Background Image
Previous Page  110 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 110 / 124 Next Page
Page Background

Hoekom?

T

een dié tyd het die meeste produsente al klaar hul mielies

gestroop. Amper elke produsent het ‘n land of twee waar

die mielies omgeval het. Gewoonlik is dit net kolle wat om-

val, maar dié jaar sien ons sommer met tye ‘n hele blok

mielies wat plat lê.

Gesonde mielieplante wat genoeg voeding en water gekry het, bly

gewoonlik regop staan. Die mielieplant moet genoeg koolhidrate

deur middel van fotosintese produseer om die wortel- en stam-

kernselle te vul en dit lewendig en gesond te hou. Dit moet ook

genoeg koolhidrate kan stoor vir die groot vraag daarna tydens

graanvulling. Hierdie koolhidrate word gebruik om die stysel in die

pit te maak.

Wanneer mielies enige stremming tydens graanvulling ervaar, word

fotosintese verminder of selfs tydelik gestaak. Dit veroorsaak dat

die koolhidrate wat vir graanvulling bestem is, baie afneem en nie

genoegsaam vir graanvulling is nie. Mielieplante reageer hierop

deur gestoorde koolhidrate uit die blare, stamkern en wortels te

onttrek en na die ontwikkelende graan te vervoer.

Hierdie “kannibaliseringsproses” verseker die voorsiening van

koolhidrate aan die ontwikkelende kop ten koste van die stam – wat

aanleiding gee tot die vroeë afsterwe van die stamkern en wortels.

Hierdie vroeë afsterwe gee gewoonlik aanleiding tot swaminfeksie

van die wortels en stamkern.

Die eerste simptome hiervan word eers waargeneem wanneer die

plante amper fisiologies ryp is en die onderste blare skielike tekens

van agteruitgang toon – soos vergeling wat gevolg word deur die

afsterwing van die blare.

Enige ander stremmingsfaktore kan ook stam- en wortelvrot ver-

oorsaak. Dit sluit in:

Die verlies of vernietiging van blaaroppervlakte deur blaarsiek-

tes (soos noordelike mielieblaarskroei), insekteskade, sonbrand

of hael.

Enige skade aan die wortels deur insekte of chemikalieë.

Wanbalanse in voedingselemente – veral te hoë stikstof in ver-

houding tot kalium.

Kompaksie in die grond wat wortelontwikkeling beperk.

Aalwurminfestasie.

Té hoë plantpopulasie vir die kultivar of grondpotensiaal.

Meeste kultivars toon geen simptome van stam- en wortelvrot tot

kort voor fisiologiese volwassenheid nie. Dit is gewoonlik moeilik

om tussen die verskillende swamme wat vir infeksie verantwoorde-

lik is te onderskei, omdat daar gewoonlik ‘n kompleks van twee of meer

swamme teenwoordig is. Hiermee saam kan stronkboorderskade

die simptoom vererger. In seisoene, soos die afgelope een, waar láát

herfsreën in Mei geval het, kan die infeksie tot ‘n groot mate ver-

erger word.

Die teenwoordigheid van stamvrot veroorsaak egter nie altyd omval

by mielies nie. Dit kan ontduik word deur die geïnfekteerde lande

vinnig te stroop. Heelwat mieliebasters se stamwande is baie sterk,

wat tot beter staanvermoë bydra – al is die stamkern totaal vernietig

deur stamvrot.

Omval kan egter steeds voorkom – veral in gevalle waar die mielies

laat gestroop word of die plante lank genoeg aan winterreën en/

of sterk winde blootgestel word. Deur landinspeksies te doen, kan

‘n probleemland vroegtydig gestroop en potensiële skade vermin-

der word.

Die vernietiging van die stamkern is ‘n simptoom van alle stamvrotte.

Dit kan maklik getoets word deur die internode tussen jou duim en

wysvinger plat te druk. Die plant kan ook getoets word deur die plant

by die kop vas te hou en vir 15 cm tot 25 cm in die rigting van die

volgende ry te druk. Indien die plant tussen die kop en die wortels

knak, is stam- en wortelvrot gewoonlik teenwoordig.

Om verliese deur omval te voorkom, moet die geïnfekteerde lande

so gou as moontlik geïdentifiseer word, sodat dit eerste gestroop

kan word. Die lande wat aan die einde van die seisoen droogte ervaar

het of wat geïnfekteer is met noordelike mielieblaarskroei (witroes),

is die eerste kandidate vir inspeksie en stroop.

Kontak gerus vir Nico Barnard by 082 850 1503 oor hierdie onder-

werp of as jy enige vrae het.

NICO BARNARD,

landboukundige, Pannar Saad

1

2

1: Mielies wat omval lei tot groot skade – dit bemoeilik die stroopproses

en nie alle koppe word geoes nie.

2: Tipiese simptome van stam- en wortelvrot as stamme oopgesny word.

OP PLAASVLAK

Omval / Stamvrot / Wortelvrot

Bestuurspraktyke

September 2017

108