Background Image
Previous Page  107 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 107 / 124 Next Page
Page Background

105

September 2017

Entiteite

Volhoubaarheid en die kontinuïteit van boerderye oor generasies

heen is van kardinale belang. Dit kan gekelder word deur onbehoor-

like beplanning of verkeerde regsstrukture binne die besigheid.

Dit is krities dat hierdie besluite altyd geneem word met in-

agneming van die groter raamwerk wat deur boedel- en kapi-

taalwinsbelastingbepalings daargestel word. Daar is voorbeelde

waar wesenlike belastingverpligtinge vermy kon word deur be-

hoorlike finansiële beplanning. In ekstreme gevalle lei dit dikwels tot

kernbates wat verkoop moet word ten einde hierdie verpligtinge na

te kom. Dit kan uiteraard die voortbestaan van die boerdery ernstig

bedreig.

Dit word dus sterk aanbeveel dat kliënte in hierdie verband geadvi-

seer word deur geakkrediteerde finansiële beplanners en ouditeure.

Ten slotte

Daar is nie ‘n

one size fits all

-finansieringsoplossing wat eenvormig

op alle besighede toegepas kan word nie. Omstandighede, be-

stuursvermoë en die potensiaal van besighede en bates verskil van

geval tot geval.

Die gesonde beginsels bly: Praat vroeër eerder as later met jou

finansieringsvennoot en maak seker jou huis is in orde ten opsigte

van finansiële administrasie en rekordhouding, beplanning en dag-

tot-dagbestuur.

Die abnormale tye wat ons tans ervaar is dalk nié so abnormaal nie

en besighede moet meer as ooit aanpasbaar wees om volhoubaar-

heid en ‘n nalatenskap te verseker.