat

7,14

Bron: FERTASA, 2016

TABEL 1: DIE HOEVEELHEID SUIWER KALK WAT NODIG IS OM

VERSURING WAT DEUR VERSKILLENDE N-BRONNE VEROORSAAK

WORD, TE NEUTRALISEER.

TABEL 2: DIE VERSKIL IN KALKKOSTE OM DIE VERSURING WAT KAN EN UREUM VEROORSAAK, REG TE STEL (KALKPRYS = R550/TON).

MIELIE-

OPBRENGS

(T/HA)

N-PEIL

(KG/HA)

KAN-KALK

(KG/HA)

UREUM-KALK

(KG/HA)

KAN-KALK-

KOSTE

(R/HA)

UREUM-KALK-

KOSTE

(R/HA)

UREUM-KALK-

KOSTE MINUS

KAN-KALK-

KOSTE (R/HA)

4

72

81

257

44

141

97

6

124

139

442

76

244

167

8

175

196

625

108

344

236

10

227

254

810

140

446

306