Background Image
Previous Page  90 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 90 / 124 Next Page
Page Background

Innoverend

Kwaliteit

Genetika

Posbus 159, Oudtshoorn, 6620, Suid-Afrika

Tel: 044 203 9800 • Tel: 018 293 1233

Tel: 010 140 0839 • Tel: 012 252 6849

www.saadbemarking.co.za

Verdien gratis

Agri

Bonus

punte eksklusief

verkrygbaar vanaf K2 Saad. KKSB is 'n vennoot

van Agribonus. Tel: 012 843 5660.

Die alles-in-een

saadverskaffer

• KKS 8301

• KKS 8301 B

• KKS 8403 R

• KKS 4479 R

• KKS 4555

• KKS 4577 B

• KKS 4581 BR

• VP 8405 B

Wi tmiel ie

• KKS 8214 R

• KKS 8216 BR

• KKS 8326 B

• KKS 4410

• KKS 4412 B

• KKS 4474 R

• KKS 8408 R

• KKS 8410 BR

• VP 8208

Geelmielie

YieldGard

® en RoundupReady ® Corn2

isgeregistreerdehandelsmerke van

MonsantoSA(Edms)Bpk.

Winsgewende mielieproduksie

OP PLAASVLAK

Indien slegs die veranderlike koste in berekening gebring word, is die Safex-gelykbreek-

prys R2 197/ton. Met die inagneming van hierdie totale produksiekoste, is dit feitlik

ontmoontlik dat produsente mielies winsgewend teen dié lae mielieprys kan aanplant.

Sonneblom en sojabone

Die tweede en derde kolom van Tabel 2 toon die beraamde insetkoste om droëland-

sonneblom en -sojabone aan te plant. Gegewe die begrote insetkoste (vaste plus veranderlike

koste) en indien dit verwesenlik, moet ‘n minimum van 1,5 t/ha sonneblom en 1,75 t/ha

sojabone in die westelike streek gestroop word om gelyk te breek.

Sonneblom en sojabone se winsgewendheid is derhalwe beter as dié van mielies en daar

kan ‘n swaai in aanplantings na hierdie gewasse verwag word.

Oostelike produksiestreek

Mielies

Die produksiekoste van verskillende opbrengsmikpunte vir RR-mielies is in Tabel 3 aan-

gebring. As voorbeeld is die totale veranderlike koste vir ‘n 6 t/ha-opbrengs rondom

R10 557/ha en wanneer ‘n vaste koste van R2 543/ha daarby getel word, beloop die totale

produksiekoste rondom R13 100/ha.

Indien dié Safex-prys teen die beraamde begrote insetkoste (vaste plus veranderlike koste)

realiseer, moet ‘n produsent vir daardie omgewing meer as 7 t/ha, wat ver bogemiddeld is,

stroop om gelyk te breek. Met slegs die inagneming van die veranderlike koste (uitgesluit

vaste koste) kan ‘n produsent teen ongeveer 6 t/ha gelykbreek.

Sojabone

Die tweede kolom van Tabel 3 illustreer die uiteensetting van insetkoste vir die verbouing

van sojabone. Aannames wat met die opstel van die sojaboonbegroting gemaak is, is dat

50% van die saad deur produsente teruggehou is, terwyl die ander 50% gesertifiseerde

saad is. Die begroting sluit ook ‘n koste vir N, P en K in. Gegewe die insetkoste (vaste plus

veranderlike koste), soos wat in Tabel 3 aangetoon is en die gemelde Safex-prys, kan ‘n

opbrengs van ongeveer 1,5 t/ha in die oostelike streek behaal word om gelyk te breek.

Produktiwiteit

Produsente is oor die algemeen prysnemers aan die inset- sowel as die uitsetkant en

daarom kan daar nie veel aan insetpryse gedoen word nie. Maniere sal gevind moet

word om insette optimaal aan te wend. Alternatiewe opsies sal oorweeg of toegepas moet

word om produktiwiteit ‘n hupstoot te gee.

Nuwe produksiepraktyke wat op die beginsels van minder bewerking of bewaringsbewer-

king-aspekte geskoei is, vind al hoe meer plaas omdat winsgewende graanproduksie jaar

na jaar ‘n groter uitdaging word. Bewaringsbewerkingspraktyke raak noodsaaklik om so-

doende toekomstige produktiwiteit en produksie te bevorder.

Slotsom

Safex-pryse is onder geweldige druk en dit is onontbeerlik dat die mielieprodusent vir sy

finansiële voortbestaan vernuwend sal moet dink. Daar is natuurlik nog heelwat wat in die

mark kan gebeur, maar die belangrikste punt bly dat elke produsent die verantwoordelikheid

moet neem om sy eie persoonlike berekeninge te maak en daarvolgens besluite te neem.

Produsente en ander rolspelers kan die basiese produksiekoste op die Graan SA-webwerf

besigtig, terwyl die model gratis aan alle opbetaalde Graan SA-lede beskikbaar is. Stuur

‘n e-pos na

petru@grainsa.co.za

tesame met jou Graan SA-lidnommer om die model te

ontvang.

‘n Produsent sonder ‘n begroting is ‘n produsent sonder ‘n plan.

He who fails to plan,

plans to fail

.

Grain SA/Sasol fotokompetisie

Bestuurspraktyke

88