Background Image
Previous Page  109 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 109 / 124 Next Page
Page Background

107

die wisselkoers met die reële effektiewe wisselkoers aan-

gepas word (wat negatief is, omdat dit die tarief laer maak).

Die indekswaarde dui op die koopkrag van die wisselkoers en

of die wisselkoers oor- of onderwaardeer is. Dit word deur die

Suid-Afrikaanse Reserwebank bereken. Die alternatief wat ITAC

hier oorweeg het, was dat die wisselkoers ook oor vyf jaar

geweeg word. Dit sou rampspoedig gewees het.

Daar was dus in kort twee groot veranderinge op die formule: Dat

die reële effektiewe wisselkoers gebruik word en dat die verwy-

singsprys elke drie jaar hersien word, waar die verwysingsprys in

die verlede net hersien is op aansoek van die bedryf.

Wat is die impak van die nuwe model?

Die maklikste om die nuwe model te verduidelik, is om huidige pryse

te gebruik en die tarief op beide formules te bereken.

Die nuwe verwysingsprys gebaseer op ‘n vyf jaar periode is

$279/ton waar die ou verwysingsprys wat ook op ‘n vyf jaar periode

gebaseer was in 2012 $294/ton was. Op die week van 11 Julie 2017

was die internasionale prys $246 en die wisselkoers R13,59.

Dit beteken dat in die nuwe model, gegewe ‘n reële wisselkoersin-

deks van 0,8538, R11,60 is.

Tabel 1

gee ‘n uiteensetting van die effek.

Die verwysingsprys is bloot ‘n berekening en het gedaal omdat die

vyf jaar gemiddelde prys gedaal het. Dit is dus nie geleë in ‘n

verandering aan die formule nie, maar het wel ‘n effek omdat die

verwysingsprys daal en die berekening op hierdie basis gedoen

word.

As daar slegs ‘n aansoek was vir die hersiening van die verwysings-

prys, sou die effek R203,85 gewees het. Dit beteken die formule is

nie verander nie; daar is bloot ‘n nuwe verwysingsprys gebruik.

In kort

Die verwysingsprys vir koring het verander omdat die internasionale

pryse in terme van ‘n vyf jaar periode gedaal het. Dieselfde for-

mule as in 2012 is derhalwe gebruik. Die effek van die dalende

verwysingsprys is R203,85, gegewe pryse tydens die skryf van die

artikel. Die verandering wat aangebring is, is die wisselkoerseffek

en dit het teweeggebring dat daar ‘n aanpassing van R66 op die

koringtarief plaasgevind het.

Met mielies was die invoertarief nie in gebruik nie – hoofsaaklik

omdat ons in normale omstandighede netto uitvoerders van mielies

is. Die formule vir mielies werk op dieselfde basis as koring en daar

is ook besluit om die reële effektiewe wisselkoersindeks binne die

formule te gebruik.

Tans is die verwysingsprys $110/ton en ITAC het besluit dat die vlak

‘n geskikte vlak is indien beskerming benodig word. Dit veroorsaak

dat die invoertarief tans R0/ton is omdat internasionale pryse bo

dié vlak verhandel. Die enigste verandering in die mielie-invoer-

tarief is die gebruik van die reële effektiewe wisselkoersindeks.

Grain SA/Sasol fotokompetisie

– Carla Diener 2012